Kompetisie: die pad lê bevlek met gebreekte blues-records

  • 0

vir jou my skat die pad lê bevlek met gebreekte blues-records
en jou klam vingers soek na snare soos woorde ritmies gestrem
bloei jou slanke vingers in gebare en ek pause – vir ’n oomblik –
maar die bar klop ’n oop kloppende kop en my brein my brein
verloor ritme tussen jou voos are die bebloede drade verstrengel in
wat ek nog wou sê maar nou moet vergeet want die blues-trein
los my op die platform en my tong is gestrem en die record krap
my skat die naald skraap my op en lê my bloot en ek is net jou
refrein maar jou vingers vlieg oor die snare

  • 0

Reageer

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Kommentaar is onderhewig aan moderering.


 

Top