TV

Volg saam met LitNet die jongste TV-programme en -nuus.
LitNet keeps you up to date on the latest TV programmes and news.

Kyk 'n boek: Kruispad deur Deon Opperman

Willem Pretorius 2014-11-26 "En hoe verbluffend dit ook mag klink, síén jy hoe die verhaal ontvou. Dis asof jy TV lees. Boonop spring tonele van die een na die ander net soos op TV as jy die advertensies uitsny. Daar is byna geen pouse om te gaan piepie of wyn te gaan skink nie. Voorspelbaar en doelgerig stuur Opperman jou van een episode na die volgende."

kykNET-Rapport Boekpryse: wenners aangekondig!

2014-11-21 Die wenners van die nuwe kykNET-Rapport Boekpryse is aangekondig by ’n middagete in die Westin Hotel in Kaapstad op Vrydag 21 November. Hier is die aankondiging en uitslag.

kykNET se fliekNET-geskenkkanaal

2014-11-05  Ter viering van kykNET se 15de verjaarsdag op 15 November het die kanaal besluit om dankie te sê aan sy lojale kykers deur vir hulle ’n fliekkanaal as vakansiegeskenk te gee.

Ruk en Riel op kykNET & Kie

2014-11-04  Vir die heel eerste keer op televisie bied kykNET & kie 'n reeks aan oor die unieke rieldans van die Noord-Kaap. Ruk en Riel – begin op 5 November om 21h00 op kykNET & kie.

kykNET-Rapport Boekpryse: Onderhoud met Etienne van Heerden

Naomi Bruwer, Etienne van Heerden 2014-10-23 Die kortlys van die eerste kykNET-Rapport Boekpryse is pas bekendgemaak. Klimtol deur Etienne van Heerden is genomineer in die kategorie: Fiksie.

kykNET-Rapport Boekpryse: Onderhoud met Eben Venter

Naomi Bruwer, Eben Venter 2014-10-22 Die kortlys van die eerste kykNET-Rapport Boekpryse is pas bekendgemaak. Wolf, wolf deur Eben Venter is genomineer in die kategorie: Fiksie.

kykNET-Rapport Boekpryse: Onderhoud met Zirk van den Berg

Naomi Bruwer, Zirk van den Berg 2014-10-16  Die kortlys van die eerste kykNET-Rapport Boekpryse is pas bekendgestel. ’n Ander mens deur Zirk van den Berg is genomineer in die kategorie: Film.

kykNET-Rapport Boekpryse: Onderhoud met Marlize Hobbs

Naomi Bruwer, Marlize Hobbs 2014-10-16 Die kortlys van die eerste kykNET-Rapport Boekpryse is pas bekendgemaak. Score my ’n gwai deur Marlize Hobbs is genomineer in die kategorie: Film.

kykNET-Rapport Boekpryse: Onderhoud met Jaco Jacobs

Naomi Bruwer, Jaco Jacobs 2014-10-16 Die kortlys van die eerste kykNET-Rapport Boekpryse is pas bekendgemaak. Oor 'n motorfiets, 'n zombiefliek en lang getalle wat deur elf gedeel kan word deur Jaco Jacobs is genomineer in die kategorie: Film.

kykNET-Rapport Boekpryse: Onderhoud met Steward van Wyk

Naomi Bruwer, Steward van Wyk 2014-10-16 Die kortlys van die eerste kykNET-Rapport Boekpryse is pas bekendgemaak. Steward van Wyk was een van die beoordelaars van die Fiksie-kategorie.

kykNET-Rapport Boekpryse: Onderhoud met Mike van Graan

Naomi Bruwer, Mike van Graan 2014-10-16 Die kortlys van die eerste kykNET-Rapport Boekpryse is pas bekendgemaak. Mike van Graan was een van die beoordelaars van die Niefiksie-kategorie.

kykNET-Rapport Boekpryse: Onderhoud met Irna van Zyl

Naomi Bruwer 2014-10-16 Die kortlys van die eerste kykNET-Rapport Boekpryse is pas bekendgemaak. Irna van Zyl was een van die beoordelaars van die Niefiksie-kategorie.

Melt Myburgh gesels oor SêNet op Prontuit

2014-10-10 Mariëtta Kruger en Kabous Meiring het op kykNET se laataand aktualiteitsprogram Prontuit met Liesl Pretorius, Melt Myburgh, Herman Wasserman gesels oor die impak wat die internet gehad het op die manier waarop Afrikaanse mense hul menings lug. 

Bekendstellingsontbyt van Ons Stories in Kaapstad

Naomi Meyer 2014-09-30 Ons Stories is ’n splinternuwe dramareeks wat die verhale van Afrikaanse mense vertel. Ter bekendstelling van dié program het rolspelers wat hierby betrokke is, op 30 September 2014 vir 'n heerlike ontbyt in Kaapstad bymekaargekom.

Heropening van die Christo Coetzee-kunsgalery

Carine Janse van Rensburg 2014-09-15 Die Christo Coetzee-galery is op Vrydagaand 12 September 2014 ten tye van die vierde jaarlikse Tulbagh Kunstefees heropen.

Biebouw-resensie: Donkerland deur Deon Opperman en Kerneels Breytenbach

François Verster 2014-09-09 "Op die keper beskou: Breytenbach se grootse poging is aanprysenswaardig. En dit is vir my beide ‘n verligting en ‘n plesier om dit te noem, al weet ek ek is bevooroordeeld omdat Opperman en Breytenbach al lankal my bewondering verdien het."

Kokkedoor – en nou ook Koekedoor!

2014-09-04 Is jy Suid-Afrika se volgende bobaasbakker? Koekedoor is ’n splinternuwe bakkompetisie en inskrywings open op Maandag 8 September.

Die doel van die kykNET Silwerskermfees 2014

Adean van Dyk 2014-09-03 "Twintig jaar ná demokrasie verstaan ons nog alte goed dat dinge wat nog ontwikkel, nie net leiding deur mentorskap nodig het nie, maar ook beskerming."

kykNET Silwerskermfees 2014: Trippie

Nicola Hanekom, Naomi Meyer 2014-08-27 Nicola Hanekom: "Ek dink tog Trippie is 'n offer."

kykNET Silwerskermfees 2014: Suurlemoen!

Jaco Jacobs, Naomi Meyer 2014-08-26 "Partykeer moet ’n mens bereid wees om jou kinders by iemand anders te los en te kyk hoe goed hulle sonder jou regkom."
Top