Stimuleer jou sintuie en leef jou uit: LitNet se ruimte vir elke leefstyl-voorkeur. Stimulate your senses and express yourself: LitNet makes room for every lifestyle preference.
Chrizane Geldenhuys, Pierre Le RicheKuns2012-11-16
Die Kaapste kunstenaar Pierre le Riche se ondersoek na die geskiedenis van Afrikaner-manlike oorheersing vergestalt in ’n uitnodiging om die Broederbond-sitkamer binne te gaan.
Erns Grundling2012-11-14"Wat my eerder bybly, is die stortvloed e-pos-huldeblyke wat hulle ure na Kerkorrel se dood in die SêNet-inboks aangemeld het."
Albert Maritz2012-11-14"Ek begin lees toe in die koerante van die twee ouens - Kerkorrel en Kombuis – wat so verban word met hul opspraakwekkende musiek."
Ena Jansen2012-11-14Baie amper het Marlene Dumas se sterk Afrikaanse uitspraak veroorsaak dat die honderde genooide gaste in die imposante Prinsenhof in Delft nie besef het wat sy gesê het nie: dat sy wél Nederland se belangrike Johannes Vermeer-prys 2012 aanvaar, maar die prysgeld van 100 000 euro, meer as ’n miljoen rand, nie vir haarself hou nie, maar skenk aan die nagraadse kunsopleiding Ateliers.
Chutney de Ridder2012-11-13Voordat The Buggles se weergawe van “Video Killed the Radio Star” op 1 Augustus 1981 as die heel eerste musiekvideo op die nuwe MTV-kanaal uitgesaai is, was musiek en gepaardgaande beelde basies kort rolprente van kunstenaars, regstreekse opnames op ’n verhoog of in ’n ateljee.
Albert du Plessis2012-11-13"Op so ’n reënerige aand kom klop Jahn aan ons voordeur. ’n Mediumgrootte kartonboks met al sy aardse besittings onder die arm. Papnat gereën. In sy oë is die uitdagende reguit kyk van familiebloed wat dikker as reënwater in ons harte klop."
Kerneels Breytenbach2012-11-13"Die gedagte wat ek toe vandeesweek moes leer aanvaar, is dat daardie selfversekering wat so uit die rubrieke gestraal het, net ’n front was. Die man daaragter was diep onseker van homself en sy rol binne die konteks van populêre musiek."
Henry Cloete, Bouwer Bosch2012-11-13"Ons wil liedjies skryf wat ons help om te oorleef, emosioneel en finansieel. Ons gooi nie Bybels in die moshpits by ons shows nie en ons probeer ook niemand verander van ons vriende wat nie soos ons voel nie."
2012-11-13’n Suid-Afrikaanse drama- en teaterbewaringsprojek word tans deur die Departement Afrikaans en Algemene Literatuurwetenskap by Unisa en in samewerking met die Unisa Biblioteekargief van stapel gestuur.
Martjie Malan, Naomi Meyer2012-11-13"Dit is so deel van ons lewe, dit is iets wat ons elke dag moet doen, kosmaak en eet. Kinders word nou net meer deel van die kombuisaktiwiteite. Ek noem dit die kosmaakrevolusie vir die gesin." Martjie Malan gesels oor 'n kookskool vir kinders en 'n kookboek vir kinders (deur 'n kind).
Deon Knobel2012-11-13Ons suster Thereschen, ek en swaer Peter was Sondagoggend 28 Oktober 2012 na Riebeek-Wes om die skilderyuitstalling en die bekendstelling van Hannetjie de Clercq se lewensverhaal in boekvorm by te woon.
Naomi Bruwer2012-11-12Uit eerbetoon aan hierdie groot stem en ikoon, bied LitNet aan twee lesers die geleentheid om ’n kopie van Willem Pretorius se Kerkorrel te wen.
Henry Cloete2012-11-12"Hoeveel woorde in 'Sit dit af' sou verander moes word om dit relevant vir vandag te maak? Baie min, sou ek dink; basies net die name van PW en Pik na Zuma en ... Kgalema?"
Deon Knobel2012-11-07Die verdere nuus is dat ek uiteindelik sover gekom het om die meerderheid van jou dokumente te orden, waaronder heelwat handgeskrewe eerste variasies van talle van jou gedigte, maar die meerderheid getik op jou ou Remington waarvan elke blad se pons-gaatjies met stewige ronde plakkertjies versterk is.