| LitNet het 'n paar kosmense gevra om hul gunsteling- Suid-Afrikaanse kookboek van die jaar te nomineer. |
Kerneels Breytenbach, skrywer van onder andere kookboeke:
Twee boeke het my oog gevang, en dit was 'n plesier om te blaai, te snuffel, die verbeelding te laat gaan en die mond te voel water: Olive Hamilton Russell se Entertaining at Hamilton Russell Vineyards, en Marlene van der Westhuizen se Oorvloed. Maar as ek 'n boek van die jaar moet benoem omdat dit vir my 'n openbaring was, is dit Jan Braai se Vuurwerke. Ek weet uit ondervinding dat braaiboeke selde goed vaar in Suid-Afrika omdat almal dink hulle kan van nature braai. Dit neem 'n boek soos Vuurwerke en iemand met die styl van "Jan Braai" Scannell om jou oë te open vir die reine waarheid: Daar is nog duisende dinge wat Suid-Afrikaanse braaiers geleer kan word. Hierdie boek het my jaar gemaak, en nou kan ek ook die perfekte steak van die rooster haal.
![]() |
![]() |
![]() |
| Koop Entertaining at Hamilton Russell Vineyards by Kalahari.com! | Koop Oorvloed by Kalahari.com! | Koop Vuurwerke by Kalahari.com! |
![]()
Susina Jooste, eienaar-bestuurder van die The Private Hotel School: Ek het nie te veel boeke hierdie jaar gekoop of gelees nie, maar een boek wat onder andere indruk gemaak het is Neil Stemmet se Sout+peper, erfeniskos | reis. Ek hou van sy stories en die manier waarop hy die Suid-Afrikaanse koskultuur weer nuut maak. En natuurlik bring die perfek-gestyleerde ‘skoon’ foto’s van ou handelname baie goeie herinneringe van ”huiskos”. |
|
Ek stem vir die MasterChef Suid-Afrika se eerste kookboek. |
|
Dit is vir my baie moeilik om 'n boek te nomineer, want ek glo Die Groot Boerekosboek is die Suid-Afrikaanse kookboek van die jaar. Dit is goed nagevors, goed geskryf, goed gedruk. Dit is interessant en die resepte is beproef en lê die leser na aan die hart. Mens sien nie jou eie kind se bakore nie. Nou hoe nou gemaak? Ek kan tog nie my eie boek nomineer nie en ek sien nie kans om 'n ander boek te nomineer nie. |
|
Ek moet bieg, ek lees nie eintlik resepteboeke nie, en daar is niks in SA wat iets vir kosnarratief doen nie. My gunsteling-kosboek van die jaar was STEAK deur Mark Schatzker, een persoon se reis om die wêreld op soek na die perfekte bees en die perfekte stuk steak! |
Teken in op LitNet se gratis weeklikse nuusbrief. | Sign up for LitNet's free weekly newsletter







Ilse Fourie, The Gourmet Princes:
Dine van Zyl, kosboekskrywer:
Emile Joubert, kosjoernalis: