
“Kan jy asb vir ons ’n lys saamstel van die top 12 plaaslike CD-uitreikings vir 2012?” lui die versoek van die LitNet-redaksie aan my. “For sure, easy peasy”, is my eerste reaksie. Hier is nou ’n lekker geleentheid om te illustreer dat ons land met sy ryke verskeidenheid nie net uit een soort blou bestaan nie. Ek spring dadelik in en begin navorsing doen, maar draai myself vinnig vas in die volgende realiteite:
- Suid Afrika, met sy 11 amptelike tale, is die speelveld vir meer kulture en musiekgenres as wat ek ooit kon besef. Om die top 12 te kies met inagneming van al hierdie verskillende groepe is ’n haas onbegonne taak.
- Die kriteria vir die bepaling van die “Top 12” verskil van persoon tot persoon, en daar kan onmoontlik algemene ooreenstemming wees wat dit betref.
- Ek loop myself disnis teen een van die punte van kritiek wat ek al voorheen teen die media oor die algemeen uitgespreek het, en dit is dat mediapublikasies steeds “afsonderlike ontwikkeling” aanblaas en handhaaf deurdat hulle met hulle inhoud op sekere teikensegmente van die bevolking konsentreer. Apartheid is dood – lank leef aparte markte in die media.
- My betrokkenheid by die plaaslike musiekindustrie sal noodwendig ’n invloed hê op my keuses van die top 12, en dit stel my ook baie bloot aan my eie feilbaarheid en menslike vooroordele.
Dus word ek deur die realiteite van ons kaleidoskoopland geforseer in die volgende vraag in: wat sal vir die gemiddelde LitNet-leser sin maak by die samestelling van ’n top 12? Die antwoord word geïllustreer deur die volgende retoriese vraag: Sal ’n briljante Techno Rap Gospel CD in Noord-Sotho, al is dit objektief gesproke een van die top 12 van 2012, enigsins ’n klokkie lui in die LitNet-geselskap?
En hoe oorkom ek my eie vooroordele? Maklik: kry ’n objektiewe persoon om ’n lys van die top 12 op te stel. Iemand wat vir jare reeds ’n onbesproke reputasie het, wat oor die nodige musiekkennis beskik, en wat ook die gemiddelde profiel van die LitNet-leser goed ken. Taddddaammmmmmm ... drumrolllll …: enter Mr Brian Currin, stigter van die SA Rock Digest en geleentheidspreker by verskeie musiekkonferensies in Suid-Afrika.
Sonder verdere omhaal van woorde publiseer ek dus graag die volgende uittreksel uit my korrespondensie met Brian net so, verbatim, sic, ongeredigeerd en met die Kersfeesmoed van die muse se onwrikbare oortuiging:
Hi Albert
Here is a list of 12 South African albums released this year that have captured my imagination for various reasons.
They made me think, or they made me cry, or they made me remember, or they made want to dance, or they were just plain fun.
Cheers
Brian
![]() |
Hugh Masekela – Playing @ Work |
![]() |
Lyzyrd Kyngs – One Night Only |
![]() |
Toya Delazy - Due Drop |
![]() |
Van Coke Kartel – Wie’s bang |
![]() |
Les Javan – Ek is lief vir jou |
![]() |
Kongos – Lunatic |
![]() |
Rockville 2069 |
![]() |
The Muffinz – Have You Heard |
![]() |
Jeremy de Tolly – Piano Nocturnes Volume One |
![]() |
Gerald Clark – Black Water |
![]() |
Various Artists – Pretville (soundtrack) |
![]() |
The Buckfever Underground – Verkeerdevlei Lees Henry Cloete se onderhoud met Toast Coetzer oor Verkeerdevlei. |













