Top 12 2012: Teater

  • 0

Albert Maritz kies sy Top 12-teaterstukke van 2012:

 

My beste 12 uit die 2012-stal is:

1. Oscar en die pienk tannie – regie: Lara Bye (daar is 'n verwysing na Oscar en die pienk tannie in hierdie huldeblyk)

2. Champ – regie: Greg Karvellas; teks: Louis Viljoen (lees 'n resensie van Champ)
3. N is vir Neurose – teks (werkswinkel/Christiaan Olewage); regie: Christiaan Olewage (lees 'n onderhoud oor N is vir Neurose)

4. Murderer  – regisseur: Chris Weare; Anthony Shaffer se stuk (lees 'n onderhoud oor Murderer)
5. Nagwond – teks: Albert Pretorius; regie: Tara Notcutt (lees inligting oor Nagwond)

Eh ... die stukke wat hierop volg, is nie voor die hand liggend nie. En ek het seker geheue oor een of twee verloor.

Ont- , wat in 2012 nog speel,  is briljant, maar was verlede jaar op my lys omdat hy toe al gespeel het.

Marion Holm is eenvoudig briljant, maar was verlede jaar op my lys vir die stuk wat in 2012 nog speel.

Maynardville se Shakespeare het ’n slag die metrum en ander tegniese hulpmiddele ingespan om sodoende die akteurs en die gehoor te help met die betekenis, so Kunstekaap se produksie was verstaanbaar en vermaaklik.

2012 had, soos elke jaar sedert altyd, goeie individuele spel waar Sandra Prinsloo ook al betrokke was.
2012 had, soos in 2011, interessante nuwe werke met verfrissende, vernuwende elemente, soos akteurs wat woorde asof met masjiengewere, soos kartetse, gooi.
2012 had, soos in 2011, oulike regie-elemente wat verras, maar herinner aan nog van dieselfde van verlede jaar en die jaar voor dit. So verlede en voorverlede jaar se verrassings het herhalings begin word.
In 2012 het mense die meeste gepraat van hoe great werk is, wat ek nie kon sien nie, soos:
Frieda van den Heever se Cussons 90,
Marlo Minnaar se eenmanstuk, AF (regie: Gaerin Hauptfleisch),
Self, ’n Vryfees-produksie met onder andere Waldemar Schultz, en
Stian Bam se boude.

’n Titel wat uit die blaaie uit na jou toe aankom, het ek elke keer gemis. Maar terugvoer is dat

Dit voel leeg as die hart vol is met Kim Cloete (regie: Henry Mylne) briljant is. Jy kan jou geld sit op Henry Mylne, en – hoor ek – baie geld op Kim Cloete.

En dan was daar weer baie sterk skoleproduksies. Maar hierdie is nie professionele akteurs nie, so hulle is meestal net daai aks agter – wat ervaring en gewig betref, dink ek. Ek’t verlede jaar Bloemhof se Christiaan Olewage-werk ingesluit in my 2011-lys van beste produksies. Ek dink ek doen dit weer. Nie dieselfde stuk nie. Dieselfde skepper en skool. En dié keer voeg ek een of twee stukke uit ander omgewings by. Ek het tienertoneel by Fraserburg gesien, en daar was Bloemhof, maar ook ander skole – nogal unieke ervarings. Die skouspel van die Groen ghoen-stuk van Jan van Riebeeck, die standaard van skole wat veel meer as een stuk opvoer, byvoorbeeld Hoërskool Martin Oosthuizen (Barnie Mans) en Hoërskool Durbanville (Jan Burger en Amelia van Wyk), en die tekste, spel en komedie by die Hoërskool Piketberg (komedie veral in die ewig snaakse Koekemoer-trilogie). So here goes. ’n Paar skoleproduksies wat besonder verteerbaar was, tussen ander hoogtepunte van my 2012-jaar:

6. Hoërskool Bloemhof – Spektakel; regie: Christiaan Olewage
7. Comedy of Errors – Maynardville; regie: Matthew Wild
8. Ou blare – ’n Leon Kruger-teks. En sy regie.

En daar was darem nog die Engelse herlewing van Naaimasjien. Kom ons maak hom 9.

9. Sewing Machine
10. Hoërskool Piketberg – Koekemoer-trilogie; regie en teks: Magdaleen van Zyl
11. Durbanville – Rooi; teks: Gaerin Hauptfleisch; regie: Amelia van Wyk
12. Jan van Riebeeck – Groen ghoen; regie: JJ van Niekerk en Adri Vivier

Marthinus Basson beklee steeds die posisie as die invloedrykste teatermaker; mens weet nie of hy nog skouer aan skouer werk met Saartjie Botha, al bekroon vir haar bydrae tot teater, nie. Maar as mens MB kan meet aan produkte wat iewers met hom skouers geskuur het, soos Christiaan Olewage, Wessel Pretorius, De Klerk Oelofse en talle ander jong mans en dames, berei hy ’n boheemse teater- en kabaretlandskap voor. (Lees 'n onderhoud met Marthinus Basson en Hugo Theart.)

Klein lokale soos Aan de Braak is konstant besig om nuwe deure oop te maak; opleidingskole soos ACT Cape Town lewer uitstekende produkte – akteurs en aktrises.

Ander instansies bring hulle kant, skole maak wolke soos engele, en dit alles ... sonder die toedoen en deelname van die regering.

Dit wil gedoen wees.

Naskrif: My eie produksies kom nie in aanmerking hier bo nie. Hulle was:

’n Seder val in Waterkloof (Innibos en KKNK)

Die Van Aardes van Grootoor (Innibos en Durbanville) ('n bloginskrywing oor Die Van Aardes)
Mooi Maria (Aardklop, Innibos en KKNK)
Die rebellie van Lafras Verwey (vir die Mechanicals – Kaapstad, Woordfees, Vryfees, Aardklop) ('n onderhoud oor Lafras Verwey)

  • 0

Reageer

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Kommentaar is onderhewig aan moderering.


 

Top