Secret Songs met Zanne Stapelberg en James Grace

  • 0

Secret Songs met Zanne Stapelberg en James Grace

Die Boer Restaurant Teater in Durbanville
Saterdag 19 Jan om 20:30
Koste: R110
Bespreek 021 979 1911 / 083 406 0111

Zanne Stapelberg staan bekend as 'n kunstenaar wat musikale grense verskuif; selfs bestempel deur een kritikus as 'n "opera recce".
Haar samewerkings met kunstenaars soos Mandoza, Lady Smith Black Mambazo en Karen Zoid is net nóg 'n bewys van hoe sy eksperimenteer met haar klassieke agtergrond.
In Secret Songs is sy weer op die verhoog saam met bekende kitaarmeester James Grace...en hierdie keer sing sy die musiek waarna sy luister in die aand voor die
kaggel met 'n glas rooiwyn. Hierdie is 'n intieme vertoning. Gestroop van alle tierlantyntjies - net Zanne en James wat doen waarvoor
hulle die liefste is; musiek maak.
Kom luister na musiek van Led Zeppelin, Lead Belly, Laurika Rauch, Tom Waits, Leonard Cohen, Nina Simone, Sting en 'n paar skokkende verrassings!

Wat die kritici seg:

Ruan Kemp, Que
Maar bowenal is dit Zanne se betowerende stem wat deur my rugraat tril, wat die draak van Kundalini ontwaak, wat my ore laat tuit en my voete vuiste maak. Om te sê die opvoering is asembenemend is nie vergesog nie; dit is asof Zanne die gehoor van asem ontneem en dan al die asems op een slag terug gee. Ek het nog nie so iets beleef nie.

  • 0

Reageer

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Kommentaar is onderhewig aan moderering.


 

Top