Film
Everything about the latest films
’n Engel onder ons, queer en divers: ’n bespreking van Goodbye June
2026-03-18"Soos die storie ontvou, ontdek jy egter subtiele en betekenisvolle lae van queerverteenwoordiging en die hantering van diversiteit."
The heart is a muscle: ’n filmresensie
2026-03-10"Selde is die Kaapse Vlakte uit so ’n verantwoordelike, onderspeelde perspektief uitgebeeld. Selfs wanneer alles rondom ’n pa en sy seun verkrummel en vergaan, en wanhoop intree, bly die liefde die belangrikste en helende oplossing. Dit vorm ’n liefdesgom."
Press release: Valentine’s Day on Showmax and DStv
2026-02-11Let’s be honest: we all approach Valentine’s Day with different expectations, needs and love languages. But whatever your mood this year, there’s a film for that.
Skermgreep: Kiss of the spider woman – ’n filmresensie
2026-01-19"’n Versigtige en dikwels smeulende vriendskap ontstaan tussen die twee uiterstes wat albei dieselfde politieke sienings het, en gaandeweg verander dit van ’n verwronge, teësinnige vriendskap in ’n romanse. Mens is uiteindelik maar net mens, veral in ’n krisis, maak nie saak aan watter geslag of seksuele identiteit hulle behoort nie."
Skermgreep: Train dreams, ’n filmresensie
2025-12-10"Train dreams is nie die soort rolprent waarna jy kyk indien jy met jou afstandbeheerder kaperjol oor plakkate en name nie. Jy moet gereed wees daarvoor, jou brein toelaat om alles, selfs die fynste detail, in te neem sodat jou siel deur die rolprent gestreel kan word."
Skermgreep: Frankenstein – ’n resensie
2025-11-12"Frankenstein in Guillermo del Toro se veilige hande is ongetwyfeld die mees sorgsame en briljante weergawe van Mary Shelley se onsterflike roman van meer as 200 jaar gelede."
Die storie van ’n storie: van roman tot draaiboek
2025-10-16"Die verhaal is uitgeknip vir ’n film: Dis ’n buitengewone avontuur; dis ’n liefdesverhaal; dit klop met die gees van ons tyd van klimaatskrisis; dit het emosionele en intellektuele diepte, en sterk visuele trefkrag."
My indrukke van Embeth Davidtz se Don't let's go to the dogs tonight
2025-10-09"Maar Embeth gee vir die kyker die geskenk – deur Bobo se oë, insigte in lig en donker, maar uiteindelik, in daai boheemse klompie sekondes – van hoop."
Skermgreep: The roses – ’n filmresensie
2025-09-09"Terwyl jy lag, voel dit of jy ’n bord Daisy de Melcker insluk. Dis lag met ’n kreun en ’n geskokte uitroep. Hierdie rolprent is een groot bloosplesiertjie (guilty pleasure). Die lag bly nooit ver agter die skok nie."
Khaki fever is louwarm
2025-08-27"In vandag se klimaat sal ’n Suid-Afrikaanse gehoor ’n goeie komedie verwelkom. Khaki fever se platvloerse humor en verbeeldinglose storie onderskat ons intelligensie."
kykNET Silwerskermfees 2025: Hen – ’n onderhoud
2025-08-21"Ons het baie vroeg besluit om Hen in swart en wit te verfilm. Kleur sou te veel verduidelik, te veel versag. Weg is die warm rooi van bloed of sonlig wat die veld mooi maak. Jy’t bloot tekstuur, beweging en stilte. Dit dwing ’n mens om nader te kyk."
Skermgreep: Bring her back en Weapons – twee filmresensies
2025-08-19"Dis tyd dat regisseurs van grillers, wat deesdae lokettreffers is, besin. Ons moet ’n tree terugstaan en besluit wat is masochisties, gevaarlik en orgasties genotvol, en wanneer ’n bedrewe film soos 1980 se The shining jou nagmerries heerlik teister."
kykNET Silwerskermfees 2025: My f*k Marlize – ’n onderhoud
2025-08-18"Ons het doelbewus elemente van vermaak ingesluit, maar altyd met die Horns se essensie in gedagte. Die film moes voel soos ’n tuisvideo – eerlik en intiem."
Skermgreep: 28 years later – ’n filmresensie
2025-07-16"Dié reeks kon ad infinitum so aangekarring het terwyl mense heerlik aan bloed-en-springmielies 'gevreet' het, darem met meer sout op as wat die stomme slagoffers op die doek kon bied. Maar toe besluit Danny Boyle om 28 years later vanjaar uit te reik en uit ’n ander oogpunt te benader, met nuwe tegnologie."
Semi-soeter (Netflix) is semi-bitter
2025-07-07"Semi-soeter is eerstens ’n generiese romkom. Die geykte Hollywood-resep is daar. Die mense en die Kaap is mooi. ... Die spelers het almal hope talent, niemand mompel nie, en hier en daar styg hul vertolkings bo die draaiboek uit. As Hélène Truter uithaal en wys, dan luister jy. Dit is egter omtrent waar die goeie nuus eindig."
Persverklaring: Die 13de kykNET Silwerskermfees beloof ’n betowerende ervaring
2025-06-20“Die Silwerskermfees bring denkers, doeners, makers en towenaars oor generasies en provinsies heen saam in die naam van film,” sê Waldimar Pelser. Vanjaar vind die fees van Woensdag tot Saterdag, 20 tot 23 Augustus, by die Bay Hotel en Theatre on the Bay in Kampsbaai plaas.
Skermgreep: The Phoenician scheme – ’n filmresensie
2025-06-10"Wat is reg en wat is verkeerd? Vra die rolprent. In The Phoenician scheme is daar baie verkeerd! Dit skep ’n teelaarde om ’n rolprentavontuur te begin wat slegs by Anderson se dissipels sal aanklank vind."
Persverklaring: Die tragiese saak van Pamina Vermaak – boek tot skerm: ’n bespreking, 11 Junie, Oude Leeskamer
2025-06-09Die gewilde trefferboek deur Annie Klopper, Die tragiese saak van Pamina Vermaak, waarop die film gegrond is, is in 2018 gepubliseer en vyf jaar later omskep in ’n film deur Kabous Meiring. Sluit op Woensdag 11 Junie om 18:00 by ons aan in Jannie se Leeskamer vir ’n bespreking met regisseur, Kabous Meiring, draaiboekskrywer, Bibi Slippers en skrywer, Annie Klopper.
Die dekonstruksie van Retta Blom: ’n filmresensie
2025-05-23"Met Henriëtta Gryffenberg as draaiboekskrywer, veral na Die dinge van ’n kind, het ek hoop gehad vir Die dekonstruksie van Retta Blom."
Retta Blom val uitmekaar en word stelselmatig weer heel
2025-05-23"Ek stap met dikgehuilde oë uit, maar met ’n ligte hart. Antoinette het namens elke middeljarige vrou getriomfeer. Sy het alle vrese besweer van ouer word, onaantreklik en nutteloos voel."
