Film

Alles oor die jongste films
Everything about the latest films

Skermgreep: The roses – ’n filmresensie

Leon van Nierop Film 2025-09-09

"Terwyl jy lag, voel dit of jy ’n bord Daisy de Melcker insluk. Dis lag met ’n kreun en ’n geskokte uitroep. Hierdie rolprent is een groot bloosplesiertjie (guilty pleasure). Die lag bly nooit ver agter die skok nie."

Khaki fever is louwarm

Réney Warrington Film 2025-08-27

"In vandag se klimaat sal ’n Suid-Afrikaanse gehoor ’n goeie komedie verwelkom. Khaki fever se platvloerse humor en verbeeldinglose storie onderskat ons intelligensie."

kykNET Silwerskermfees 2025: Hen – ’n onderhoud

Maryke Roberts, Nico Scheepers, Chris Lotz Onderhoude 2025-08-21

"Ons het baie vroeg besluit om Hen in swart en wit te verfilm. Kleur sou te veel verduidelik, te veel versag. Weg is die warm rooi van bloed of sonlig wat die veld mooi maak. Jy’t bloot tekstuur, beweging en stilte. Dit dwing ’n mens om nader te kyk."

Skermgreep: Bring her back en Weapons – twee filmresensies

Leon van Nierop Film 2025-08-19

"Dis tyd dat regisseurs van grillers, wat deesdae lokettreffers is, besin. Ons moet ’n tree terugstaan en besluit wat is masochisties, gevaarlik en orgasties genotvol, en wanneer ’n bedrewe film soos 1980 se The shining jou nagmerries heerlik teister."

kykNET Silwerskermfees 2025: My f*k Marlize – ’n onderhoud

Maryke Roberts, Zandré Coetzer, Marelize Horn, Zandélle Meyer Onderhoude 2025-08-18

"Ons het doelbewus elemente van vermaak ingesluit, maar altyd met die Horns se essensie in gedagte. Die film moes voel soos ’n tuisvideo – eerlik en intiem."

Skermgreep: 28 years later – ’n filmresensie

Leon van Nierop Film 2025-07-16

"Dié reeks kon ad infinitum so aangekarring het terwyl mense heerlik aan bloed-en-springmielies 'gevreet' het, darem met meer sout op as wat die stomme slagoffers op die doek kon bied. Maar toe besluit Danny Boyle om 28 years later vanjaar uit te reik en uit ’n ander oogpunt te benader, met nuwe tegnologie."

Semi-soeter (Netflix) is semi-bitter

Réney Warrington Film 2025-07-07

"Semi-soeter is eerstens ’n generiese romkom. Die geykte Hollywood-resep is daar. Die mense en die Kaap is mooi. ... Die spelers het almal hope talent, niemand mompel nie, en hier en daar styg hul vertolkings bo die draaiboek uit. As Hélène Truter uithaal en wys, dan luister jy. Dit is egter omtrent waar die goeie nuus eindig." 

Persverklaring: Die 13de kykNET Silwerskermfees beloof ’n betowerende ervaring

LitNet kykNET Portaal 2025-06-20

“Die Silwerskermfees bring denkers, doeners, makers en towenaars oor generasies en provinsies heen saam in die naam van film,” sê Waldimar Pelser. Vanjaar vind die fees van Woensdag tot Saterdag, 20 tot 23 Augustus, by die Bay Hotel en Theatre on the Bay in Kampsbaai plaas.

Skermgreep: The Phoenician scheme – ’n filmresensie

Leon van Nierop Film 2025-06-10

"Wat is reg en wat is verkeerd? Vra die rolprent. In The Phoenician scheme is daar baie verkeerd! Dit skep ’n teelaarde om ’n rolprentavontuur te begin wat slegs by Anderson se dissipels sal aanklank vind."

Persverklaring: Die tragiese saak van Pamina Vermaak – boek tot skerm: ’n bespreking, 11 Junie, Oude Leeskamer

LitNet Boeke en skrywers 2025-06-09

Die gewilde trefferboek deur Annie Klopper, Die tragiese saak van Pamina Vermaak, waarop die film gegrond is, is in 2018 gepubliseer en vyf jaar later omskep in ’n film deur Kabous Meiring. Sluit op Woensdag 11 Junie om 18:00 by ons aan in Jannie se Leeskamer vir ’n bespreking met regisseur, Kabous Meiring, draaiboekskrywer, Bibi Slippers en skrywer, Annie Klopper.

Die dekonstruksie van Retta Blom: ’n filmresensie

Réney Warrington Film 2025-05-23

"Met Henriëtta Gryffenberg as draaiboekskrywer, veral na Die dinge van ’n kind, het ek hoop gehad vir Die dekonstruksie van Retta Blom."

Retta Blom val uitmekaar en word stelselmatig weer heel

Maryke Roberts Film 2025-05-23

"Ek stap met dikgehuilde oë uit, maar met ’n ligte hart. Antoinette het namens elke middeljarige vrou getriomfeer. Sy het alle vrese besweer van ouer word, onaantreklik en nutteloos voel."

KwaNojoli: The origins and Our voices are left with our bodies: The early black history of KwaNojoli – an interview with Mphuthumi Ntabeni

Naomi Meyer, Mphuthumi Ntabeni Interviews 2025-05-22

"Though our focus is on black history – because it has been neglected and deliberately suppressed – we tell the entire history, including the over-represented colonial and Afrikaner history. From the booklet, you learn not only about Governor Somerset and Bruintjieshoogte, but also about what was there before the European arrival. You learn who Nojoli was, and how all these histories interlock and are joined at the hip, despite our pretensions."

Skermgreep: Sinners – ’n filmresensie

Leon van Nierop Film 2025-05-05

"Elke stukkie gereedskap wat film bied, word hier aangewend om ’n oorspronklike verhaal te skep waarin selfs vampierclichés ’n nuwe baadjie aantrek. Dit is oorweldigend, veral in IMAX-teaters, waar die gehoor meer as ooit tot in die hart van die dier beweeg."

Persverklaring: Aasvoëls-kortfilm gaan Cannes toe

LitNet Film 2025-05-02

Die Suid-Afrikaanse kortfilm Aasvoëls, deur die skrywer en regisseur Dian Weys, is amptelik deur die 78ste Cannes Filmfees gekies om vir die Kortfilm Palme d’Or (Goue Palm) te kompeteer. Die filmfees, wat jaarliks aan die Franse suidkus plaasvind, word as die wêreld se mees gesogte filmfees beskou.

Kwiksilwers: ’n onderhoud oor die film

Maryke Roberts, Jordy Sank Film 2025-05-02

"Die ware 'hoofkarakter' in hierdie film, Kwiksilwer, die vintage Ford Granada, is nie sommer enige kar nie. Vir Elsabe Marais (Lida Botha) is dit ’n tydkapsule vol herinneringe aan haar oorlede man, wat gereeld saam met haar avonture in dié motor aangepak het."

Katinka Heyns deur die Indiese Filmfees in Suid-Afrika vir lewensbydrae vereer: ’n onderhoud

Naomi Meyer, Katinka Heyns Onderhoude 2025-03-17

"Ek was van kleins af verlief op stories."

Skermgreep: Mickey 17 – ’n filmresensie

Leon van Nierop Film 2025-03-13

"Jy moet jouself volkome oorgee aan die Suid-Koreaanse filmmaker se dol brein en siening van lewe op ’n ysplaneet, of jy moet betyds die hasepad kies."

Soos pynappel op pizza is net reg vir Valentynsdag

Izak de Vries Film 2025-02-13

"Natuurlik begin die twee sjefs ook met mekaar gesels, en dis waarvoor die film op Valentynsdag begin draai."

Skermgreep: The brutalist – ’n filmresensie                       

Leon van Nierop Film 2025-02-11

"Soos There will be blood (2007) sal hierdie rolprent uiteindelik uitstaan as ’n baken in die Amerikaanse rolprentbedryf wat deesdae, veral met superheldfilms, al hoe meer vervlak. ’n Bobaas film."

Top