Toyota Stellenbosch Woordfees

Kort balletuittreksels laaf die siel

Maryke Roberts Leefstyl 2025-09-24

"Die vertoning wat wag, bied uittreksels uit die internasionale choreograaf en regisseur, Maina Gielgud, se tradisionele Giselle en ook Michelle Reid se stomende Smoke."

Fugard se Boesman en Lena terug op die verhoog

Maryke Roberts, Alexa Strachan, Brendon Daniels, Christo Davids Feeste 2025-09-24

"Die stuk is ’n gepaste huldiging aan een van Suid-Afrika se grootste dramaturge wat in Maart in die ouderdom van 92 oorlede is. Dit ontgin temas van onderdrukking, maar ook die mens se vermoë om aan te hou veg vir hul plekkie in die son."

Toyota Stellenbosch Woordfees 2025: Ontaard nooi gehoor uit na ’n saamwees om die woord

Dianne Albertze, Pieter Odendaal Toyota Stellenbosch Woordfees 2025-09-23

"’n Oorkoepelende tema in die bundel sowel as die produksie is belonging, op verskillende vlakke: om te hoort op die aarde, te belong in die samelewing of in jou familie. Daardie soeke na hoort en na tuiste."

Toyota Stellenbosch Woordfees 2025: ’n onderhoud oor Zoid Psalms

Naomi Meyer, Elmarié Dercksen Toyota Stellenbosch Woordfees 2025-09-02

"Een van Karen [Zoid] se sêgoed is dat alle musiek spiritueel is. Sy maak dit voelbaar." 

Toyota Stellenbosch Woordfees 2025 en die EasyEquities-skrywersfees: ’n onderhoud met Bibi Slippers

Naomi Meyer, Bibi Slippers Toyota Stellenbosch Woordfees 2025-08-28

Lees wat vertel Bibi Slippers oor belangrike items, soos hierdie een, op die skrywersfees se program: "Ek dink dis belangrik om ’n oop gesprek te voer oor die finansiële lewens van skrywers, want ons kan nie bekostig dat skrywers ophou skryf omdat hulle dit nie kan bekostig om skrywers te wees nie."

The Barber of Seville: prettige opera in intieme teater bied groot vermaak

Maryke Roberts Teater 2025-08-13

"Die lekkerte begin sommer nog voor die gordyn vir die eerste bedryf lig, wanneer Jan Hugo, die musikale regisseur, met sy manelpak en pluiskeil deur die teater stap en agter die vleuelklavier inskuif. ... Ek is verheug om te sien die stuk gaan ook na die Toyota Stellenbosch Woordfees by die Spier-amfiteater."

Persverklaring: ATKV-Taalgenoot se Ruk en rym-semifinaliste 2025 bekend

LitNet ATKV-Portaal 2025-08-11

ATKV-Taalgenoot-Ruk en Rym, ’n kompetisie vir alternatiewe klankskeppers wat musiek met Afrikaanse lirieke maak, het tot 28 Julie inskrywings ontvang en ná ’n rekordgetal – ’n allemintige 93 – musikante hul kuns met die Ruk en Rym-keurders gedeel het, is die 20 semifinaliste van die kompetisie nou bekend.

Toyota Stellenbosch Woordfees 2025: Boklied, 30 jaar later – ’n onderhoud met Marthinus Basson

Naomi Meyer, Marthinus Basson Toyota Stellenbosch Woordfees 2025-08-04

"Om weer aan Boklied te werk is ’n vreesaanjaende voorreg, alhoewel mens bewus is van die feit dat dit is soos om 'n ’n uiters hoë piek te moet uit. Maar dis een wat ek met baie vreugde aanpak. Beslis ook met ootmoed."

Persverklaring: Toyota Stellenbosch Woordfees 2025 – Literatuur is steeds die hart

LitNet Toyota Stellenbosch Woordfees 2025-07-14

Die bekroonde digter Bibi Slippers het ’n eklektiese program vir die EasyEquities Skrywersfees saamgestel. Die fees spog vanjaar vir die eerste keer met twee feesdigters. Antjie Krog en Siphokazi Jonas deel vanjaar hierdie posisie van feesdigter.

Persverklaring: Toyota Stellenbosch Woordfees 2025 – Kaartjieverkope is oop!

LitNet Toyota Stellenbosch Woordfees 2025-07-14

Die kaartjieverkope vir die 25ste Toyota Stellenbosch Woordfees is nou oop en jy kan jou kaartjies aanlyn by Quicket koop of by die kaartjiekantoor by die Erfurthuis, Ryneveldstraat 37, Stellenbosch. Die gratis gedrukte feesgids is ook nou hier beskikbaar. Te danke aan Aramex kan jy nou die 2025 Toyota Stellenbosch Woordfees se sagtebandfeesgids gratis by jou huis laat aflewer. 

Deel en wees deel: Toyota Stellenbosch Woordfeesprogrambekendstellingsfunksie 2025

Naomi Meyer, Lasché van Heerden Toyota Stellenbosch Woordfees 2025-06-20

Die Toyota Stellenbosch Woordfeesprogrambekendstelling het op 19 Junie 2025 plaasgevind. Hier is enkele foto’s van die geleentheid en vanjaar se program. Kom deel in alles wat op die spyskaart is.

Persverklaring: Toyota Stellenbosch Woordfees 2025 – programbekendstelling

LitNet Toyota Stellenbosch Woordfees 2025-06-20

Die 2025 Toyota Stellenbosch Woordfees is gisteraand op onvergeetlike wyse bekendgestel by die elegante Lanzerac-wynlandgoed in Stellenbosch, waar media en borge bymekaargekom het om die amptelike bekendstelling van vanjaar se feesprogram te vier.

Persverklaring: Dié skrywers haal die 2025 Stellenbosch Woordfeeskortverhaalbundel

LitNet Toyota Stellenbosch Woordfees 2025-06-10

Drie-en-twintig verhale is gekies vir publikasie in die tiende Stellenbosch Woordfeeskortverhaalbundel. Vanjaar se kompetisie het 329 inskrywings gelok. Die algehele wenner sal by die bundelbekendstelling by vanjaar se Stellenbosch Woordfees aangekondig word. 

Persverklaring: "Deel" jou skribbels en wen ’n Woordfeeservaring vir twee

LitNet Toyota Stellenbosch Woordfees 2025-06-05

Die 2025 Toyota Stellenbosch Woordfees vier 25 jaar van kuns, kultuur en uitdrukking met die feestema "Deel". Jy kan deel wees van die feesvieringe deur jou skribbels, skrabbels en sketse met die feesbestuur te deel, en ’n Woordfeeservaring ter waarde van R2 000 te wen.

Die wenner van die Nagtegaal-tekspryswenner: ’n onderhoud met Dianne du Toit Albertze

Naomi Meyer, Dianne Albertze Toyota Stellenbosch Woordfees 2025-05-08

"Dit was veronderstel om my tweede roman te wees, maar die karakters wou net eenvoudig nie alleenlik op papier lewe nie. En toe ontmoet ek vir Tinarie by laasjaar se teksmark en ons begin skryf e-briewe vir mekaar en kort voor lank het ek ’n muse gekry."

Persverklaring: Nagtegaal-tekspryswenner Dianne du Toit Albertze betower met "uitmuntende tegniek"

LitNet Toyota Stellenbosch Woordfees 2025-05-06

Vir haar wenteks, Huis van sand, ontvang Du Toit Albertze naas prysgeld van R100 000 ook mentorskap en ondersteuning met die finale afronding van die teks, asook ’n speelvak by vanjaar se Toyota Stellenbosch Woordfees.

Suidoosterfees Junior 2025: Woordedief, ’n onderhoud met Margit Meyer-Rödenbeck

Naomi Meyer, Margit Meyer-Rödenbeck Suidoosterfees 2025-04-30

"Kinderteater is van 3 tot 103. Dis so lekker om te sien hoe die kleintjies hulle verkneukel, en daar is baie gehoordeelname. Jy sal sien: As jy kom kyk, gaan jy nie net kan bly sit nie!" Woordedief is gebaseer op Best Books van NB-Uitgewers se reeks boekies wat geskryf is met die oog op voorgeskrewe tekste vir die Grondslagfase.

Persverklaring: Registreer gratis vir die Sanlam WOW Spelfees 2025

LitNet Toyota Stellenbosch Woordfees 2025-03-25

Registrasie vir die 2025 Sanlam WOW Spelfees is nou oop en deelname is heeltemal gratis. Dis die grootste spelfees in Suid-Afrika en skole en leerders van reg oor die land word genooi om in die volgende taalkategorieë deel te neem: Afrikaans (graad 1 tot 10), Engels (graad 4 tot 9) en isiXhosa (graad 6 tot 8).

Persverklaring: Hê ’n aandeel aan die 25ste Woordfees se kreatiewe identiteit

LitNet Toyota Stellenbosch Woordfees 2025-03-18

Jy word genooi om saam met die Toyota Stellenbosch Woordfees deel te hê aan die viering van 25 jaar van kuns, kultuur en uitdrukking. Vanjaar se tema is "deel". Ons hou weer ’n lentefees in die Eikestad vanaf 11 tot 19 Oktober, en jou sketse, spotprente en illustrasies kan deel uitmaak van die feestema en -vieringe.

Persverklaring: Wes-Kaapse skole by WOW-skoolmedia-gala vereer

LitNet Toyota Stellenbosch Woordfees 2025-03-11

Woorde Open Wêrelde (WOW) het Donderdag 6 Maart 2025 uitblinkers van die WOW-skoolmediakompetisie by ’n galageleentheid in Stellenbosch vereer.

Top