Suidoosterfees
Persverklaring: Artscape en Suidoosterfees vier Pieter-Dirk Uys se tagtigste met twee toneelstukke in September
2025-08-19Van 10 tot 20 September 2025 kan gehore No Space on Long Street, onder regie van Basil Appollis en met Terence Bridgett in die hoofrol, geniet, gevolg deur African Times, onder regie van Thoko Ntshinga en met Nosiphiwo Ndabeni, Olwethu Qavile, Busisiwe Mrubata en Sunny Yoon op die verhoog.
Suidoosterfees 2025: Op die markplein – waar almal preek (Jakes Gerwel-gesprekke)
2025-05-08"Die kerk se grootste geskenk aan die wêreld sou wees om sy sonde en skuld te erken." Bettina Wyngaard het by die pas afgelope Suidoosterfees gesels met Siya Khumalo en Alan Storey oor geloof se plek in die openbare diskoers. Is geloof nog geloofwaardig? Hoe behou ’n mens jouself én jou integriteit in ’n era waar elke slimfoon ’n preekstoel geword het en menings in hoofletters op sosiale media uitbasuin word asof volume waarheid skep? Jean Oosthuizen gee ’n oorsig van hierdie Jakes Gerwel-gesprek.
Jakes Gerwel-gesprek (Suidoosterfees 2025): Afrika op die globale verhoog – met wie speel ons?
2025-05-08Mandira Bagwandeen en Siphamandla Zondi het by die pas afgelope Suidoosterfees gesels oor Suid-Afrika se internasionale beleid, sy rol in BRICS, en die breër vraag van Afrika se strategiese vennootskappe in ’n vinnig veranderende geopolitieke landskap. Die gesprek, wat die gehoor laat nadink het oor Suid-Afrika se globale posisie, het temas ingesluit uit Zondi se werk in boeke soos Africa’s strategic partnerships with BRICS and other emerging countries. Jean Oosthuizen gee ’n oorsig van hierdie Jakes Gerwel-gesprek.
Suidoosterfees 2025: Boeke en feeste – pasmaats? (Jakes Gerwel-gesprekke)
2025-05-07Chareldine van der Merwe het met Alma Struwig, Melt Myburgh en Nita Cronjé by die pas afgelope Suidoosterfees oor die rol van boeke, lees en boekwinkels by feeste gesels. Jean Oosthuizen gee ’n oorsig van hierdie Vriende van Afrikaans Ommietafel-gesprek (“Boeke en feeste – pasmaats?”), deel van die Jakes Gerwel-gespreksreeks.
Suidoosterfees 2025: Gedrukte media of digitaal – hoe vertolk ons die nuus? (Jakes Gerwel-gesprekke)
2025-05-07"Joernalistiek is nie besig om te sterf nie; dit is besig om te transformeer." Jody Hendricks het met Carryn-Ann Nel, Crystal Orderson en Ryland Fisher by die pas afgelope Suidoosterfees gesels oor die vertolking van die nuus in gedrukte en digitale media, die vinnig veranderende medialandskap en die opleiding van joernaliste. Jean Oosthuizen gee ’n oorsig van hierdie Jakes Gerwel-gesprek.
Suidoosterfees 2025: Hortjies dig, ’n onderhoud met Joanie Combrink en Chris van Niekerk
2025-04-30"As jy soos Peter Blum en soos ons nog kan verwonderd staan oor ’n kunstenaar se briljantheid met woorde en die nuutheid van ’n ongewone taalskepping, en as die liefde in al sy vorme nog jou oë kan laat blink, dan is hierdie toneelstuk vir jou."
Suidoosterfees Junior 2025: Woordedief, ’n onderhoud met Margit Meyer-Rödenbeck
2025-04-30"Kinderteater is van 3 tot 103. Dis so lekker om te sien hoe die kleintjies hulle verkneukel, en daar is baie gehoordeelname. Jy sal sien: As jy kom kyk, gaan jy nie net kan bly sit nie!" Woordedief is gebaseer op Best Books van NB-Uitgewers se reeks boekies wat geskryf is met die oog op voorgeskrewe tekste vir die Grondslagfase.
In gesprek met Kathie Viljoen oor 2025 SOF Junior, ’n deel van die Suidoosterfees
2025-04-29Kathie Viljoen is een van die mense wat stil-stil werk om jongmense in die teater te kry tydens die Suidoosterfees. Izak de Vries het met haar gesels oor die Leesfees wat aangebied word deur Penguin Random House en deur die AON en SOF geborg word.
Persverklaring: Maak só vir ’n gerieflike, onvergeetlike Suidoosterfees-ervaring
2025-04-25Van 30 April tot 4 Mei word ’n groot toeloop van feesgangers by die Kunstekaap in Kaapstad verwag. By vanjaar se fees is kuns álles en feesgangers kan gerus die volgende wenke in gedagte hou vir ’n gerieflike ervaring propvol onvergeetlike indrukke wat die gees nog lank gaan voed.
Suidoosterfees 2025: Proscenium-jeugteater in die kalklig
2025-04-25"Niks kom ... by ’n lewende opvoering nie, so kom kyk by die Suidoosterfees na die Proscenium Jeugteater in die kykNET Kamer. Toegang is gratis. Daar is vier groepe wat elkeen drie keer optree en die vier stukke saam in elke groep duur nie langer as ’n uur nie."
Suidoosterfees 2025: Stormkaap: Kom drome andersom uit?: ’n onderhoud met Nathan Trantraal, André Trantraal en Ashley Marais
2025-04-24Maryke Roberts gesels met Nathan Trantraal, André Trantraal en Ashley Marais wat vanjaar by die Suidoosterfees onder die tema, Stormkaap: Kom drome andersom uit? uitstal. Dis die trio se eerste groot openbare uitstalling saam.
Persverklaring: Dans gaan jou na "woorde laat gryp" by Suidoosterfees
2025-04-24Produksies op die Suidoosterfees se dansprogram beloof om vanjaar weer mense te betower met aanskoulike tegnieke en passies. Figure of 8-dansteater, een van Kaapstad se voorste geselskappe, sorg saam met Suidoosterfees vir verskeie hoogtepunte op die dansspyskaart van 30 April tot 4 Mei.
Carlo Daniels in eenmanstuk van Kafka, Die uitweg, by die Suidoosterfees te sien
2025-04-24"Die stuk is baie opwindend. Dit verdien sy plek op die verhoog; dit gryp die verbeelding aan, maar dit handel ook oor temas van armoede, klas en baie ander aspekte van die lewe binne in ’n sisteem."
Joe Barber 25 by die Suidoosterfees 2025: ’n kwarteeu van jou gunstelingbarbier
2025-04-17"Joe Barber vier vanjaar ’n kwarteeu – die Moederstad se komedie met die langste raklewe – én het by die 60ste Fleur du Cap Teatertoekennings op 23 Maart die Encore-toekenning ontvang."
Suidoosterfees 2025: Verwelkingslied – ’n onderhoud met Antoinette Kellermann
2025-04-16Maryke Roberts gesels met Antoinette Kellermann oor Verwelkingslied, "’n roerende swanesang wat Breyten Breytenbach aan [haar] en Marthinus Basson opgedra het."
KKNK en Suidoosterfees 2025: ’n Bespreking van Sonde met die spoke deur Marianne Thamm
2025-04-14"Uiteindelik leer ons ontsettend veel van Langenhoven én van die vroue in sy lewe. Daaroor was ek bly. Dit alles word boonop verpak in ’n heerlike komedie."
Persverklaring: Komedie by Suidoosterfees bring lekkerlag-terapie teen die lewe se sorge
2025-04-14Die komedie-afdeling van die Suidoosterfeesprogram is propvol hoogtepunte. Die Joe Barber-span is terug op die verhoog om hul 25ste bestaansjaar in die bedryf te vier. Marc Lottering, Marianne Thamm, Mavis vannie Lavis en Aunty Cheryl gaan gehore laat kraai van plesier, en Cathy Specific maak haar buiging vir die eerste keer by die Suidoosterfees.
Suidoosterfees 2025: Hoek, lyn en sinker – ’n onderhoud met Nelandi Boshoff
2025-04-14"Op die ou einde wil ek hê die gehoor moet huis toe gaan en besef dat ons almal kan bekostig om bietjie meer genadig te wees teenoor ons geliefdes. Nie almal dink soos jy nie. Nie almal het dieselfde vrese as jy nie."
Suidoosterfees 2025: Liewe Heksie en die wals – ’n onderhoud met Margit Meyer-Rödenbeck
2025-04-09"Die kinders is baie lief vir haar, want sy is weerloos en feisty, en die underdog raak die hero van die storie. Ek sê dikwels tong in die kies dis waar ek vir Dowwe Dolla eintlik ontwikkel het."
Suidoosterfees 2025: Hortjies dig – ’n onderhoud met Francois Toerien
2025-04-08"[Dit is] in wese ’n liefdesverhaal, of dan nou ’n verhaal van twee mense wat aangewese is op mekaar. Een van die partye was ’n korrelkop, bitsig, begaafd, venynig, staatloos, te na gekom; die ander een was ondersteunend, alleen, sensitief, ’n klankbord, ’n kunstenaar, sy vrou. Beide vertel ons van onsself en van ’n lewe wat geleef is – hoe suksesvol, is vir die gehoor om te besluit. En dan is daar die ongelooflike poësie van Blum wat die produksie deurspek."