Kinderboeke

Ben en die groot toets deur Zuléka Smit: ’n lesersindruk

Izak de Vries Lesersindrukke 2024-09-30

"Kinders sal hierdie storie, met die mooiste kleurvolle illustrasies, baie geniet en leersaam vind, en hulle met Ben kan vereenselwig. Hierdie boek is ’n móét vir enige kind wat oor die drumpel stap om die wêreld van klank en lees te betree."

Goue lint, my storie begint: Die mag van volwassenes se boekkeuses vir kinders

Anke Theron Kinderboeke 2024-09-25

"Hoe kry jy ’n kind om ’n boek te lees? Maklik, die oudste truuk in die boek: 'Jy mag nie hierdie boek lees nie. Hoekom? Want ek het so gesê.' Klink dit bekend? Dit is hoe volwassenes mag uitoefen oor boekkeuses vir kinders."

Persverklaring: ATKV-kinderboektoekennings 2024

LitNet Boeke en skrywers 2024-09-17

Die ATKV-Kinderboektoekennings word jaarliks aangebied om die gewildste Afrikaanse kinderboeke wat gedurende die voorafgaande kalenderjaar verskyn het, te bekroon.

Nina-omnibus – Die awesome speurklub deur Elizbè van der Colff: 'n resensie

Magdel Vorster Kinderboeke 2024-09-17

"Leerders kan ’n paar goeie idees vir entrepreneursdae by Nina en haar klasmaats kry. Lesers sal hulle ook met die gemoedelike onderonsies tussen seuns en meisies en die stryery onder sibbe kan vereenselwig. Ek vermoed hulle gaan ook gril, en ek sal nie verbaas wees as daar koppe ná hierdie storie jeuk nie."

Jani Jonker gloei in die donker deur Fanie Viljoen: ’n resensie

Magdel Vorster Kinderboeke 2024-09-17

"Humor, sowel as Emily House se illustrasies en kreatiewe tipografie, maak die verhaal toeganklik vir ’n groter teikengroep."

Flaffie en Stink sokkies deur Jaco Jacobs: ’n gesamentlike resensie

Loraine van der Westhuizen Kinderboeke 2024-09-12

"Om te lees vir plesier en terselfdertyd jou arsenaal aan te vul om sekere struikelblokke en kwessies aan te pak, is ’n bonus – veral vir ontwikkelende lesers, maar eintlik vir almal in die gemeenskap. Die wêreld sal beslis ’n beter plek wees as álmal (meer) kinder- en jeugliteratuur lees."

Die Smooie en die Smoue deur Julia Donaldson: ’n lesersindruk

Izak de Vries Kinderboeke 2024-09-09

"Die Smooie en die Smoue, geskryf deur Julia Donaldson met illustrasies deur Axel Scheffler, is pret. Dit is boonop propvol tydlose waarhede, tussen al die guitigheid deur. Ek wens alle politici in alle wêrelddele wil dit lees. Jaco Jacobs se vertaling is heerlik."

Kode bruin! Die goorste week ooit!-kinderboekreeks: ’n jonglesersindruk

Liam Lang Kinderboeke 2024-09-04

"Justin het skaars MAANDAG oorleef en toe is dit DINSDAG, en sy kat is steeds weg – waarskynlik deur aliens ontvoer! WOENSDAG was woes saam met sy ongelooflik irriterende aartsvyand! Maar ek wil nie nou alles vertel nie; jy moet self die reeks lees!"

Ons eie Kleuterbybel deur Juliana Nothnagel en Johann Strauss: ’n teologies-estetiese perspektief

Elmarié Dercksen Kinderboeke 2024-08-15

"Behalwe vir volpunte vir die visuele ervaring, verdien die boek ook onderskeiding vir taalgebruik en teologie."

Goue lint, my storie begint-rubriek: die waarde van illustrasies in kinderboeke

Anke Theron Kinderboeke 2024-08-14

"In ons alledaagse lewe word ons gebombardeer met visuele tekste wat spreek tot ons begrip van prente, diagramme, vorms, kleure, ensovoorts. Dit is deel van die aandagekonomie van die moderne wêreld, veral die tegnologiese sosiale mediawêreld. En waar begin ons vir ons kinders leer hoe om sin te maak uit al hierdie visuele tekste? Dit is juis die antwoord wat illustrasies in kinderboeke vir ons bied."

Vlooi en die Olimpiese vlam by die Kunstekaapteater: ’n onderhoud

Naomi Meyer, Margit Meyer-Rödenbeck, Marinda Engelbrecht Teater 2024-08-01

"As die towersleutel begin gloei, gaan Vlooi en sy maats [karakters in die Oxford University Press-leesreeks wat vir die Grondslagfase voorgeskryf is] op ’n avontuur, en hierdie keer is die bestemming Parys! En hulle is net betyds vir die dertigste Olimpiese Spele."

Sanri Steyn-omnibus 3: ’n onderhoud met Theresa van Baalen

Naomi Meyer, Theresa van Baalen Kinderboeke 2024-07-24

Theresa van Baalen praat oor die drie Sanri Steyn-stories wat onlangs in nog ’n Sanri Steyn-omnibus gepubliseer is. (En as jy inligting oor Theresa soek met die oog op die derde kwartaal se literêrenavorsingsprojek, kyk ook hier!)

Harry Potter toor weer met Afrikaans: ’n kinderboekbespreking

Liné Loff Kinderboeke 2024-07-15

"Ek is dankbaar dat die Harry Potter-reeks in Afrikaans beskikbaar is. Nie net is dit ’n aanduiding dat Afrikaans lewend is nie, maar maak dit hierdie lieflike stories met belangrike lewenslesse meer toeganklik vir Afrikaanse kinders (én volwassenes), veral dié wat soms nodig het om aan die werklikheid te ontsnap."

Volwassenes moet lees sodat kinders stories kan vind

Anke Theron Kinderboeke 2024-07-15

"Hoekom moet grootmense kinder- en jeugboeke lees? Volwassenes kan mos al lees, maar tog is die boeke wat vir jonger lesers geskryf en bemark word, van groter belang as wat daar besef word. Dit is dalk net die boek wat jy nodig het om weer iets wat verlore was, te vind."

’n Onderhoud met Wendy Maartens oor Sankind lees die wind

Louise Viljoen (JBay), Wendy Maartens Skrywersonderhoude 2024-07-03

"Sankind lees die wind is ’n bundel kortverhale gebaseer op tradisionele Sanstories. Dit is oorspronklik neergepen deur Gideon Retief von Wielligh, broerskind van Voortrekkerleier Piet Retief en eertydse landmeter-generaal van die ZAR. Wendy Maartens het dit pas vir kinders verwerk."

Kaptein Onderbroek se avonture klink goed in Afrikaans: ’n resensie

Maryke Roberts Kinderboeke 2024-07-02

"Ek het die boeke geweldig baie geniet en hou van die kinderlike pret wat die twee seuns het. Die onderwerpe sluit alles van zombies en toilette met tande, bankrowers en wetenskapeksperimente, tot slegte snoepiekos in."

Ek sal vir jou veg deur Cliffordene Norton: ’n onderhoud

Naomi Meyer, Cliffordene Norton Skrywersonderhoude 2024-07-01

"In my skryfpassie voel dit asof ek deur die storie gekies word. My karakters daag op, sit my neer en maak dat ek hul stories vertel. Dit klink dalk passief, maar ek sien elke idee: dié wat gepubliseer word en dié wat ek nooit vir ander wys nie, wat my gekies het om dit te vertel. Ek leer so baie uit die skryfproses en waardeer die magic daarin."

Leer om te vergewe met ’n blikkie samboksalf: ’n lesersindruk van Alene Mari Holder se jeugroman Samboksalf en ’n draaktraan

Irene Schoonwinkel Lesersindrukke 2024-06-28

"Dit is pret om al hoe meer oorspronklike Afrikaanse fantasieverhale op die boekwinkels se rakke te sien."

Bokdrolletjies en boeke: 'n Jong leser se indruk van Springboekie deur Fanie Viljoen

Liam Lang Kinderboeke 2024-06-25

"Almal het ander superkragte. Springbokke se superkrag is rugby. En Springboekie se superkrag is lees (en myne ook!)."

Reënboogrant Maats deur Maritha Snyman: ’n jonglesersindruk

Maja Meyer Jong lesers 2024-06-24

"Dit klink dalk vreemd, maar ek haat skool. Tog, as ek dié boek lees, is dit baie lekker om te sien wanneer hulle in die skool is. Dis ’n snaakse, opwindende reeks wat bangmaak en ’n mens se tone sal laat krul."

Top