Kinderboeke
Press release: Otto Foundation announces winners of the inaugural Children’s Book Award
2025-02-12What makes The Otto Foundation’s book prize unique is that young readers play an active role in selecting the winning titles. Following a nomination process held last year, the shortlisted titles were included in the Otto Foundation’s annual Reading Relay, which is hosted every year among six schools in the District Six area in Cape Town.
Kinderboeke: Terug skool toe met lekkerleesboeke
2025-02-11"Vir eers, aan die begin van die skooljaar, moet daar egter gemik word na en baklei word vir … ’n positiewe verhouding met boeke en lees."
Wêreldhardopleesdag, 5 Februarie 2025: De Wet Hugo lees voor uit Die doodgewone bure
2025-02-05De Wet Hugo is as die wenner van NB-Uitgewers se kinderboekkompetisie van 2023 bekroon. Hier lees hy voor uit sy wenboek: Die doodgewone bure.
Wêreldhardopleesdag, 5 Februarie 2025: Chareldine van der Merwe lees voor uit Huisies vir muisies
2025-02-05Chareldine van der Merwe lees voor op Wêreldhardopleesdag! Die volgende boek in hierdie reeks is ook binnekort op die rakke.
Wêreldhardopleesdag, 5 Februarie 2025: Jaco Jacobs lees voor uit Dit is nie ’n boek nie
2025-02-05Jaco Jacobs lees voor op Wêreldhardopleesdag! Hier is ’n voorlesing vir al die kinders en vir almal jonk van gees.
Die fantastiese verdwyning van Charlie Prins deur Jaco Jacobs: ’n resensie deur ’n jong leser
2025-01-24"Die fantastiese verdwyning van Charlie Prins was ’n wonderlike ramp wat ek oor en oor wil beleef."
Die kinder- en jeugliteratuurskryfskool in Wellington: Pieter van Zyl vertel hoe sy boek gebore is
2025-01-24"My ma, Nellie Winifred de Villiers van Zyl, is die rede hoekom ek so graag kinder- en jeugboeke wil skryf. ... Met die vergeetagtigheid wat vir haar al meer ontstellend geraak het, het ek geweet ons tyd is min om ons projek te voltooi. Dis hoekom ek ingeskryf het vir die kinderboekskryfkursus om te slyp aan die manuskrip."
Persverklaring: Die derde kinder- en jeugliteratuurskryfskool is om die draai!
2025-01-23Teen net R2500 per maand kan jy jou skryfdrome vlerke gee en jou naam op boekrakke sien. Die kursus begin Saterdag 25 Januarie 2025.
Goue lint, my storie begint: Die effek van lees op kinders se breine
2025-01-17"Lees is een van die vaardighede wat jou brein kan bemeester wat soms as vanselfsprekend aanvaar word. Ons verwag dit reeds van kinders vanaf sewejarige ouderdom om te kan lees. Maar wat presies gebeur in jou brein wanneer jy lees?"
Cliff-hanger: Gif deur Annerle Barnard en Franco V Heyn
2025-01-13"Dit is nie die eerste keer dat ek ’n boek lees oor die morele en fisieke gevolge van dwelmmisbruik nie, maar Gif stel opnuut belangrike vrae. Het ons as samelewing steroïdegebruik so genormaliseer? Dit is vir my sinvol hoe die boek hierdie etiese grense ondersoek, veral as dit op jonger lesers gemik is."
Huisies vir muisies deur Chareldine van der Merwe: ’n resensie
2025-01-13"Hierdie boek is ideaal vir gebruik in kleuterskole en in die Grondslagfases (graad R tot 3) vir leestyd, veral wanneer kinders nog besig is om te leer lees en ook nie meer op die heel basiese leesvlak is nie. Dit skep ’n goeie trapleertjie na volwaardige leesboeke teen die einde van die Grondslagfase."
Lea gaan skool toe deur Zuléka Smit: ’n lesersindruk
2024-12-17"Menige kinderboek bestaan uit ’n storie in woorde en ’n storie in prente. Albei is belangrik. Prente in kinderboeke is nie bloot mooi tekeninge nie. ’n Goeie kinderboekillustreerder dra aktief by tot die verhaal deur tekeninge weer te gee wat meer doen as bloot die storie hervertel."
Kinderboeke vir die Kerskous
2024-12-13"Die mooiste en lekkerste vakansies hoef nie net te gaan oor wat geëet is, speletjies, uitstappies, wat daai onmoontlike nefies weer dié jaar aangevang het of die familie van oorsee se gawe geskenke nie. Stories en vakansieboeke kan ook deel wees van baie spesiale vakansieherinneringe."
Huisies vir muisies deur Chareldine van der Merwe: ’n onderhoud
2024-12-13"Dit is vir my nogal lekker om oor hierdie storie en tema te gesels, want ek dink almal kan hierby aanklank vind en het hul eie storie oor muise, en meer spesifiek die tandmuis. ... En dan bly dit natuurlik ’n bonus as dit ’n lekker storie is wat kinders kan geniet en binne hul verwysingsraakwerk is."
Goue lint, my storie begint: Kinder- en jeugboeke – film of boek?
2024-12-11"As leser het jy die vryheid van jou eie verbeelding om karakters, plekke en dinge te 'sien' soos jy dink en jou verbeel hoe dit moet lyk ... Die vraag wat eintlik gevra moet word, is watter medium vertel die storie die beste?"
Hierdie is ’n boek oor monsters: ’n onderhoud met Jaco Jacobs
2024-12-09"As skrywer van die boek het ek my bes probeer om hulle op hul plek te sit, maar julle sal self moet lees en besluit of hierdie ’n boek oor feetjies of ’n boek oor, wel, monsters is."
Die Breytenbach Galery se kinder- en jeugliteratuurskryfskool 2025: ’n onderhoud met Mia Oosthuizen
2024-11-29"Aan al die groot probleme in ons land kan ek nie veel doen nie, maar ek kan bydra tot die kind se behoefte aan ’n storie wat met hulle praat. Om dit reg te kry kan ek skrywers touwys maak oor skryf, hul teikenmarkte en die uitgewersbedryf."
Die bok wat sy spring verloor het deur Marleen Lammers, ’n lesersindruk
2024-11-26"In ons huis is daar twee rakke vol kinderboeke wat jong besoekers na hartelus kan uitpak en verken. Wanneer ’n klein leeswetenskaplike dus opdaag met ’n boek wat sy gekies het, neem ek kennis. Ek neem ook kennis van die manier waarop die inhoud ontvang word."
Goue lint, my storie begint: Kunsmatige Intelligensie (KI) en kinderboeke
2024-11-22"Wanneer dit kom by taal en sosiale ontwikkeling, is menslike interaksie uiters belangrik. Interaksie met ’n ouer, waar die ouer die gesprek lei en opvolg met vrae oor die storie, oor die karakters en wat die kind op die bladsy sien en hoe die kind se ervarings vergelyk met die karakters s’n, kan nie deur KI-assistente of KI self vervang word nie."
Die doodgewone bure deur De Wet Hugo: ’n resensie
2024-11-19"Ek is redelik seker dat lesers hulle nie gaan doodskrik, doodgril of doodlag met die lees van Die doodgewone bure nie. Ek is wel doodseker dat hulle hulle nie gaan doodverveel nie, en dat hulle veral die Winterbachs se manewales baie gaan geniet."