Kinderboeke
Kinderboeke vir die Kerskous
2024-12-13"Die mooiste en lekkerste vakansies hoef nie net te gaan oor wat geëet is, speletjies, uitstappies, wat daai onmoontlike nefies weer dié jaar aangevang het of die familie van oorsee se gawe geskenke nie. Stories en vakansieboeke kan ook deel wees van baie spesiale vakansieherinneringe."
Huisies vir muisies deur Chareldine van der Merwe: ’n onderhoud
2024-12-13"Dit is vir my nogal lekker om oor hierdie storie en tema te gesels, want ek dink almal kan hierby aanklank vind en het hul eie storie oor muise, en meer spesifiek die tandmuis. ... En dan bly dit natuurlik ’n bonus as dit ’n lekker storie is wat kinders kan geniet en binne hul verwysingsraakwerk is."
Goue lint, my storie begint: Kinder- en jeugboeke – film of boek?
2024-12-11"As leser het jy die vryheid van jou eie verbeelding om karakters, plekke en dinge te 'sien' soos jy dink en jou verbeel hoe dit moet lyk ... Die vraag wat eintlik gevra moet word, is watter medium vertel die storie die beste?"
Hierdie is ’n boek oor monsters: ’n onderhoud met Jaco Jacobs
2024-12-09"As skrywer van die boek het ek my bes probeer om hulle op hul plek te sit, maar julle sal self moet lees en besluit of hierdie ’n boek oor feetjies of ’n boek oor, wel, monsters is."
Die Breytenbach Galery se kinder- en jeugliteratuurskryfskool 2025: ’n onderhoud met Mia Oosthuizen
2024-11-29"Aan al die groot probleme in ons land kan ek nie veel doen nie, maar ek kan bydra tot die kind se behoefte aan ’n storie wat met hulle praat. Om dit reg te kry kan ek skrywers touwys maak oor skryf, hul teikenmarkte en die uitgewersbedryf."
Die bok wat sy spring verloor het deur Marleen Lammers, ’n lesersindruk
2024-11-26"In ons huis is daar twee rakke vol kinderboeke wat jong besoekers na hartelus kan uitpak en verken. Wanneer ’n klein leeswetenskaplike dus opdaag met ’n boek wat sy gekies het, neem ek kennis. Ek neem ook kennis van die manier waarop die inhoud ontvang word."
Goue lint, my storie begint: Kunsmatige Intelligensie (KI) en kinderboeke
2024-11-22"Wanneer dit kom by taal en sosiale ontwikkeling, is menslike interaksie uiters belangrik. Interaksie met ’n ouer, waar die ouer die gesprek lei en opvolg met vrae oor die storie, oor die karakters en wat die kind op die bladsy sien en hoe die kind se ervarings vergelyk met die karakters s’n, kan nie deur KI-assistente of KI self vervang word nie."
Die doodgewone bure deur De Wet Hugo: ’n resensie
2024-11-19"Ek is redelik seker dat lesers hulle nie gaan doodskrik, doodgril of doodlag met die lees van Die doodgewone bure nie. Ek is wel doodseker dat hulle hulle nie gaan doodverveel nie, en dat hulle veral die Winterbachs se manewales baie gaan geniet."
Elders gesien: Kinderboeke deur kunsmatige intelligensie geskep?
2024-11-04"Gebruik KI vir pret, maar koop vir jou kinders boeke wat deur regte, egte skrywers geskryf en deur regte, egte illustreerders geïllustreer is. Hulle is immers regte, egte lesers wat regte, egte boeke verdien."
Persverklaring: Wil jy bydra tot ’n kinderboek oor Afrikaans?
2024-10-17Ons sal graag ʼn spektrum van stories wil insluit wat iets oor al die vorme van Afrikaans en die wye geskiedenis daarvan vertel – en hopelik iets van die toekoms van Afrikaans wys.
Goue lint, my storie begint: Die impak van tegnologie op kinders en boeke
2024-10-16"Hierdie rubriek vel geen oordeel oor hoe jy verkies om jou leesstof te lees nie. Of hoe jy kies jou kind moet lees nie. Waarvan ouers, onderwysers en almal wat by kinders betrokke is, bewus moet wees, is hoe die gebruik van tegnologie hulle ontwikkeling kan beïnvloed."
Die Meerkat-reeks deur Mart Meij en Beatrix de Villiers: ’n resensie
2024-10-15"Die altesaam 13 stories vir graad 1, 15 stories vir graad 2, en 19 stories of feitestukke vir graad 3 behels leesstukke wat fabels, grappies, feitestukke, advertensies en voorbeelde van aanlyn en/of elektroniese kommunikasie insluit. Praat- en leesaktiwiteite en speletjies tussendeur maak dit makliker vir leerders om leesbegrip in te oefen en dra daartoe by dat nuwe taalvaardighede aangeleer word."
Benru se boomskok deur Felicia Snyman-Du Toit en Die maniese muskietmoles deur De Wet Hugo: ’n gesamentlike resensie
2024-10-14"Tien van die agtien hoofstukke van Die maniese muskietmoles is slothoofstukke. Daar is met ander woorde tien eindes – weliswaar nie almal positief nie, maar wel bevredigend. Sommige van hierdie eindes, hoewel nie oop nie, laat ook steeds ruimte vir interpretasie. Benru se boomskok eindig oop en al wat ek daaruit kan aflei, is dat die verhaal nog nie klaar is nie en daar ’n opvolgtitel sal wees."
Die pad na lesers se harte loop deur hul lagspiere
2024-10-03Jaco Jacobs vertel vir Freek Robinson hoekom hy skryf om kinders te vermaak. Robinson wil ook by Jacobs weet: Hoe weet hy dat hy sy mark verstaan? Pas kinder- en jeugboeke aan by die tye? Is daar genoeg ondersteuning vir skrywers? En: Hoe kry ons kinders weer aan die lees?
Press release: Shortlist Announcement – Otto Foundation Children’s Book Award
2024-10-02The Otto Foundation is excited to reveal the shortlists for its inaugural Children’s Book Award. The award was conceived with the aim to support local publishers, promote new authors and illustrators, and to recognise quality South African storytelling.
Ben en die groot toets deur Zuléka Smit: ’n lesersindruk
2024-09-30"Kinders sal hierdie storie, met die mooiste kleurvolle illustrasies, baie geniet en leersaam vind, en hulle met Ben kan vereenselwig. Hierdie boek is ’n móét vir enige kind wat oor die drumpel stap om die wêreld van klank en lees te betree."
Goue lint, my storie begint: Die mag van volwassenes se boekkeuses vir kinders
2024-09-25"Hoe kry jy ’n kind om ’n boek te lees? Maklik, die oudste truuk in die boek: 'Jy mag nie hierdie boek lees nie. Hoekom? Want ek het so gesê.' Klink dit bekend? Dit is hoe volwassenes mag uitoefen oor boekkeuses vir kinders."
Persverklaring: ATKV-kinderboektoekennings 2024
2024-09-17Die ATKV-Kinderboektoekennings word jaarliks aangebied om die gewildste Afrikaanse kinderboeke wat gedurende die voorafgaande kalenderjaar verskyn het, te bekroon.
Nina-omnibus – Die awesome speurklub deur Elizbè van der Colff: 'n resensie
2024-09-17"Leerders kan ’n paar goeie idees vir entrepreneursdae by Nina en haar klasmaats kry. Lesers sal hulle ook met die gemoedelike onderonsies tussen seuns en meisies en die stryery onder sibbe kan vereenselwig. Ek vermoed hulle gaan ook gril, en ek sal nie verbaas wees as daar koppe ná hierdie storie jeuk nie."
Jani Jonker gloei in die donker deur Fanie Viljoen: ’n resensie
2024-09-17"Humor, sowel as Emily House se illustrasies en kreatiewe tipografie, maak die verhaal toeganklik vir ’n groter teikengroep."
