Jonathan Ball-portaal
Jonathan Ball Publishers was founded in 1976 to publish books of an independent character that enlighten and entertain.
We publish a range of non-fiction titles and specialise in South African politics, current affairs, biography and history.

LitNet: Karoo Book | Boek Bonanza
2012-10-11 An exciting line-up of authors and books awaits you at the Karoo Book Bonanza, presented by LitNet, this Sunday in Beaufort West.Hierdie Sondag word daar by die Karoo Boek Bonanza gesels oor ekokritiek, Haai Karoo en die karretjiemense. Aangebied deur LitNet.
Lokprent: Oorvloed – Stadskos van die Kaap
2012-10-10 Kyk na die lokprent van Marlene van der Westhuizen se jongste kookboek.Bekendstelling van Blywende Woorde
2012-10-09 Kom kuier saam Sylvia de Kock by die bekendstelling van Blywende Woorde, haar jongste versameling dagstukkies vir vrouens wat glo.Nuut by NB-Uitgewers dié Oktober
2012-10-03 Hierdie maand se nuwe NB-boeke dek onder andere die Kaapse kookkuns, hoe integriteit en karakter tot sukses in jou lewe bydra en ’n "verstaan-mans-beter-gids".Boekbekendstelling: Die aanspraak van lewende wesens
2012-10-02 Ingrid Winterbach se jongste roman, Die aanspraak van lewende wesens, is as die 2012 wenner van die Groot Afrkaanse Romanwedstryd aangewys en word op 18 Oktober by The Book Lounge bekendgestel.Open Book 2012: Haai Karoo-bekendstelling
2012-09-27 Tydens die tweede aand van die Open Book-fees in Kaapstad het Etienne van Heerden kom gesels oor sy jongste boek, Haai Karoo, ’n versameling kortverhale uit sy oeuvre.Open Book 2012: Philida-bekendstelling
2012-09-27 André P Brink se tweetalige bekendstelling van sy nuutste slaweroman, Philida, was een van die hoogtepunte van die Open Book-fees in Kaapstad.André P Brink se Philida
2012-09-27 "Philida is ’n versetsroman – maar dit is ook ’n bevrydingsroman. Dit demonstreer wat vryheid beteken, en óók wat aan die kern van baasskap lê."Jan Braai se Vuurwerke
2012-09-27 "Dit is by die vuur waar die koring van die kaf geskei word en met sy nuwe boek wys Jan Braai jou hoe!"Marlene van der Westhuizen se Oorvloed: Stadskos van die Kaap
2012-09-20 Die titel Oorvloed sinspeel op gasvryheid en gulhartigheid ... dit gaan oor die vreugde van lekker eet en samesyn.Kiek-en-fliek: ATKV-Woordveertjies 2012
2012-09-20 Tydens ’n luisterryke en feestelike aand van woorde en wenners is die ontvangers van vanjaar se ATKV-Woordveertjies op Vrydag 14 September by Nooitgedacht net buite Stellenbosch aangewys.Nuwe Stories: Die toekoms van Afrikaanse kortverhale
2012-09-19 Lees 21 splinternuwe kortverhale uit die pen van Afrikaans se mees belowende skrywers jonger as dertig.Haai Karoo deur Etienne van Heerden: Twee boekbekendstellings hierdie naweek
2012-09-18 Etienne van Heerden se kortverhaalbundel Haai Karoo word hierdie naweek by twee geleenthede in onderskeidelik Kaapstad en Stellenbosch bekendgestel.Fotoblad: Nuwe Stories-bekendstelling
2012-09-14 LitNet het die bekendstelling van die Nuwe Stories-kortverhaalbundel in Kaapstad bygewoon.Dié kabouter deurstaan die toets van die tyd saam met (Human &) Rousseau
2012-09-13 In 'n wêreld waar alles anders is as dertig jaar gelede, het Storieman herleef. Naomi Meyer vra vir Leon Rousseau hoe hy weer in 2012 asem in die elf se longe geblaas het.Biko: The biography deur Xolela Mangcu
2012-09-12 ’n Omvattende kyk na die lewe van Steve Biko, sekerlik een van die mees invloedryke politieke figure uit Suid-Afrika se moderne geskiedenis.Fotoblad: Die Neus-bekendstelling
2012-09-11 Deborah Steinmair se Die Neus is op 5 September 2012 in die Book Lounge bekendgestel. Hier is foto’s van Deborah se gesprek met Kerneels Breytenbach en die gaste wat kom luister, kyk en ruik het.Uitnodiging na die boekbekendstelling van Alles wat blink
2012-09-05 Melissa Scharneck se jongste boek, Alles wat blink, word 12 September in Queenstown bekendgestel.Nuut by NB-Uitgewers dié September
2012-09-04 In September bied NB-Uitgewers jou nuwe uitgawes van ou gunstelinge, 'n ondersoek na Suid-Afrika se politieke arena, hoe om die apokalips te oorleef en nog meer.Skrywersvideo: Johann de Lange in gesprek met Joan Hambidge
2012-08-31Johann de Lange gesels met Joan Hambidge oor sy digkuns, die resepsie daarvan en die rol van literêre pryse. Die gesprek draai by dwelms, skryfskole, die rol van die internet op die letterkunde en hoe hy voel om as gay digter getipeer te word.
