In memoriam
Op hierdie blad bring LitNet hulde aan diegene
wat ons lewens geraak het.
On this page LitNet pays tribute to those
who have touched our lives.
In memoriam: Albert Nolan
2022-11-03"Sy onverskrokkenheid blyk daaruit dat hy hierdie hulp verleen het toe stryders met dodelike geweld deur die berugte veiligheidpolisie vervolg is en hulp aan hulle as landsverraad beskou is."
Elders gesien: Eric Nobbs (1954–2022)
2022-10-24"Ek sien nog hoe Eric die middag daar op Nardus se grasperk in Die Adelaar verander, goeie akteur wat hy was. Hoe hy effens vooroor leun en sy arms stadig soos vlerke op en af langs sy lyf begin beweeg, hoe hy sy knieë hoog lig en opstyg."
In memoriam: Leopold Scholtz
2022-10-21"Leopold Scholtz was ’n beskaafde intellektueel wat as sulks onthou sal word deur almal wat met hom saamgestem en met hom verskil het. Mag hy in vrede rus."
Elders gesien: Stem van rede raak stil
2022-10-20"Die heengaan van skrywer-joernalis Leopold Scholtz, voorste historikus en politieke denker, op 74 is nie heeltemal onverwags nie. Tog tref die finaliteit ’n mens hard."
Vlieg hoog, Franci
2022-10-19"Franci het toe nie uit die vliegtuig gespring nie, maar sy het gespring, en haar sprong was groter as wat sy ooit kon gedink het. Sy het gespring tot in die diepste plekke in ons harte en haar nalatenskap sal ons altyd koester."
Elders gesien: Rus in vrede, Franci Swanepoel
2022-10-17"Jy was my ma in die bedryf. My lekkerste lag. My mentor."
Elders gesien: "Wel, Goothbaai, Salie"
2022-09-28Hennie van Deventer bring in sy LitNet-blog hulde aan Salie de Swardt: "Van Salie sou ek by sy skielike heengaan in ’n hotel in Londen hope anekdotes kon uitryg. Hy was by al sy gravitas iemand met ’n onblusbare humorsin. Waar hy was, was luimigheid nooit ver nie."
In memoriam: Marzanne Leroux-Van der Boon (1940–2022)
2022-08-26"Marzanne was ’n skrywer, vertaler, berader, onderwyser en het op verskeie rade gedien. So het sy sinvolle bydraes gemaak tot die samelewing en nogtans ’n redelik-lae profiel gehandhaaf omdat sy sag van aard en wys was. Marzanne Leroux-Van der Boon sal op vele terreine gemis word."
Elders gesien: Hulde aan Piet Egbert Westra
2022-08-18"Hy het ook binnelands die Veiligheidspolisie so ver gekry om hom toe te laat dat sogenaamde verbode literatuur oor die land bestel en opgeneem kon word. Hiervoor is die Albie Sachs Prys in 2010 aan hom toegeken."
Barry Ronge (1947–2022)
2022-07-14Barry Ronge passed away on Sunday 3 July 2022. Shaun de Waal remembers him.
Die "klein mannetjie" met die reusestem
2022-06-24"'Moenie my groter maak as wat ek is nie,' het James Bhemgee, wat hierdie week oorlede is, altyd gekeer wanneer ’n goeie vriend, Rif’at Bowers, hom op die verhoog voorstel. 'Ek is,' sou hy dan byvoeg, 'maar ’n klein mannetjie.' ... Maar die rykheid van James Bhemgee se stem sal onverdoofbaar bly deur die oorgawe waarmee hy die slotreël van 'Nessun Dorma' uitbasuin: 'Vincerò! Vin-ce-rò!' Dit was ongetwyfeld dié 'klein mannetjie' met die reusestem se persoonlike oorwinningskreet."
Die skielike heengaan van James Bhemgee
2022-06-24"James Bhemgee was ’n bekende tenoor in die Kaap wat nooit die hoogtes bereik het waarvoor hy bestem was nie," sê Danie van Wyk, uitvoerende voorsitter van DAK Netwerk.
Huldeblyk aan Matthys Strydom (1935 – 2022)
2022-06-21"Met openingsaande was daar ’n tou voor die deur van gaste wat gretig was om binne te kom. Geen voorskoue is gehou nie en dit het twee weke geduur om die werke te hang en te plaas. Baie van die kunstenaars het ook die openingsaand bygewoon en die wedywering van die gaste om die werk te sien en die eerste te wees om te kan koop, was aansteeklik."
’n Huldeblyk aan Marilyn Martin
2022-05-27"Suid-Afrika se kunsgeskiedenis sal Marilyn Martin huldig vir ’n merkwaardige, selfs revolusionêre, loopbaan wat die bestaande kuns-kulturele hegemonie op sy kop gedraai het. Sy had die persoonlikheid (stylvol en innemend), die kennis (akademies priemend en ondersoekend) en die onverskrokke deursettingsvermoë om politici, ou wit manne, opposisie en toegewyde burokrate te hanteer."
Marianne Strydom is oorlede
2022-05-10"LitNet het ’n stille medewerker verloor. Marianne Strydom het Estelle Kruger bygestaan in die skep van tientalle blokraaie."
Daar is ’n gat in ons koerant en in ons lewens: Fred Mouton is weg
2022-05-06"Toe ek die man met die wonderlike talent vir pikturale humor uiteindelik ontmoet, was ek so oorstelp dat ek hom 'Meneer' en 'u' noem, al sê hy 'Nee man, ek is Fred.'"
’n Boodskap oor Dawie de Villiers se heengaan
2022-04-26"Dawie se lag was aansteeklik en sy humor sonder ophou. Maar ook sy energie en persoonlike gesondheidsbeoefening was voorbeeldig. Dawie was te alle tye ’n ware leier wat niks vir homself gevra het nie."
Johan van Wyk was elusive, mercurial
2022-04-21"What I found so wonderful about Johan was his mixture of innocence and, to quote John Nankin, his Wikipedia brain. Working with him taught me not only to trust my instincts, but to work with precision and always remain open to chance. Playfulness."
Awie Badenhorst, die eksentrieke wetenskaplike
2022-04-19"Hy kon die meeste groenes se swak wetenskaplike kennis nie verduur nie, maar hy het baie deeglik verstaan dat ons besig is om die aarde op neuk met die manier waarop ons gasse in die lug stoot wat die atmosfeer verhit. Vir die ontkenners, soos Donald Trump en ander wat nie eens die wetenskap probeer verstaan nie, was sy geduld nog minder as vir die groenes."
Rhoda Kadalie, ’n dapper vrou
2022-04-19"Sy was ’n intellektuele reus en was diep bekommerd oor alle Suid-Afrikaners en het nooit haar komvandaan ontken nie. Sy het ’n passie vir die onderwys gehad en was teleurgesteld dat die ANC-regering gefaal het om ’n werkbare en volhoubare onderwyssisteem daar te stel wat met die res van die wêreld kan meeding."