In memoriam
Op hierdie blad bring LitNet hulde aan diegene
wat ons lewens geraak het.
On this page LitNet pays tribute to those
who have touched our lives.
In memoriam | Cormac McCarthy (1933–2023)
2023-08-31"As jy jou nog nie in McCarthy se onherbergsame, wrede landskappe ingeleef het nie, het jy nog nie Amerika se grootste skrywer ervaar nie."
Elders gesien: Angie Oeh | “Rus sag, my fellow Moot-kind,” skryf Peach van Pletzen
2023-08-22"Die lewe is brutal maar dis ook beautiful. Nes jy Angie. Jy was ’n flikker, ’n beam vir die misfits en ons het jou gesien. Jy het seker gemaak van dit. Jy het die wêreld gegryp en jy het jou merk gemaak."
Laaste hulde aan Dan Sleigh
2023-08-17Die skrywer Dan Sleigh is op 29 Julie 2023 oorlede. LitNet plaas – met toestemming – huldeblyke en foto’s deur familie en vriende. (Uit die skrywes sou mens kon aflei dat Dan Sleigh se grootwordjare en sy vroeë blootstelling aan ’n VOC-baken op die plaas waar hy gebore is, dalk die inspirasie kon wees vir sy volgehoue belangstelling, navorsing en skrywes oor die Suid-Afrikaanse geskiedenis.)
Persverklaring: Johaar Mosaval was ’n legende in eie reg
2023-08-16As Suid-Afrikaners was ons bevoorreg om hierdie balletlegende van Distrik Ses ons eie te noem: Die eerste swart balletdanser wat by die Royal Ballet aanvaar is, wat gedans het by die kroning van wyle koningin Elizabeth II in 1953.
’n Huldeblyk aan Kelvin Singini, voorheen kelner by Asta in Stellenbosch
2023-08-01"jy was ’n kelner
wat my soms bedien het
’n vreemdeling
uit ’n vreemde land"
Elders gesien: ’n Een-keer-in-’n-leeftyd-mens
2023-07-20"Ek hoop daar wag vir jou ’n Vespa in die hemel, Johan. Kry jou eendag daar, dan gaan ons vir ’n koffie. Gepraat daarvan, die hemel gaan nooit weer dieselfde wees nie. Die aarde ook nie."
Johan Jack Smith, die stil man wat ander laat skitter het
2023-07-18"As daar omstredenheid was, het Johan pa gestaan. As daar eer uitgedeel is, het Johan rojaal daardie eer op ander gesprinkel. In talle onderhoude prys hy die vryskutters en sy lojale span medewerkers."
Persverklaring: Johan Jack Smith se afsterwe laat ’n groot leemte
2023-07-18Johan is aanvanklik as boekeredakteur by Taalgenoot aangestel, waarna hy die assistentredakteurspos beklee. Johan dien sedert die middel van 2016 as redakteur van Taalgenoot en onder sy leierskap is hierdie publikasie verskeie kere bekroon.
In memoriam: Viktoria Amelina
2023-07-04"PEN Ukraine berig met leedwese dat die Oekraïense skrywer Viktoria Amelina beswyk het aan beserings wat sy opgedoen het op 27 Junie 2023 tydens ’n Russiese missielaanval op ’n restaurant in Kramatorsk. Sy was 37."
Seen elsewhere: The news of Eusebius McKaiser’s passing is utterly devastating
2023-05-30"He challenged us as a country and individually, to think and write and reason and argue better, and to be better."
Elders gesien: Stalmaat en boekeman, George Louw
2023-05-08"Die bome tuimel nou vinnig in die bos van kollegas in die 80-plus-kategorie. Die jongste is George Louw, ’n uitgewer, digter, dramaturg en joernalis van formaat, wat in die Milnerton Mediclinic aan ’n hartaanval oorlede is."
Hulde aan wyle Martie Preller: Sy het gedoen wat sy moes doen
2023-03-09"Afrikaanse kinder- en jeugliteratuur se Martie se stem is stil, maar haar stories en karakters leef voort."
Simone Cilliers Jonker (1957–2023): ’n Brief vir Simone
2023-02-09"Om haar te ken, het my laat besef dat die stereotipering van die romantiek rondom digterskap ’n verbeeldingsvlug is; dat pyn nie verromantiseer moet word nie; en dat die poësie ’n genadelose muse is wat sy eie slagoffers (en weeskinders) nalaat."
Jeff Beck – jukskeibreker en virtuose kitaarspeler dood aan breinvliesontsteking op 78-jarige ouderdom
2023-02-07"Geen wonder dat van die grootste kitaarspelers in rock sy lof besing nie – The Edge, David Gilmour, Slash, Brian May en selfs John Frusciante (Red Hot Chili Peppers) om maar ’n paar te noem. Selfs Clapton erken dat sy benadering tot die elektriese kitaar totaal uniek is."
Die Groot Wit Hoop. Gerrie Coetzee en die siel van die swaargewig.
2023-02-06"En dis al wat ooit eintlik tel."
Simone Jonker: uiteindelik net liefde
2023-02-03"Dalk gee Gert Vlok Nel die antwoord in sy boodskap op Simone se Facebook-profiel, waar (haar dogter) Margarita haar heengaan aangekondig het: 'Simone, uiteindelik net liefde.'"
Obituary: Frene Ginwala – ANC loyalist and friend to an important overseas audience
2023-01-20"Dignified to the last is how she will be remembered."
Piet de Jager, in memoriam
2023-01-17"As jy by Piet was, is daar baie gelag. Hy het so baie genot uit die lewe geput en was altyd gereed met ’n grappie."
Prof Christo Viljoen: Denkleier, ingenieur en kultuurmens
2023-01-16"Miskien was sy intellek vir my vanselfsprekend; wat my egter sal bybly, is die mate waarin hy op hoogte gebly het van nuwe verwikkelings, en die ouwêreldse menslikheid en warmte waarmee hy opgetree het."
In memoriam: Oom Adriaan Vlok
2023-01-09"Dit is moeilik om te glo dat daardie sagte man wat vir my die kardeur oopgemaak het, vroeër jare vrees ingeboesem het."
