In memoriam
Op hierdie blad bring LitNet hulde aan diegene
wat ons lewens geraak het.
On this page LitNet pays tribute to those
who have touched our lives.
Skoon wasgoed: Hoeke man hy was, JC Steyn (1938–2021)
2021-09-22"My klein ervaring van hierdie groot gees was soos ’n beskaafde minuut in ’n treinwa onderweg, toe die son vir ’n onbewaakte oomblik helder en ontblotend oor ’n medereisiger skuif, en daarna skaduwee."
Pieter Fourie: woordsmid en teatermaker
2021-09-15"In sy lewe en sy kuns was Pieter Fourie by uitstek die toegewyde vakman, ’n katalisator vir verandering en ’n belangrike argitek van ’n nuwe bestel vir die Afrikaanse toneel. En ons is die dankbare erfgename daarvan."
Die proponentjie ’n entjie uit die vergetelheid ontruk
2021-09-14"Sedert Shaleen Surtie-Richards se voortydige afsterwe enkele maande gelede al, soek ek die teaterprogram van Kruik se opvoering in 1986 van Die proponentjie, Pieter Fourie se toe nuutgeskrewe klug wat uit Kaapstad die platteland vol getoer het."
Elders gesien: John Shelby Spong is oorlede
2021-09-14"Hy was ’n leidende en geliefde stem in die progressief-liberale Christendom, maar ook gevrees en gehaat in fundamentalistiese groeperinge."
"Een lang vervloeien in een strak gebogen glans vlietend uit": Over de lyriek van Eddy van Vliet
2021-09-14"Beste Afrikaanse lezer, maak kennis met de Vlaamse dichter Eddy van Vliet (1942–2002). Volgend jaar zal het twintig jaar geleden zijn dat de schrijver na een slepende ziekte overleed."
Huldiging aan Pieter Fourie (3 April 1940 – 12 September 2021)
2021-09-13"Retrospektief beskou, het Fourie inderdaad sy kunstenaarskap op soveel terreine met uitsonderlike artistieke insig, deursettingsvermoë en durf gestand gedoen. Sy stem in die Afrikaanse teater sal nooit uitgedoof kan word nie."
Lesse as teaterresensent van Pieter Fourie geleer
2021-09-13"Die ontslape dramaturg Pieter Fourie het my een van die beste lesse van my loopbaan as teaterresensent geleer."
Huldigingswoord aan Jaap Steyn – vanaf Departement Afrikaans en Nederlands, Duits en Frans, UV
2021-09-10"Jaap Steyn se kollegas het nie net ’n kollegiale verbintenis met hom gehad nie, maar ook ’n vriendskaplike verhouding. Ons vier dus ook Jaap Steyn se bydrae in Afrikaans en sy nalatenskap as mens."
Elders gesien: Jaap Steyn – "Afrikaans het ’n groot seun verloor"
2021-09-07"NALN se gange weergalm van stilte – sy plekkie in die leeskamer is leeg."
Jaap Steyn – ’n huldiging
2021-09-07"Ek is hartseer oor die heengaan van ’n mens met ’n groot intellek en ’n troue hart; maar ek is ook dankbaar vir die verryking wat hy deur sy geskrifte en sy menslikheid in my lewe en die lewens van baie ander gebring het."
’n Persoonlike huldeblyk aan Jaap Steyn
2021-09-06"Afrikaans het ’n paar groot biograwe, van wie Jaap Steyn een was."
Koos Oosthuysen (1933–2021): Vertaler van veelvoud
2021-09-03"In mý vertalingkop is Koos Oosthuysen die laaste van die heel grotes." – Antjie Krog bring hulde aan Koos Oosthuysen, vertaler van kerkliedere en die 1996-Xhosa-bybel, wat op 26 Augustus 2021 oorlede is.
Huldeblyk aan Herman Bailey
2021-07-29"Herman se lewe is ’n dokument vir die stryd wat bruin mense gevoer het om selfbeskikking."
Herman Bailey, man van krisante en wyn
2021-07-27"Herman Bailey en sy vrou Carol was geliefde mense en ware staatmakers. In Wellington kon jy nêrens ongesteurd saam met hulle beweeg nie."
Naledi bring hulde aan Rosa Smit
2021-07-22Dit is met groot hartseer dat ons by Naledi verneem dat Rosa Smit oorlede is.
Pieter Wagener was ’n renaissance-persoon
2021-07-16"Ek was bevoorreg om hom iewers in 2009 te ontmoet. Ek het gereeld by hom koffie gedrink as ek in die omgewing van Fort Beaufort was."
DH (Heinie) Heydenrych (1938–2021)
2021-07-13Die akademikus en navorser Heinie Heydenrych is op 5 Junie 2021 in Pretoria oorlede. Johann Lodewyk Marais bring hulde aan hom.
Herinneringe aan Petra
2021-07-02"As my kollega by Tafelberg-Uitgewers was sy vir my Petra Grütter. Met haar publikasies: Petra Müller."
In memoriam: Abel Pienaar
2021-07-02"Hy het daarin geslaag om die skanse van die eens onaantasbare dogmas wat as die absolute waarheid voorgehou is, te bevraagteken en af te breek sonder om te verwag dat mens moet saamstem met alles wat hy sê."
My wakkerwordpad saam met Abel Pienaar
2021-07-01"En vandag het die boek aangekom – ’n kosbare geskenk ... Saam met – net ’n uur of wat daarna – die skokkende nuus van Abel se dood."
