Feeste
Articles about festivals in South Africa and abroad
Toyota US Woordfees 2022 Instagram-opmerkings: Tiek ons boksies in kinderboeke?
2022-10-11"Gerekende resensent Magdel Vorster tree in gesprek met ’n paar uitlopende skrywers wat nie skroom om wél moeilike onderwerpe, inklusiewe karakters en tematies uitdagende tekste die wêreld in te stuur nie."
Toyota US Woordfees 2022 Instagram-resensie: Concerning the life of Babyboy Kleintjies
2022-10-11"Na afloop van die laaste kleedrepetisie voor die fees begin, sit Fugard tjoepstil in sy regisseurstoel. Hy is duidelik aangedaan. ’n Bittersoet oomblik."
Waar word Afrikaanse teatertalent raakgesien? ’n Onderhoud oor die ATKV-Tienertoneel-wenners 2022
2022-10-10"Die lys is te lank om te noem, maar gesels met enige Afrikaanse aktrise of akteur wat nou sy of haar voete op die planke het of voor die kamera speel. Hulle sal vir jou almal noem dat ATKV-Tienertoneel die teelaarde vir hul talent en beroep was."
Toyota US Woordfees 2022: ’n onderhoud met Beyers de Vos oor Die Suid-Afrikaners
2022-10-10"Daar is vir my ironiese spanning tussen 'Ek wil Afrikaans wees' en 'Ek wil nie in Suid-Afrika wees nie', en ek wou daai spanning verken."
Persverklaring: Momentum Beleggings Aardklop-program om af te laai (Pretoria, Linden en Potchefstroom)
2022-10-07Die Aardklop-fees is in volle swang! Klik hier om die feesprogramme vir die onderskeie feesterreine af te laai.
’n Bedrywige Woordfees vir Paula Fourie met Taliep, Babyboy Kleintjies en Athol
2022-10-06Paula Fourie is betrokke by twee van die prominentste aanbiedings op vanjaar se Toyota US Woordfees: haar boek Mr Entertainment – the story of Taliep Petersen word bekend gestel, en haar en Athol Fugard se drama Concerning the life of Babyboy Kleintjies debuteer by die fees. Melt Myburgh het met haar gesels.
Toyota US Woordfees: Wilken Calitz oor sy verwerking van Prente by ’n uitstalling
2022-10-06Wilken Calitz vertel vir Izak de Vries hoe hy hierdie projek aangepak het.
Toyota US Woordfees 2022: ’n onderhoud met Johann Kriegler oor Sydney Kentridge
2022-10-06"Min van ons sal ooit die hoogtes van ’n Kentridge bereik, maar iedereen het op haar of sy weg daagliks keuses om te maak. Die kwaliteit van ons regstelsel, eintlik van ons hele staatsbestel, hang uiteindelik af van die kwaliteit van die burgery. Miskien het Jan Brand dit reg opgesom: Alles sal regkom – as elkeen sy plig doen."
Toyota US Woordfees 2022: ’n gesprek met Tom Dreyer oor Kodachrome, optiese instrumente en die filmiese oog
2022-10-06"Stories is verdikkings in die stroom van die tyd, tydelike eilande van betekenis, en dis dalk die beste waarop ons kan hoop."
Etienne van Heerden Veldsoirée: Days like this
2022-10-06"Yes, every now and again, you curate the most perfect book festival imaginable. And the Etienne Van Heerden Veldsoirée over the Heritage Day weekend was one such festival. With BookBedonnerd a month away, I'm worried we might have peaked too early."
Persverklaring: Top internasionale jazzensemble vanaf Munich in Suid-Afrika, ook by Toyota US Woordfees
2022-10-05Ter ere van die legendariese Charles Mingus se 100ste verjaarsdag, sal plaaslike aanhangers bevoorreg wees om te kan luister na die uitvoering van sy suite "The Black Saint and the Sinner Lady" en ander komposisies deur ’n groep internasionale jazzmusikante vanaf Duitsland, Mongolië, Oostenryk en die VSA.
Etienne van Heerden Veldsoirée: Elise Bishop oor Twee lewens
2022-10-05Die Etienne van Heerden Veldsoirée het van 23 tot 25 September 2022 op Cradock plaasgevind. Elise Bishop het met Izak de Vries gesels oor haar outobiografie Twee lewens.
Die Etienne van Heerden Veldsoirée deur Johan Kotze se lens
2022-10-05Die Etienne van Heerden Veldsoirée het van 23 tot 25 September in Cradock plaasgevind. Johan Kotze was daar en deel sy gunstelingfoto’s.
Toyota US Woordfees 2022: ’n onderhoud met Johan de Villiers van die Libertaskoor
2022-10-03"Deur instudering van ’n koorstuk word die sanger se DNS ... ten diepste binnegedring deur die ritmes en melodieë van die musiek, tesame met die meegaande tekste. Om dit uiteindelik voor ’n gehoor te sing is onvergelykbaar bevredigend, deels ook vanweë die dikwels oorrompelende wisselwerking tussen die koor en hulle luisteraars."
Toyota US Woordfees 2022: ’n onderhoud oor ’n Akkerboom
2022-09-30"Die kunstenaar suggereer met woorde, en ’n glas water verander in ’n akkerboom in jou kop. Die stuk gebruik hierdie idee om ’n storie te vertel van verlies deur die wortel van rolspel en die krag van woorde te ondersoek."
Franz Marx: Uit die perd se bek deur Chris Vorster: persoonlike herinneringe en foto’s
2022-09-29Chris Vorster se boek oor Franz Marx, Uit die perd se bek, word op 12 Oktober 11:00 by die Toyota US Woordfees bekendgestel. Die item heet “Die private Franz Marx”. Annalize Marx Hills, ’n familielid van Marx, deel met die familie en familievriend se toestemming haar eie en hulle persoonlike herinneringe aan die mens Franz Marx.
Toyota US Woordfeesprogram 2022
2022-09-28Klik hier om die volledige Toyota US Woordfeesprogram 2022 in PDF-formaat af te laai. Die volledige boekeprogram is ook hier beskikbaar.
Persverklaring: Tien tekste uit KKNK Teksmark word verder ontwikkel
2022-09-27Teksmark is van 24 tot 26 Augustus by die Baxterteater in Kaapstad aangebied en kon gratis deur belangstellendes bygewoon word. Altesaam 22 skrywers het hul teksidees voorgelê en 90 akteurs en regisseurs het deelgeneem om uittreksels uit elk van die tekste as leesteater aan te bied.
Buit: ’n onderhoud met Dibi Breytenbach
2022-09-27"Die skryf van Buit was tot ’n baie groot mate vir my ’n herkalibrering van my Afrikaanskap. Ek dink dat die pennie, soos die Engelse sê, na ’n geleidelike ontwaking vir die eerste keer behoorlik gedrop het dat ek ook ’n deel van hierdie kontinent is. Hoe meer ek geskryf het, hoe kwater het ek geword. Vir die eerste keer het die diepte van die skade wat deur kolonialisasie aan die kontinent aangerig is en steeds aangerig word, tot my merg deurgedring."
Suid-Afrikaanse samelewing weer eens by ’n kruispad: Gesprekke by die Etienne van Heerden Veldsoirée
2022-09-26"In die laat jare tagtig het Suid-Afrika gesteier. Ons land was finansieel in ’n gemors, en die samelewing was vasgevang in ’n brutale geweldsklimaat. Uit daardie dryfsand het leiers verrys wat ’n verskil sou maak."
