Persverklaring: Mixtape van die liefde is Woensdag by die KKNK!

  • 0

Foto: Suidoosterfees

Absa Burgersentrum
05 April 2023 10:00
R180 - R210
Tydsduur: 60

Kaartjies by https://www.webtickets.co.za/v2/Event.aspx?itemid=1524774092

Mixtape van die liefde is ’n feesviering van presies hoe ons liefhet, verloor, treur óf hals-oor-kop bemin; die stories wat Suid Afrika uniek maak.

Wie beter om hierdie stemme vir gehore te bring as Jana Cilliers, Mathys Roets, Anna Davel, Christo Davids, Stephanie Baartman, Laurinda Hofmeyr en Leon Gropp?

Mixtape van die liefde, ’n digbundel saamgestel deur Antjie Krog, is ’n mengelmoes van álles wat die liefde is. Liefde is soms morsig, meestal misterieus, en maak mense dikwels mallerig. Dit bevat stemme van diverse Suid-Afrikaanse digters. Dit reik oor temas, kultuurgroepe en generasies heen, maar op die ou end word almal van ons omgedolwe, platgetrek óf opgehef deur die liefde. Die musikante en akteurs is perfek gekies om hierdie gedigte vlerk te te gee en ook om hierdie diversiteit  in die skrywers en temas te weerspieël. Die teks is ’n verwewing van die verskillende tipes liefdes en versugtings wat Suid Afrikaners se uiteenlopende verhale saambind en dit word vertel in die landskap van ons komplekse herkoms.

Antjie Krog se meesterlike samestelling van liefdesgedigte gryp aan, ontroer en oorbrug grense.

  • Konsep & Vervaardiging deur: Momentum Beleggings Aardklop produksies – Alexa Strachan
  • Samestelling: Anna Davel na die bloemlesing saamgestel deur Antjie Krog
  • Regie: Anna Davel
  • Moontlik gemaak deur: NATi + Aardklop
Lees ook:

Mixtape van die liefde kan die vreugde van gedigte vir tieners oopsluit

Om lekker boeke vir die klaskamer te maak

  • 0

Reageer

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Kommentaar is onderhewig aan moderering.


 

Top