ATKV-Skryfskool by vanjaar se Etienne van Heerden Veldsoirée

  • 4

Voornemende skrywers kan solank hulle dagboeke skoonmaak, want van 22 tot 24 September 2023 gaan die ATKV-Skryfskool tydens die Etienne van Heerden Veldsoirée in Cradock aangebied word.

Hans du Plessis (prosa) en Bernard Odendaal (poësie) sal die skryfskool aanbied.

Enigeen wat daarin belangstel om deel te neem, kan solank hulle name en kontakbesonderhede aan Die Tuishuise & Victoria Manor verskaf deur (048) 881 1650 te bel. Die organiseerders sal dan kontak maak en details verskaf.

Talle bekende skrywers gaan deelneem aan vanjaar se Etienne van Heerden Veldsoirée. 

Die program | The programme: Etienne van Heerden Veldsoirée, 22–24 September 2023

Bespreek sommer nou reeds jou akkommodasie by Die Tuishuise & Victoria Manor of Buffelshoek Dirosie Lodge.

Die Tuishuise & Victoria Manor

Buffelshoek Dirosie Lodge

  • 4

Kommentaar

  • Tosca de Villiers

    Dit is regtig goeie nuus! Die naam bly voortbestaan en die ATKV-Skryfskool is nie meer plekgebonde nie. Moet erken ek het dit altyd met Potchefstroom geassosieer en dit is - eintlik was - vir my hartseer dat dit nie meer daar gesetel is nie. Maar tye verander en mense pas aan.

  • Reageer

    Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Kommentaar is onderhewig aan moderering.


     

    Top