Resensies
Kenners resenseer die jongste boeke.
Experts review the latest books.
Het jy ’n boek gelees waarvan jy ander lesers wil vertel? Stuur jou indrukke na lesersindruk@litnet.co.za en besoek hierdie bladsy vir nog inligting.
Oor en weer deur Trisa Hugo en Analize Viljoen, ’n lesersindruk
2021-06-01"Dié twee karakters is iets vars in Afrikaanse literatuur. Ons almal ken iemand wat getroud was en nou borrelend baljaar tussen die vrouelywe."
Fractal: A tale of three interventions deur Helmut Meijer, ’n lesersindruk
2021-06-01"Vryheid is suksesvol net indien die verantwoordelikheid daarvan gehandhaaf word. Hoe en deur middel waarvan hierdie lewensriglyne verkry word, is onbeperk en vry. Antieke Hebreeus het vir Helmut hierdie waarheid oopgebreek."
Rooiborslaksman deur Marinda van Zyl: ’n FMR-resensie
2021-05-31"Die skrywer se navorsing is omvattend en goed geïntegreer by die res van die verhaal. Van Zyl se skryftalent is onmiskenbaar."
’n Hart is so groot soos 'n vuis deur PP Fourie: ’n resensie
2021-05-27"Die rede waarom hierdie spesifieke vertelling oor ’n dronk pa en mishandelde ma en opgemorste seun uitstaan, is dat Fourie musiek maak met die taal en met die verhaal (en sekerlik is sy vertaler, Marius Swart se bydrae hier baie belangrik!). Daarin lê die boeiende van hierdie boek."
The boy who never gave up: A refugee’s epic journey to triumph by Emmanuel Taban – reader impression
2021-05-27"The boy who never gave up is a book that I could not put down. Apart from being the story of a teenager’s epic journey through Africa, it is also an inspiring book, a book of hope. I would not at all be surprised to see the story of this famous doctor one day being turned into a film."
Banting: 7 day meal plans: reader impression
2021-05-26"The meal plans include dairy-fee, basic, budget and seven-day options. They also include inspirational testimonials from people of all walks of life and income brackets who successfully follow the Banting lifestyle, and the book serves as an easy-to-follow guide."
The madhouse deur TJ Benson: ’n resensie
2021-05-24"The madhouse is ’n ervaring. ’n Greep uit die geskiedenis. ’n Sprokie met skop."
Die vyfde slag deur Johann Grobbelaar: ’n resensie
2021-05-24"Vyf motiewe weerklink in Johann Grobbelaar se Die vyfde slag: seksualiteit en seksisme, verraad en verkragting, en ten laaste liefde. Dit sluit natuurlik aan by die unieke vyfnootmotief van Beethoven se vioolkonsert in D opus 61, vandaar die titel van die boek."
Emigreer of bly: Is die gras werklik groener aan die ander kant? deur Stephan Joubert: ’n lesersindruk
2021-05-20"Die ongemaklike onderwerp van emigrasie is ’n goeie onderwerp om boeke oor te skryf. ’n Onderwerp wat sekerlik nooit uitgeput sal kan raak nie."
Lockdown recipes & stories: ’n lesersindruk
2021-05-19"Dié kookboek is tjokkenblok vol resepte en motiverende stories deur bekendes, sjefs en tuiskokke. Dit is ’n viering van ons Suid-Afrikaners se veerkragtigheid en hoopvolle gesindheid gedurende en ten spyte van die nasionale grendeltyd."
Shaping Addo by Mitch Reardon: reader impression
2021-05-14"I thoroughly enjoyed reading Shaping Addo. Reardon writes both knowledgeably and entertainingly about the history of the park as well as its current endeavours."
Raaiselsee deur Troula Goosen: ’n jonglesersindruk
2021-05-12"Raaiselsee het my van die begin af ingetrek en ek kon nie ophou lees nie."
An illuminated darkness by Jacques Coetzee: a review
2021-05-12"But beyond the good that this means for visually impaired readers and the South African publishing industry, the collection’s poems are worth their own engagement. To me, the poems’ most interesting elements come from their portrayal of various humans’ attempts to relate to one another earnestly."
Op soek na Saartjie deur Dominique Malherbe: ’n LitNet Akademies-resensie-essay
2021-05-06"Op soek na Saartjie is nogtans nie ’n boek sonder meriete nie. Sarah Goldblatt se verhaal is seer seker die moeite werd om te vertel. Sy was ’n besonderse persoon uit eie reg."
Versamelde dramas – NP Van Wyk Louw: ’n LitNet Akademies-resensie-essay
2021-05-05"Die waarde van ’n versamelbundel van NP Van Wyk Louw se dramatiese werk 50 jaar na sy afsterwe is juis geleë in die terugblik wat ons kan werp op hierdie oeuvre van hom met behulp van ’n volledige stel van sy werke in een publikasie."
Stilspraak: Strijdom van der Merwe en landkuns deur Carina van der Walt: ’n resensie
2021-05-05"Van der Merwe se oeuvre is indrukwekkend, iets wat die boek weergee. Dit wys die magdom werk wat die kunstenaar tot op hede gedoen het, meestal plekspesifiek."
Karoofossiele: Suid-Afrika se eerste landdiere deur MA Cluver: ’n lesersindruk
2021-05-05"Dat die skedels van diere wat miljoene jare gelede gelewe het, tot vandag toe nog in die natuur behoue gebly het, is uit eie reg ’n wonder. ’n Wonder soos die lewe self."
By the fading light by Ashraf Kagee: a reader impression
2021-05-04"By the fading light is a book to be read and reread. To remind us of where we were as a country. To savour the language. To laugh. But mostly to stare misty-eyed into the distance."
Roman North Africa: Environment, society and medical contribution deur Louise Cilliers: ’n resensie
2021-05-04"Kennis van die Klassieke tale, geskiedenis en kulture verryk en verruim ’n mens se leefwêreld. Dit plaas van ons eietydse vraagstukke in historiese perspektief, en verskaf insig op talle terreine. Die Romeins-Hollandse regstelsel het immers ook aan die suidpunt van Afrika ’n voetspoor gelaat, en van die tale wat in Suid-Afrika gepraat word, is direk of indirek deur Latyn beïnvloed."
Dinge van ’n hond deur SP Benjamin, ’n lesersindruk
2021-05-04"Dinge van ’n hond het ook nie ’n regte tyd om gelees te word nie. Dit is ’n vuishou wat lankal wag om te tref."
