Resensies
Kenners resenseer die jongste boeke.
Experts review the latest books.
Het jy ’n boek gelees waarvan jy ander lesers wil vertel? Stuur jou indrukke na lesersindruk@litnet.co.za en besoek hierdie bladsy vir nog inligting.
Moerbuityd stel Daleen Maas se vakmanskap deeglik ten toon
2009-06-02 Die bui is moerig, beangs en verward. Vianne gaan deur ’n krisis, hoofsaaklik weens haar frustrasie veroorsaak deur die onvermoë om haar senutoestand en fragiele geestesgesondheid te verstaan.Met vreemde karakters en intriges sal Harde woorde jou tyd opslurp
2009-05-27 Harde Woorde, deur die veelsydige en veelbekroonde skrywer Francois Bloemhof, is ’n speurverhaal met ’n kinkel.Vaalheid oorheers in Dolf van Niekerk se teleurstellende Lang reis na Ithaka
2009-05-27 Digterlike en filosofiese strewe gee aan die bundel ’n Zen-kwaliteit: deur hunkering, verlange en pogings om teengesteldes te versoen bereik die soekende, swerwende digter ten slotte ’n aanvaarding van die absolute stilte.Die panorama in my truspieël voorspel tot sterk bundel
2009-05-13 Daniel Hugo beklee ? uitsonderlike posisie binne die Afrikaanse digkuns. Hy het veral die vernufsvers ontgin en besondere hoogtes bereik met die limeriek, die speelse vers en slim toespeling.Vernuwing ontbreek in Louis Krüger se Wederkoms
2009-05-13 Louis Krüger se nuwe roman, Wederkoms. Die lewe en geskiedenis van Jannes Hoop, het my dadelik aan Jochem van Bruggen laat dinkDanie Marais se Al is die maan 'n misverstand: Verset teen die kanon of ʼn oefening in prosa-poësie?
2009-05-04 Danie Marais se nuwe digbundel het as titel Al is die maan 'n misverstand - gedigte.Joan Hambidge se Vuurwiel: verse wat skroei uit die hart
2009-04-30 Hierdie koeplet is beslis nie op Hambidge se eie digterskap van toepassing nie.In limbo: Twee Nagtegaals tref die kol
2009-04-16 Sit ’n helmet op voor jy In limbo lees. En, manne, dra ’n boks, anders gaan jou knaters dit nie hou nie. Jy’s gewaarsku. Hierdie boek tref hard, maar dit is die pyn werd.Die energie en die chaos van die lewe treffend vervat in PG du Plessis se Fees van die ongenooides
2009-04-15Fees van die ongenooides handel in hoofsaak oor die wel en wee van 'n uitgebreide Vrystaatste familie, die Van Wyks, tydens die Anglo-Boereoorlog.
