Resensies

Kenners resenseer die jongste boeke.
Experts review the latest books.

Het jy ’n boek gelees waarvan jy ander lesers wil vertel? Stuur jou indrukke na lesersindruk@litnet.co.za en besoek hierdie bladsy vir nog inligting.

Plaasmoord: Dis ’n bliksem van 'n boek

Izak de Vries 2009-11-26 Karin Brynard het met ’n moerse donderslag die Afrikaanse letterkunde betree. Plaasmoord is dik, dis spannend en dit lees lekker. Ek het by tye my ander werk afgeskeep omdat ek nie kon wág om weer by haar karakters uit te kom nie.

Santa Gamka dra by tot die literêre diskoers rondom postapartheid

Annemarié van Niekerk, Annemarié van Niekerk 2009-11-26

Toring se baai deur E Kotze: &rsquo'n voorreg om te lees

JB Roux 2009-11-25 ’n Plek is nie ’n plek sonder sy inwoners nie: dit is eintlik ’n storie oor die ménse van Toring se baai hierdie.

Louise Viljoen se Ons ongehoorde soort boeiend en stimulerend

Heilna du Plooy Academic research 2009-11-25 Ons ongehoorde soort Louise Viljoen SUN PReSS, Stellenbosch Sagteband 240 bladsye R175 ISBN: 9781920109981 Louise Viljoen is nie net ’n erkende en gerekende akademikus nie, sy word ook allerweë beskou as ’n kenner van die poësie in die algemeen en van die werk van Antjie Krog in besonder. Sy is bekend as iemand wat goed […]

Ilse van Staden se Tafel vir twee sal jou bybly

Gerda Taljaard-Gilson Resensies 2009-11-19

Dit is verblydend dat daar nog uitgewers is wat bereid is om boeke te publiseer wat iets aan die leser se verbeelding oorlaat, waar die leser nie onderskat word en alles met meedoënlose redigering uitgespel word nie.

Carina Stander se woud van nege en negentig vlerke:’n reis van verbeelding en vernuf

Catrina Aldrich 2009-11-17 In haar nuwe digbundel, woud van nege en negentig vlerke, voer Carina Stander haar lesers mee na ’n wye verskeidenheid landskappe, weerstoestande en stemmings

Lammervanger: Boeiende roman oor keuses en kwesbaarheid

Malene Breytenbach 2009-11-12 Lammervanger, ’n roman deur Frans van Rensburg, uitgegee deur LAPA Uitgewers, maak gebruik van interessante tydspronge van die verlede na die hede, asook spronge van die aardse wêreld na die wêreld van die dooies.

Gister is 'n ver land: Om tydelikheid te probeer deurgrond

2009-11-12 “In my lewe was daar nooit permanensie nie, net ’n lang verblyf” – só sê die hoofkarakter Maureen Sneddon Barnard in Malene Breytenbach se nuwe roman Gister is ’n ver land.

Katvoet een van Scheepers se beste

Riette Rust 2009-11-10 Katte is sintuiglik, slim en slu … ’n Vrou is soos ’n kat. Jy kan haar nooit besit nie.

’n Skerpioen met meer as een angel

Johan Anker 2009-11-05 “Hoe kan ek in net vyf korte dae die geheimenisse van ’n ander mens se siel ontbloot?”

Schoeman werk sélf as beeldhouer in Titaan

2009-11-05 Met die opneem van dié 727 bladsy lange werk kan die leser dus ’n volledige verkenning van die rykgeskakeerde lewe en werk van die meesterkunstenaar, Michelangelo Buonarroti, verwag.

Annelie Botes thula nie oor bloedskande

Solette Swanepoel, Solette Swanepoel 2009-11-05 “Want as daar ’n man van onkreukbare integriteit is wat dit nié aan sy dogter sou doen nie, is dit Abel Strydom.” (11) Thula-thula vertel die skokkende verhaal van ’n pa wat twee en twintig jaar lank sy ...

Bloot mens bevredig

Charl-Pierre Naudé 2009-10-30 Soos die baie mooi titel van haar debuutbundel toon, is dit verse hierdie wat handel oor die blootgesteldheid: van die mens binne die lewe, van vrou en man teenoor mekaar, van bedreigde kultuur of taal (die Afrikaanse in haar geval), en die mens teenoor die dood.

As almal ver is: Suid-Afrikaners skryf huis toe ’n wêreldreis van emosies

Lucelle Hough 2009-10-27 Dit blyk dat Suid-Afrikaners wat hulle in die vreemde bevind, ’n behoefte het om daaroor te skryf – dit word duidelik gesien in die massas blogs wat direk op die diaspora-identiteit betrekking het.

Odette Schoeman skitter in haar debuutroman, Swartskaap

Liezl Prinsloo 2009-09-23 Odette Schoeman het voor Swartskaap nooit meer as 'n bladsy op 'n slag geskryf nie. Sy het geen letterkundige opleiding nie, maar het wel die droom gehad om haar eerste boek voor haar 30ste verjaarsdag die lig te laat sien.
Top