Lesersindrukke
Hier verskyn bydraes van lesers wat uit eie beweging hul indrukke van boeke aan die LitNet-redaksie gestuur het.
Stuur jou indrukke na lesersindruk@litnet.co.za. Hier is meer inligting oor die vereistes.
Arendsvlerke vir Siebert deur Elsa Winckler: ’n lesersindruk
2021-07-13"Arendsvlerke vir Siebert word beskryf as ’n 'verhaal van genesing en hoop'. Ek kan dit beaam en dit is heel prikkelende leesstof."
Waar kom ons vandaan? Van die begin van die heelal tot vandag deur Andreas Engelbrecht, Schalk Engelbrecht en Marleen Visser: ’n lesersindruk
2021-07-07"Dit gaan hier oor ons spesie, homo sapien sapien, en sommer oor al die ander spesies ook. Die ganse fauna en flora."
Kom hier dat ek jou soen deur Griet op de Beeck: ’n lesersindruk
2021-06-21"Alles in ag genome kan ek nou verstaan hoekom die boek so gewild is."
Drie dekades van verandering – die NG Kerk se pad van verruiming deur Neels Jackson: ’n lesersindruk
2021-06-15"Die kerk het wel baie bagasie afgeskud, maar die verlede gooi steeds ’n groot omstrede skadu op die kerk, en laat ’n mens maar met baie vrae oor God; vrae wat nie in dié boek aangespreek word nie."
Leef lig – vyf gewoontes van die Vroeë Kerk en wat dit vir ons vandag beteken deur Jaco Strydom: ’n lesersindruk
2021-06-15"Tien uit tien vir Leef lig deur Jaco Strydom. Ek lees graag wat hy skryf, al deel ek nie sy godsdiens en geloof nie. Want oor so baie van wat hy skryf kan mens net sê wow! Hier is ’n stem wat sê wat gesê moet word!"
Sights, sounds, memories. South African soldier experiences of the Second World War: ’n lesersindruk
2021-06-02"Sights, sounds, memories is ’n bron waarin die persoonlike belewenisse van Suid-Afrikaanse soldate aan die front tydens die Tweede Wêreldoorlog bespreek word. Dit is in die eerste plek ’n akademiese teks van hoogstaande gehalte, maar is beslis ook vir die algemene publiek toeganklik. Die boek word sterk aanbeveel."
Oor en weer deur Trisa Hugo en Analize Viljoen, ’n lesersindruk
2021-06-01"Dié twee karakters is iets vars in Afrikaanse literatuur. Ons almal ken iemand wat getroud was en nou borrelend baljaar tussen die vrouelywe."
Fractal: A tale of three interventions deur Helmut Meijer, ’n lesersindruk
2021-06-01"Vryheid is suksesvol net indien die verantwoordelikheid daarvan gehandhaaf word. Hoe en deur middel waarvan hierdie lewensriglyne verkry word, is onbeperk en vry. Antieke Hebreeus het vir Helmut hierdie waarheid oopgebreek."
The boy who never gave up: A refugee’s epic journey to triumph by Emmanuel Taban – reader impression
2021-05-27"The boy who never gave up is a book that I could not put down. Apart from being the story of a teenager’s epic journey through Africa, it is also an inspiring book, a book of hope. I would not at all be surprised to see the story of this famous doctor one day being turned into a film."
Banting: 7 day meal plans: reader impression
2021-05-26"The meal plans include dairy-fee, basic, budget and seven-day options. They also include inspirational testimonials from people of all walks of life and income brackets who successfully follow the Banting lifestyle, and the book serves as an easy-to-follow guide."
Emigreer of bly: Is die gras werklik groener aan die ander kant? deur Stephan Joubert: ’n lesersindruk
2021-05-20"Die ongemaklike onderwerp van emigrasie is ’n goeie onderwerp om boeke oor te skryf. ’n Onderwerp wat sekerlik nooit uitgeput sal kan raak nie."
Lockdown recipes & stories: ’n lesersindruk
2021-05-19"Dié kookboek is tjokkenblok vol resepte en motiverende stories deur bekendes, sjefs en tuiskokke. Dit is ’n viering van ons Suid-Afrikaners se veerkragtigheid en hoopvolle gesindheid gedurende en ten spyte van die nasionale grendeltyd."
Shaping Addo by Mitch Reardon: reader impression
2021-05-14"I thoroughly enjoyed reading Shaping Addo. Reardon writes both knowledgeably and entertainingly about the history of the park as well as its current endeavours."
Karoofossiele: Suid-Afrika se eerste landdiere deur MA Cluver: ’n lesersindruk
2021-05-05"Dat die skedels van diere wat miljoene jare gelede gelewe het, tot vandag toe nog in die natuur behoue gebly het, is uit eie reg ’n wonder. ’n Wonder soos die lewe self."
By the fading light by Ashraf Kagee: a reader impression
2021-05-04"By the fading light is a book to be read and reread. To remind us of where we were as a country. To savour the language. To laugh. But mostly to stare misty-eyed into the distance."
Dinge van ’n hond deur SP Benjamin, ’n lesersindruk
2021-05-04"Dinge van ’n hond het ook nie ’n regte tyd om gelees te word nie. Dit is ’n vuishou wat lankal wag om te tref."
Dol Heuning deur SJ Naudé – ’n lesersindruk
2021-05-03"Dit is nie pynloos nie – inteendeel. Maar as jy dit kan regkry om deur te druk, gaan jy hierdie boek meer as een keer lees."
God Is daar ’n ander antwoord? deur Ben du Toit: ’n lesersindruk
2021-05-03"Ben du Toit se argumente is deeglik. Hy skram nie weg van die moeilike vrae nie. Daarby is hy ook ’n deurwinterde teoloog en kerkman wat waarskynlik nog boekdele sou kon skryf oor die werkinge en die intriges van kerksake."
The profiler diaries by Gérard Labuschagne – reader impression
2021-04-28"As a reader (and writer), I find the interviews Labuschagne conducted with suspects most interesting, as they afford one rare glimpses into their worlds and the way they saw things."
Offers vir die vlieë deur Fanie Viljoen: ’n lesersindruk
2021-04-23"Ek beveel hierdie boek aan vir enigeen wat durf het."
