Boeke en skrywers

Alles oor die jongste boeke en die mense wat hulle skryf
Everything about the latest books and the people who write them

Het jy ’n boek gelees waarvan jy ander lesers wil vertel? Stuur jou indrukke na lesersindruk@litnet.co.za en besoek hierdie bladsy vir nog inligting.

Foto's: André P Brink-gedenkuur by US Woordfees

Naomi Bruwer 2015-03-16 Die US Woordfees se skrywersprogram is vanjaar afgesluit met 'n gedenkuur vir André P Brink. Bekende medeskrywers en mense wat na aan Brink was, het uit sy werk voorgelees.

Resensie: Die helder dae deur Danie Botha

Kerneels Breytenbach 2015-03-16 "Ek het só aan Bob Dylan se 'Desolation Row' gedink terwyl ek Danie Botha se Die helder dae lees. Telkens oor my skouer gekyk, waar kom die grrts-grrts vandaan? O, dis my geheue."

US Woordfees 2015: Foto's van Fanie Viljoen: Pleisters vir die Dooies

Gerrit Rautenbach 2015-03-13 “Hy skryf so lekker, want hy praat so lekker,” sal Nanette van Rooyen vir jou sê van Fanie Viljoen. 

Boekbekendstelling en kulkunsvertoning

2015-03-13 Pharos Woordeboeke nooi jou uit na 'n aand van toorkuns en woordspel – op die 19de Maart 2015 op die 22ste vloer van die Naspersgebou om 17:30 vir 18:00.

Indrukke en foto's van Poolshoogte by die US Woordfees

Catrina Wessels 2015-03-12

"Weens beperkte tyd het die gehoor nie kans gehad om vrae aan die paneel te rig nie. Dit sê op sigself iets van die stand van sake in die Afrikaanse letterkunde 20 jaar ná demokrasie: daar is baie om oor te praat en daar is mense wat hulle daarmee bemoei."

Sanlam | LitNet-poësieslypskool by die US Woordfees 2015

Mellet Moll Akademies en skole 2015-03-11

 Mellet Moll beskryf dié dag as een van "slypstene en woordsmede". Naomi Bruwer deel haar foto's.

US Woordfees 2015: Foto's van Zelda la Grange: Goeiemôre, mnr Mandela

Gerrit Rautenbach 2015-03-10 Zelda la Grange se Goeiemôre, mnr Mandela was ’n kits-blitsverkoper, maar wie is Zelda regtig? Piet Croucamp het dit probeer uitvind in die US Woordfees Boektent. 

US Woordfees 2015: Moestas deur Deborah Steinmair

Naomi Meyer 2015-03-10 Deborah Steinmair: "Skryf is tog nie soos mandjies vleg nie. 'n Mens kan nie 'n boek wat jy vir lesers aanbied gebruik om jou jou eie kwessies te verwerk nie."

US Woordfees: Die Roebaijat van Omar Khajjam

2015-03-09 Uit die Afrikaanse Roebaijat, die kwatryne van die Persiese digter Omar Khajjam, lees die digter-vertaler Daniel Hugo voor, en liedjieskrywer Nedine Blom sing.

Siener van die suburbs by die US Woordfees 2015

2015-03-04 Siener van die suburbs, waarvoor PG du Plessis in 1972 die Hertzogprys ontvang het, is vanjaar op die US Woordfees.

US Woordfees 2015: Toorwoorde roep my by D-Street Gallery

Ingrid Winterbach, Clare Menck, Vernon Swart 2015-03-03 Kunstenaars tree met mekaar in gesprek by hierdie uitstalling by die US Woordfees 2015 – Valiant Swart se lirieke ontmoet die skeppings van kunstenaars soos Ingrid Winterbach, Strijdom van der Merwe en Clare Menck.

African Library: The Naked Gods by Chukwuemeka Ike

Annie Gagiano 2015-03-03 "A prize-winning author in his country of origin and also king of an Aro town in Eastern Nigeria, Ike is an alumnus of Ibadan University and his writing has a sophisticated satirical edge."
Top