Amraal @ US Woordfees 2016

  • 1

Amraal
Marinda van Zyl
NB-Uitgewers
ISBN: 9780624075615

In 2015 haal Marinda van Zyl se manuskrip Amraal die kortlys van NB-Uitgewers se Groot Afrikaanse Romanwedstryd. 

Kyk foto's en lees nog omtrent NB-Uitgewers se Groot Afrikaanse Romanwedstryd 2015.

Amraal is nou gepubliseer en is ’n historiese roman, gebaseer op die ware lewe van ’n merkwaardige Afrikaanssprekende Khoi-Khoiman, Amraal Lambert.

Amraal se naam verskyn in talle reisbeskrywing rondom 1800.

Marinda van Zyl

Hy was ’n mens van aansien en ’n persoon wat geglo het in menseregte. Hierdie verhaal gaan, onder andere, oor sy stryd om sy eie kinders buite bereik van die inboekstelsel te hou, want Khoi-Khoi is tot hulle 25 jaar oud was by wit kolonialiste ingeboek. Die inboekstelsel was eintlik maar verwant aan slawerny.

Elna van der Merwe was tydens die US Woordfees in gesprek met die skrywer. Van der Merwe sê die krag van hierdie teks gaan juis daaroor dat hier ’n swart stem - ’n swart hoofkarakter - aan die woord is.

Elna van der Merwe en Marinda van Zyl

Twee van Amraal se afstammelinge het die praatjie bygewoon. Horst Kleinschmidt, ’n toenmalige politieke gevangene en later adjunk-direkteur-generaal en hoof van mariene-en-kusbestuur, asook Kenneth Makatees, ’n bekende nuusman verbonde aan SABC News, kan hulle bloedlyn direk terugvors na Amraal oor wie die boek geskryf is.

Horst Kleinschmidt, Marinda van Zyl en Kenneth Makatees

Foto's voorsien

  • 1

Kommentaar

  • Avatar
    Marinda van Zyl

    Regstelling: Kenneth Makatees en Horst Kleinschmidt is die nasate van die sendeling Hinrich Schmelen en sy Namakwa-vrou Zara (Sara in die roman). Kaptein Amraal Lambert was Schmelen se wadrywer op die tog na Bethanie in 1814.

  • Reageer

    Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Kommentaar is onderhewig aan moderering.


     

    Top