Protes by US Woordfees 2016: Betogers ontwrig boekbekendstelling

  • 4

Sjef Snoekie se LAPA-boekbekendstelling by die US Woordfees is Vrydagaand 5 Maart 2016 onderbreek deur betogende studente wat teen verkragting geprotesteer het.

Marlise Scheepers (ook bekend as Sjef Snoekie) en Mariëtta Kruger was in gesprek oor Marlise se boek Laat die potte sing toe die studente inbars en die twee van die verhoog jaag. Volgens die studente het lede van Afriforum snedige opmerkings oor verkragting gemaak, en dat vrouestudente na bewering selfs met verkragting gedreig is tydens ’n vorige betoging. 

Lees Izak de Vries se blog hieroor.

Die US Woordfees het dadelik 'n verklaring uitgereik.

Saartjie Botha, direkteur van Universiteit Stellenbosch (US) Woordfees, het bevestig dat Afriforum nie deel is van die Woordfees 2016-program nie. Dit is in reaksie op bewerings deur ’n groep van sowat twintig protesgangers wat Vrydagaand ’n geleentheid by die fees probeer ontwrig het deur die verhoog oor te neem, te sing en te dans.

Botha het gesê die fees gun die protesgangers hul stem en, waar daar op ’n verantwoordelike wyse teen ongeregtigheid beswaar gemaak word, steun hulle dit selfs. “Voorvalle soos hierdie maak dit egter baie moeilik om op ’n sinvolle wyse oor werklike brandpunte in die Suid-Afrikaanse samelewing te besin. Dit is juis waarom die fees geleenthede soos die gesprek oor vakverbonde skep, sodat Suid-Afrikaners mekaar kan hoor."

Die volledige verklaring deur die US Woordfees is hier beskikbaar.

Foto's: Izak de Vries

sjefsnoekie2

  • 4

Kommentaar

  • Die US-Woordfees-reaksie is so polities korrek. Die "betoging" ruik na 'n US-Woordfees-Open Stellenbosch-EFF-publisiteitsfoefie.

  • Pateties, dink nie hulle weet self waarom dit gaan nie, die paar oomblikke van in die spot-light wees, laat 'n illusie van VIP-status ...

  • En sal Saartjie Botha nou maar weer om verskoning vra dat die Woordfees bestaan (en dus is alle Afrikaners daaraan skuldig dat hulle lewe!) en vir die onbeskofte barbare die versekering gee dat hulle meer regte het as ander mense. Liewe ouers! Waarom hulle nie gryp en uitgooi nie?

  • Ek was daar. Dit bekommer my dat hul uittartend was en provokatief opgetree het deur wyn in mense se gesigte te gooi en die glase op die vloer stukkend te gooi toe daar min reaksie van die gehoor was. Ruik te veel na EFF se "Rent-a-crowd". Erg was hul opmerkings met hul vertrek: " F... white people; F... your God" Laat my wonder of hul besef dat die optredes permanent in die kuberruimte hang ... wanneer dié alles verby is en een van hul dalk eendag vir 'n noemenswaardige posisie aansoek doen ...

  • Reageer

    Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Kommentaar is onderhewig aan moderering.


     

    Top