Boeke en skrywers
Alles oor die jongste boeke en die mense wat hulle skryf
Everything about the latest books and the people who write them
Het jy ’n boek gelees waarvan jy ander lesers wil vertel? Stuur jou indrukke na lesersindruk@litnet.co.za en besoek hierdie bladsy vir nog inligting.
Remembering and forgetting: Reflections on Francois Smith’s novel Kamphoer
2015-12-08"We tend to say so easily, forget about the past and go on to the future; it just does not work. The real challenge is to remember, perpetrators as well as victims, to remember what needs to be worked through and what needs to be forgiven. And then try and work against the natural tendency of continuing the pattern of oppression, with only a reversal of the roles from time to time."
Nie-akademiese notas by die lees van Vry- deur Gilbert Gibson
2015-12-07"Ek het gestem, ek het ‘n stem. Ek is dus vry.
Of is ek net kwansuis
vry-?"
En so is Vry-.
Anna M Louw (1912–2003)
2015-12-04"Ek is van nature ’n eenloper. Ek is agterdogtig teen in die bondel doen. Ek is geen meeloper nie. Wat sal die ander skrywers van my dink as ek my laat voorsê?" – Anna M Louw
Donker stroom: Eugène Marais veelsydig, dubbelsinnig
2015-12-03"Wat is dit aan Eugène Marais wat so enigmaties is?" – 'n LitNet Akademies-resensie-essay oor Donker stroom: Eugène Marais en die Anglo-Boereoorlog deur Carel van der Merwe
Jeugresensie: Jasper op hoërskool deur CF Beyers-Boshoff
2015-12-02"Jasper-hulle vang baie kattekwaad aan, maar hulle is eintlik ouens met goeie harte."
Lesersindruk: Recce deur Koos Stadler
2015-12-02Wie en wat was die recce? Willem Krog skryf: "Koos Stadler maak op vele vlakke korte mette met die mites."
Boekresensie: The Good Story deur JM Coetzee en Arabella Kurtz
2015-12-02"Die boek is nie bloot gemik op literêre belangstellendes en Coetzee-aanhangers nie. Lesers wat self al terapie, veral psigoanalitiese terapie, beleef het, sal identifiseer met die pasiënt se frustrasie as ‘n terapeut nie ‘n 'waarheid' oor homself, sy familie of sy baas wil onthul nie. Hulle sal waarskynlik saamstem met Coetzee se verbygaande opmerking dat psigoanalitiese terapie lank en duur is."
Afrikaans vir almal – 'n onderhoud
2015-12-02"Dit maak dit vir leerders maklik om huiswerk en eksamenvoorbereiding te doen."
LAPA se nuwe boeke vir November 2015
2015-11-25LAPA Uitgewers bied iets vir elke smaak gedurende November 2015.
Boekresensie: Die ewigheid in my hart deur Barend Vos
2015-11-25"En watter lekker gebede: eerlik, amper gedagtestroom; menslik en eg; gelowig en juigend; strydend en stoeiend. Alles in keurige, maklik leesbare taal."
Boekresensie: Tikkun Ha’olam – Herstel die wêreld deur Marzanne Leroux-Van der Boon
2015-11-25'n Skrywer se jongste boek word altyd met haar beste boek vergelyk, meen JB Roux.
Review: Career of evil by Robert Galbraith
2015-11-24"Simply put: Am I reading her adult detective novels only because I liked (loved) Harry Potter?"
Niq Mhlongo on the writer as an agent of change
2015-11-23"Let me declare that the reading culture among the black South African youth is changing very fast."
Moet-sien-foto's: kykNET-Rapport Boekpryse 2015
2015-11-23Die wenners van vanjaar se kykNET-Rapport Boekpryse sowel as die Jan Rabie-Rapportpys is aangekondig tydens ’n middagete by die Atlantic Imbizo Studio in Kaapstad op Donderdag 19 November 2015. Kyk hierdie foto's en voel of jy self daar was.
Voorleggings ingewag vir die 2016 Jan Rabie-Rapportprys vir debuutromans
2015-11-20Voorleggings word ingewag vir die 2016 Jan Rabie-Rapport Boekprys. Sluitingsdatum: 10 Desember 2015.
kykNET-Rapport Boekpryse 2015: Commendatio vir Buys deur Willem Anker
2015-11-19"Buys is ’n grensroman wat die hele idee van grense grondig uitdaag."
kykNET-Rapport Boekpryse 2015: Commendatio vir Ester deur Kerneels Breytenbach
2015-11-19"Breytenbach se fyn beskrywings van onvergeetlike karakters en sy slim, gevatte dialoog kan feitlik onveranderd in ‘n draaiboek opgeneem word."
kykNET-Rapport Boekpryse 2015 (Niefiksie): Commendatio vir Nagmusiek deur Stephanus Muller
2015-11-19"Hierdie vernuftig postmodernistiese – maar onderhoudende en selfs vermaaklike – wyse waarop Van Wyk se lewe uitgebeeld word, is nie maar ‘n stilistiese truuk nie. Dit dien as voertuig om indringende vrae te opper oor die aard van biografiese geskiedskrywing, die posisie van die biograaf, die konstruksie van akademiese kennis en gesag, en die rol van die kunstenaar in ons samelewing."
kykNET-Rapport Boekpryse 2015 (Jan Rabie-Rapport): Commendatio vir Nagmusiek deur Stephanus Muller
2015-11-19"Ten spyte van die soms ontstellende temas wat in die werk aangesny word, is Nagmusiek nooit swaartillend of serebraal nie. Inteendeel: dit is eerder aangrypend en meevoerend."
