Boeke en skrywers
Alles oor die jongste boeke en die mense wat hulle skryf
Everything about the latest books and the people who write them
Het jy ’n boek gelees waarvan jy ander lesers wil vertel? Stuur jou indrukke na lesersindruk@litnet.co.za en besoek hierdie bladsy vir nog inligting.
Per ongeluk deur Lloyd Zandberg: ’n onderhoud
2017-06-12"Ek skryf net sodat mense nie skaam hoef te voel oor goed wat met hulle gebeur nie. Ons is almal eintlik maar net tydelike bewoners van ’n planeet wat ons nog nie lekker verstaan nie."
Oewerkonyn: ’n Onderhoud met Louisa Punt-Fouché
2017-06-12"Die oewerkonyn is ’n skugter dier ... Hulle is ongelooflik mooi, met buitengewoon lang ore. Hulle was altyd die trots van die Karoo. Hulle speel ’n baie belangrike rol in die bewaring van die droë rivierlope en die bestuur van water in die Karoo."
Du Toitskloof | LitNet Eerste Slukkie: Elders deur Erns Grundling
2017-06-12LitNet publiseer uittreksels uit pasverskene boeke. Lees ’n hoofstuk uit Elders deur Erns Grundling, aangebied deur Du Toitskloof Wyne.
Paaie van hoop deur Nadia Beukes: ’n onderhoud
2017-06-09"Ek het al geleer om vir myself oomblikke van hartseer of kwaad of teleurstelling te gun, sodat ek dit kan probeer verwerk en verstaan en vroeër eerder as later kan opstaan en aangaan, hopelik met ’n les wat ek uit daardie ervaring geleer het."
Uit die argief: ’n Nuwe, kommerwekkende poging om Suid-Afrikaanse kopiereg te hervorm
2017-06-08Die hersiene weergawe van die wetsontwerp wat veranderinge aan die Wet op Outeursreg voorstel, is op 16 Mei 2017 by die parlement ingedien. Indien hierdie wet aanvaar word, kan dit verreikende negatiewe gevolge vir skrywers en uitgewers hê.
Uittogboek deur Johan Myburg: bekendstelling
2017-06-08Jy word uitgenooi na die bekendstelling van die digbundel Uittogboek deur Johan Myburg op 20 Junie, waar hy met Bibi Slippers in gesprek sal wees.
Inskrywings ingewag vir kykNET-Rapport Boekresensent van die Jaar 2017
2017-06-08"Met dié pryse, wat verlede jaar vir die eerste keer toegeken is, word erkenning gegee aan Afrikaanse resensente wat boeke en die leesgenot van boekliefhebbers bevorder deur die wêreld van Afrikaanse boeke vir die breë Suid-Afrikaanse publiek toeganklik te maak."
Die naamlose deur Mariël le Roux: ’n resensie
2017-06-08"In die geheel bly Die naamlose egter ’n roman wat jy nie onaangeraak op die boekrak sal terugsit nie. Hiervoor sorg die fassinerende intrige, die gepersonifieerde outentieke milieu en skerpsinnige fokalisasiekeuses."
Tafelberg en NB-Uitgewers bring hulde aan PG du Plessis
2017-06-08"PG het homself in ons harte ingeskryf. Van Siener in die suburbs tot Fees van die ongenooides het hy sy gehoor ten diepste geraak."
PG du Plessis (1934–2017)
2017-06-07“Ek kry my stories by baie mense. Ek bevolk die stories met karakters en gee hulle vleis. Dan groei hulle maar met die tyd. Naderhand oorgroei party.” Lees oor PG du Plessis se lewe en werk.
Die mense langsaan deur Elsa Hamersma: ’n onderhoud
2017-06-07"Aanvanklik begin ek met ’n idee. Dis die vonk. Daarna word dit hoofsaaklik gedryf deur die karakters en daarom is dit vir my nogal nutteloos om te veel beplanning te doen."
Du Toitskloof | LitNet Eerste Slukkie: Per ongeluk deur Lloyd Zandberg
2017-06-05LitNet publiseer uittreksels uit pasverskene boeke. Lees ’n uittreksel uit een van die kortverhale in Per ongeluk deur Lloyd Zandberg, aangebied deur Du Toitskloof Wyne.
Kamikaze deur Rudie van Rensburg: ’n resensie
2017-06-05"Dis duidelik dat die skrywer gemaklik in sy genre is. Hy ken die fyner nuanses van spanning en sy bekwaamheid as boeiende storieverteller, en vermoë om net genoeg te verklap om jou aandag gevange te hou, maak van hom ’n lekkerlees-outeur."
Queen of the Free State deur Jennifer Friedman: ’n resensie
2017-05-31"Queen of die Free State kon as fiksie net so goed gewerk het, want hier word die kuns van storie-vertel vervolmaak. Soos wat sy ook later in haar lewe ’n loods geword het, is elke hoofstuk ’n ander vlug waarop sy jou neem."
Unpresidented by Paige Nick: book review
2017-05-31"Paige Nick has demonstrated a unique talent for taking the pulse of present-day South Africa and weaving a story that offers the country’s zeitgeist to readers in an entertaining, irreverent and enjoyably subversive manner."
Du Toitskloof | LitNet Eerste Slukkie: Die mense langsaan deur Elsa Hamersma
2017-05-31LitNet publiseer uittreksels uit pasverskene boeke. Lees die eerste hoofstuk van Die mense langsaan deur Elsa Hamersma, aangebied deur Du Toitskloof Wyne.
Cullen deur Tod Collins: ’n resensie
2017-05-31"In ’n mate is dit ’n reisjoernaal, maar dit vertel ook van ’n lewensreis. Een van die bestemmings in hierdie boek is die Lhotse – die vierde hoogste piek in die Himalaja-bergreeks."
No longer whispering to power – The story of Thuli Madonsela: ’n onderhoud met Thandeka Gqubule
2017-05-31"Die meeste geskiedenisboeke handel oor dinge wat lank terug gebeur het. Hierdie [Madonsela se storie] is geskiedenis waardeur ons almal geleef het. Elke leser kan daarmee identifiseer, of hulle die boek haat of mal daaroor is."
Dis jou koesister en my koeksister
2017-05-31Internasionale Museumdag: "Die doel daarvan is om mense bewus te maak van die belangrike rol wat museums in die samelewing speel. Vanjaar se tema is ‘Museums en omstrede geskiedenisse: sê die onsêbare in museums.’"
Offerlam word Sacrificed: ’n onderhoud oor die vertaling
2017-05-30"Ek het skoon in tale begin droom. Dit was egter vir my ’n geweldig verrykende ervaring. Dit het my opnuut laat besef hoe soepel Afrikaans is en hoe uniek ’n mens jou daarin kan uitdruk."
