Persvrystelling: Skryf nou in vir 2018 kykNET-Rapport Boekpryse

  • 0

Uitgewers word hartlik uitgenooi om boeke voor te lê vir die 2018 kykNET-Rapport Boekpryse ter waarde van altesaam R500 000.

Die pryse word toegeken in die volgende kategorieë:

  • Beste Afrikaanse volwasse roman (R200 000)
  • Beste Afrikaanse niefiksie-boek (R200 000)
  • Afrikaanse roman of niefiksie-boek met die meeste filmiese potensiaal (R100 000)

Dit is ’n letterkundetoekenning. Deelname word nie beperk nie, maar uitgewers word vriendelik versoek om goeie oordeel aan die dag te lê met die voorlegging van boeke in die verskillende kategorieë.

  • Slegs gepubliseerde boeke wat tussen 1 Januarie 2017 en 31 Desember 2017 verskyn het, kom in aanmerking vir die kykNET-Rapport Boekpryse. Let asseblief streng op die reëls vir deelname. Die sameroeper is nie verantwoordelik vir boeke wat verkeerdelik voorgelê is nie.
  • Skrywers se toestemming moet in alle gevalle vooraf verkry word.
  • Geen selfpublikasies word oorweeg nie.
  • Boeke moet oorspronklik in Afrikaans geskryf wees. Indien boeke gelyktydig in Afrikaans en Engels verskyn het, kom die Afrikaanse uitgawe in aanmerking vir die prys mits dit deur die skrywer self vertaal is.
  • Biografieë val onder niefiksie en mag nie in albei kategorieë ingeskryf word nie.
  • Voltooide inskrywingsvorms sowel as 11 eksemplare van elke boek moet die sameroeper bereik voor of op die sperdatum: 10 November 2017. Indien boeke ná hierdie datum verskyn, moet die sameroeper in kennis gestel word en dit apart gekoerier word.

Adres waarheen boeke versend moet word per koerier:

kykNET-Rapport Boekpryse
p/a Hettie Scholtz
Longmerestraat 18
Schonenberg Estate
Somerset-Wes 7130

Navrae kan gerig word aan die sameroeper Hettie Scholtz by scholtz5@mweb.co.za of 021 851 7860 / 084 583 0272. Besoek ook www.kyknetrapportpryse.co.za vir meer inligting.

  • 0

Reageer

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Kommentaar is onderhewig aan moderering.


 

Top