Die bekendstelling van Penseel, die Departement Afrikaans en Nederlands (US) se studentebundel, het op Dinsdag 17 Oktober in Stellenbosch se dorpsbiblioteek plaasgevind. Kila van der Starre, Erik Jan Hermanus en Gert Vlok Nel was die gassprekers. Die bekendstellingsfunksie word jaarliks deur die departement se VER[r]AS-komitee (Vereniging vir Afrikaansstudente) gereël. Carla Watson deel haar foto's van die geleentheid.

Die verhoog, gereed om die eerste spreker te ontvang. Die gepubliseerde skrywers is genooi om hul gepubliseerde skryfwerk by die geleentheid voor te lees.

Vars blomme het die verhoog afgerond.

Die stewige bundel bestaan uit 130 bladsye met 39 studente se gedigte en kortverhale.

Die geleentheid is goed deur jonk en oud bygewoon.

SZ Minnaar, voorsitter van VER[r]AS

Die VER[r]AS-komitee bedank vir Lelanie de Roubaix vir haar bystand deur die jaar.

Marichje de Necker lees haar gedig "’n Fiktiewe blik op eensaamheid".

Marius Boonzaaier lees sy gedig "Johannesburg".

Anke van der Merwe lees haar gedig "Herinneringe en liggame is net titels van lang gedigte", kommentaar op André P Brink.

Lumé Venter lees haar gedig "wens".

Zian Blignaut lees sy gedig "Punica granatum".

Elodi Troskie lees haar gedig "ode aan brood".

Emile Opperman

Kila van der Starre, Nederlandse letterkundige en digter, het haar wenke vir aspirantskrywers gedeel.

Kila, ook lid van die digtersduo Kila&Babsie, het van haar eie en ander digters se werk voorgelees.

Maret Blom lees haar gedig "Pinkie".

Hanri Hattingh lees haar gedig "Ek lag my dood".

Alene Holder lees haar gedig "Justina".

Ilse Brookes lees haar gedig "Armoede se Kind".

Retseh Steenkamp lees haar gedig "Eerste Afspraak".

Nederlandse digter en skrywer Erik Jan Harmens was een van die sprekers en het ook sy wyshede rondom skryf gedeel.

Erik het sy gedigte met gevoel voorgelees en die gehoor het aan sy lippe gehang.

André van der Hoven lees sy gedig "Ma".

Joha van Dyk lees haar gedig "seeglas".

Renette Symington lees haar gedig "barbaarsheid".

Shirley van der Merwe lees haar gedig "Eye candy".

Andries Meyer

Gert Vlok Nel het as afsluting ’n paar liedjies gesing.

Die VER[r]AS-komitee saam met die gassprekers