Jonathan Ball-portaal
Jonathan Ball Publishers was founded in 1976 to publish books of an independent character that enlighten and entertain.
We publish a range of non-fiction titles and specialise in South African politics, current affairs, biography and history.

Promosie vir 29 Augustus: 20% afslag op Vuurvreter deur Joha van Dyk
2022-08-28Elke dag, vir 31 dae, gee ons 20% afslag op ’n nuwe Afrikaanse titel. Die boek vir 29 Augustus is Vuurvreter deur Joha van Dyk.
Meer as jou seerkry deur Johannes de Villiers: ’n resensie
2022-08-24"In Meer as jou seerkry gaan De Villiers op ’n behendige manier van die standpunt uit dat persoonlike pyn nie iets is wat mens net hoef te oorleef nie, maar ’n geleentheid is tot persoonlike groei en ontwikkeling. .... Die boek lees dus maklik en die leser raak nie verstrengel in akademiese en abstrakte goëlery nie. Moet egter geen fout maak nie – jy kry hier oorgenoeg substansiële inhoud en pitkos om aan te kou en te herkou."
Net aliens eet spinasie en ander stories: ’n onderhoud met Jaco Jacobs
2022-08-19"[A]s ’n mens jou storievoelers uitgesteek hou, is daar oral stories wat wag om vertel te word."
Alle sondaars welkom deur Jaco Strydom: ’n resensie
2022-08-18"Elke individu het ’n eie manier waarop hy die Bybel interpreteer, verstaan en prakties toepas. En ook die rede waarom dit dikwels vermy word, omdat dit net ’n te omstrede onderwerp is waar te veel opinies en helaas ook te veel vrae (moontlik vir vele) onbeantwoord bly."
Hoe belangrik is ’n boek soos Pharos se KABV-geskikte Grondslagfasewoordeboek? ’n Onderhoud met Michele van der Merwe
2022-08-16"Ek wil ’n pleidooi tot die Departement van Basiese Onderwys rig dat woordeboeke nie as aanvullende leermateriaal nie, maar wel as verpligte, voorgeskrewe leermateriaal in skole beskou word. Elke klaskamer moet oor ’n voldoende aantal woordeboeke beskik, sodat onderwysers dit daagliks in lesse kan integreer. As ander Afrika-lande dit kan doen, waarom nie ook ons nie?"
Promosie vir 16 Augustus: 20% afslag op Polsslag deur Marie Lotz
2022-08-15Elke dag, vir 31 dae, gee ons 20% afslag op ’n nuwe Afrikaanse titel. Die boek vir 16 Augustus is Polsslag deur Marie Lotz.
Skilpoppe deur Barrie Hough: ’n jonglesersindruk
2022-08-11"Temas wat verskyn in die verhaal is selfbeeld, seksualiteit, gesinsdinamika, dwelms en verlies. Die poppe van Skilpoppe kan ons as mense ook simboliseer. Elke mens het lagies wat dieper en dieper gaan. Dit het my siening van die lewe verander en ek wens daar was ’n deel twee, want ek sou dit graag wou gelees het."
Inter-review of The man who loved crocodile tamers by Finuala Dowling
2022-08-11"The man who loved crocodile tamers is a strongly stitched patchwork of events in the life of Paddy Dowling, Finuala Dowling’s father, interspersed with extracts from the 'writer’s' personal diary."
Hans hou sy lyf Sherlock deur Rudie van Rensburg: ’n resensie
2022-08-10"Dis nie net die mees avontuurlike Hans-boek nie, dis ook die beste. Dis asof Rudie in die weefsel van elke karakter ingeklim het."
Press release: Major nomination for Sifiso Mzobe
2022-08-08On October 27, 2022, the Hurston/Wright Foundation will announce, during their annual Legacy Awards celebration, the winners of the juried awards for books by black authors published in 2021 in the categories of debut fiction, fiction, nonfiction, and poetry.
Eerste slukkie: Meer as jou seerkry deur Johannes de Villiers
2022-08-08"Tedeschi en Calhoun het hul navorsing onder ander getraumatiseerde groepe herhaal. Hulle het met oorlogsveterane, kankeroorlewendes en oudgevangenes gesels. Waar hulle posttraumatiese stresversteuring verwag het, het hulle keer op keer groei aangetref. In 1996 het hulle hul 'posttraumatic growth inventory' gepubliseer, ’n databasis van bevindings wat só omvattend was dat niemand dit meer kon ignoreer nie."
Kinderboeke wat verheug, vermaak en verruim
2022-07-29"Wat is dit wat ’n kinderboek suksesvol maak? Soos in enige boek, of dit nou vir grootmense of vir kinders is, gaan dit oor aangrypende karakters. Die lys kan eintlik maar daar eindig. Maar daar is wel veel meer."
Afrikaanse jeugboeke vandag: ’n perspektief deur NB-Uitgewers
2022-07-28"Dit is vir ons veral belangrik om jong skrywers te vind en te ontwikkel. Dit is noodsaaklik dat tienerinhoud ook deur jong mense self geskep word en dat hulle ’n nuwe generasie se stem kan byvoeg tot die groter literêre aanbod in Afrikaans."
Wit leuen deur Ruan Kemp: ’n resensie
2022-07-19"Wit leuen is ’n slu satire op die staat wat met hope fanfare en ewe veel onbeholpenheid sy burgers se lewens wil beheer."
Trauma en verlies in Kamphoer deur Francois Smith
2022-07-18"Die trauma wat Susan Nell beleef het is veelvuldig. Haar verkragting in die Winburgse konsentrasiekamp tydens die Anglo-Boereoorlog deur twee Britse offisiere en ’n joiner word vererger deur die wreedaardige wyse waarop sy vir die dood agtergelaat is."
Woordfees op TV-2022: Skepsel, ’n boekgesprek met Willem Anker
2022-07-15Hier is jou LitNet-herinnering om na Willem Anker se gesprekke oor Skepsel te kyk: Saterdag, 16 Julie om 07:03. Dinsdag, 19 Julie om 15:02 en Woensdag, 20 Julie om 08:41.
Rut en Boas – ’n liefdesverhaal deur Barend Vos: ’n lesersindruk
2022-07-14"Die verhaal van Rut het dus waarde vir die gelowige, vir die Christen, maar ook vanuit die sekulêre oogpunt is dit duidelik dat mens hier te make het met ’n literêre interessantheid wat die lees werd is. Alhoewel die samelewing ter sprake in aard en konteks totaal verwyderd is van ons eie wêreld van vandag, is Rut ’n verhaal met elemente soos hoop, vertroue, mededeelsaamheid, liefde en vreemdelinge wat met mekaar moet saamleef."
Sproetebessies en die hart van die swart roos: ’n onderhoud met Troula Goosen
2022-07-12"’n Tikkie fantasie vat kinders net weer weg uit hulle omstandighede na ’n ander wêreld waarin alles moontlik is en waar die goeie oorwin, ongeag."
Pasverskyn: Geseënd is dié wat treur, saamgestel deur Susan Jordaan
2022-07-07Hoewel verlies en dood universeel is, hanteer elkeen dit anders. Christene se groot troos is dat God daar is in hierdie verlate tyd. In Geseënd is dié wat treur vertel geliefde skrywers van hul eie ervarings met verlies, rou en die dood.
Author in residence: Mia Arderne
2022-07-05"Writing is usually such a solitary thing, and it can get lonely. So, being surrounded by other writers has been amazing. Being in a space where six of us are together and working, feels like I'm part of a community of artists where we can share our processes and our progress."
