Jonathan Ball-portaal
Jonathan Ball Publishers was founded in 1976 to publish books of an independent character that enlighten and entertain.
We publish a range of non-fiction titles and specialise in South African politics, current affairs, biography and history.

Twee Suid-Afrikaners kan die wêreld iets leer: ’n lesersindruk
2023-02-09"Ek voel sterk dat die antwoord in Suid-Afrika lê. Jaco Wolmarans se Ivoor en Dibi Breytenbach se Buit sal nie net die leemte vul nie, maar sommer ook die genre upgrade."
In the midst of it all by Thabile Shange: a book review
2023-02-09"This book is an important literary contribution to the discourse on xenophobia in South Africa. With love at the centre, In the midst of it all demonstrates just how we’re all more alike than what we might think."
Fresh off the press: Things I learnt in the forest by Jayne Bauling
2023-02-08When Thoko and her mom moves from the city to a plantation in Mpumalanga, she is totally out of her comfort zone. There is no mall in sight and she has to take a taxi with the other kids from the plantation to school.
Our poisoned land: living in the shadows of Zuma’s keepers deur Jacques Pauw – ’n resensie
2023-02-07"Die lees van Our poisoned land was vir my ’n moeilike ervaring. Dit het my genoegsaam ontstel dat ek net ’n paar bladsye op ’n slag kon lees. Dit wil voorkom asof min of meer elke deel van die staat tot aan die stingel verrot is van die korrupsie, en asof nie net die wil nie (dis al sleg), maar algaande ook die vermoë (dis erger) om hierdie kanker te klop, by die Suid-Afrikaanse staat ontbreek."
Pasverskyn: Speurder Sammi: Die blou steen deur Crystal-Donna Roberts
2023-02-01Sammi is 13 en bly saam met haar tannie Valerie, ’n kunstenaar. Hulle gaan kuier vir die vakansie by Oumie en Dedda in die Noord-Kaap.
Drake deel nooit deur Nicola Kinnear: ’n resensie
2023-01-25"Die doel van die storie is om kinders meer te leer oor die belangrike beginsel van deel. Skrywers word gewoonlik gewaarsku dat dit ’n doodsonde is om ’n les in ’n kinderstorie in te werk, maar die groot geheim is om dit só te doen dat jy nie jou lesertjies se intelligensie onderskat en boonop prekerig oorkom nie. Die les moet op ’n heel natuurlike wyse onontbeerlik deel van die storie vorm."
Swerkaters, belhamels, rebelle, moordenaars en werfetters in Gilroy se werk
2023-01-23"Ek skryf verhoudingsverhale," sê Sidney Gilroy oor sy romans. In hierdie gesprek stel hy ons voor aan die "swerkaters, belhamels, rebelle, moordenaars en werfetters" wat hy skep.
Loeloeraai, kunsmatige intelligensie en die oordeelsdag
2023-01-19"Afrikaanse wetenskapfiksie is reeds 100 jaar oud. Hierdie gesprek sal CJ Langenhoven se Loeloeraai herbesoek en dan kyk hoe Willem Anker se Skepsel, Isa Konrad se Toekomsmens en Carien Smith se Bot op verskillende maniere die oordeelsdag benader."
Die geskiedenis word lewendig in Chris Karsten se Op pad na Moormansgat
2023-01-17"En natuurlik kan jy nie onaangeraak bly deur Karsten se ongelooflike talent as woordkunstenaar nie. Sy vermoë om iets doodgewoons só anders te stel, terwyl die sosiale kommentaar so half onopsigtelik saam geabba word, is iets wat ek regtig van sy boeke geniet."
Moerstaāl deur Loit Sōls: ’n resensie
2023-01-16"Hierdie bundel laat Afrikaans sing en huppel en ween en lag met ’n soepelheid wat ek lanklaas gesien het. Dis ’n viering van taal wat weier om kop te sak vir die andersheid van uitspraak en uitkyk."
Pasverskyn: Nuwe geskiedenis van Suid-Afrika, saamgestel deur Hermann Giliomee, Bernard Mbenga en Bill Nasson
2023-01-12Met die nuutste inligting en invalshoeke word die volledige storie van Suid-Afrika en sy mense gesaghebbend dog leesbaar vertel.
Speurder Sammi: die blou steen – ’n onderhoud met Crystal-Donna Roberts
2023-01-10"Ek hoop absoluut kinders word meer na geluister. Nie net vir hulle onthalwe nie en nie net sodat hulle veilig genoeg voel om hulle drome en vrese en ervarings te deel nie, maar sodat ons (met ons bedoel ek ouer generasies) ook van hulle kan leer."
Olé vir die matadors van die howe. ’n Lesersindruk van Slagoffer
2023-01-05"Die hele boek is geskoei op die verskillende stadia van die bulgeveg – die advokate word die stiervegters in ’n ou rituele drama wat volgens fyn reëls bepaal word."
Resensie van bottelnek breek bek deur Dianne Du Toit Albertze
2023-01-05"Hierdie boek vat die gemiddelde leser na plekke waar jy nog nie was nie. Dis soos om ’n vlieg teen ’n breinwand van die hoofkarakter te wees, om ’n rare kans te kry om te probeer verstaan."
’n Onderhoud oor Skool vir talente – en oor nog kinderboeke vir die Kerskous
2022-12-21"Boeke in Kerskouse en onder Kersbome is altyd ’n uitstekende idee. Ek sou egter altyd aanbeveel dat lesers se belangstellings en leesvlak in ag geneem word wanneer daar op leesmateriaal as geskenke besluit word. Wanneer ’n kind byvoorbeeld meer in feite as fiksie belangstel, het ’n boek met eksperimente of ’n boek oor hulle gunstelingsport of ’n resepteboek of selfs ’n boek met grappe ’n beter kans om gelees te word as ’n storieboek."
Doolhof: ’n onderhoud met Rudie van Rensburg
2022-12-19"Ek put wel bevrediging daaruit dat die misdadigers, soms in teenstelling met die werklikheid, uiteindelik agter tralies beland. En ek glo my lesers doen ook."
It doesn’t have to be this way: Inter-review with Alistair Mackay
2022-12-19"The scenario of this book was in my subconscious. The challenge was writing a story of love, hope and resilience within it."
Stories in die wind: ’n gesprek met Deidré Jantjies oor haar Khoena-kinderverhale
2022-12-13"My pad het begin met myself en om my erfenis te vind. Dit het belangrik geword vir my om hierdie boek te skryf. Ek wou ’n positiewe lig sien in ’n storie van die Namagemeenskap sodat die bruin kind kan verstaan dat hy of sy van ryk geskiedenis en kultuur kom."
Bloody Sunday, winner of the Sunday Times Literary Award for Non-fiction: an interview with Mignonne Breier
2022-12-09"I hope my book has opened the way for other people to write about the really difficult subjects of our past, when both sides committed atrocities, when the subject matter is regarded as taboo."
The wanderers, what does it mean to belong?
2022-12-08"I have seen the returning MK soldiers, how disappointed they are in what is happening in our country."
