Titel: Rapport 30 beste Bokke
Skrywer: Dawie Boonzaaier
ISBN: 9780624094166
Uitgewer: Tafelberg
Wie is die beste Springbok van die moderne era? Hoe kies jy tussen Bakkies Botha en Eben Etzebeth? Moet Os du Randt of Beast Mtawarira jou skrum anker? Sou Juan Smith vir Pieter-Steph du Toit disnis duik? Hierdie vrae, en soveel meer, word deur ’n gesaghebbende paneel van voormalige Bok-afrigters soos Carel du Plessis, Nick Mallett, Jake White en Peter de Villiers beantwoord. Van die land se top rugbyskrywers bied onderhoude, interessante statistiek, foto’s en staaltjies uit die kleedkamer.

