ATKV|LitNet-Skrywersalbum

LitNet se omvattende Afrikaanse biografiese ensiklopedie, in samewerking met die ATKV en NALN

Klik hier vir ’n alfabetiese lys van die biografiese artikels oor Afrikaanse skrywers wat beskikbaar is.

Chris Barnard (1939–2015)

Erika Terblanche ATKV|LitNet-Skrywersalbum 2016-01-08

“Ek weet uit dure ondervinding ’n roman is op sy heel beste tot nét voor jy die eerste sin neergeskryf het. Daarná, sin vir sin, begin jy sy moontlikhede beperk.”

Anna M Louw (1912–2003)

Erika Terblanche ATKV|LitNet-Skrywersalbum 2015-12-04

"Ek is van nature ’n eenloper. Ek is agterdogtig teen in die bondel doen. Ek is geen meeloper nie. Wat sal die ander skrywers van my dink as ek my laat voorsê?" – Anna M Louw

Abraham Phillips (1945–)

Erika Terblanche ATKV|LitNet-Skrywersalbum 2015-10-22

“As al die taal se sprekers hande vat en Afrikaans met liefde, eerlikheid en billikheid praat en uitbou, sal niemand hom kan stop of seermaak nie.”

TT Cloete (1924–2015)

Erika Terblanche ATKV|LitNet-Skrywersalbum 2015-08-18

“Pyn is kreatief; ek praat daarom van die gawe van pyn.” TT Cloete is op die ouderdom van 91 op 29 Julie 2015 oorlede.

Jan Scholtz (1938–2015)

Erika Terblanche ATKV|LitNet-Skrywersalbum 2015-08-12

"Stories skryf is soos ’n rugbywedstryd. Mense skreeu vir hulle eie span. Daarom gee jy vir hulle iets om mee te identifiseer. Mense gee nie om vir ’n karakter waarvoor hulle niks voel nie. Hulle kies kant." Jan Scholtz se volledige skrywersprofiel is nou beskikbaar.

Mathews Phosa (1952–)

Erika Terblanche ATKV|LitNet-Skrywersalbum 2015-08-04

"Omskep Afrikaans in ’n geneestaal. Taal moet aangewend word sodat ons die kleinlike kompartemente waarin ons ons laat klassifiseer en herklassifiseer het, kan afbreek." Matthews Phosa se skrywersprofiel is nou bygewerk.

Ena Murray (1936–2015)

Erika Terblanche ATKV|LitNet-Skrywersalbum 2015-06-04

Ena Murray is op Donderdag, 4 Junie 2015, in die ouderdom van 78 oorlede. Lees oor haar omvattende skrywersloopbaan.

Barend J Toerien (1921–2009)

Erika Terblanche ATKV|LitNet-Skrywersalbum 2015-05-07

Barend J Toerien is op 29 Maart 1921 op die plaas Steenwerp buite Porterville in die Swartland gebore

Allan Boesak (1945–)

Erika Terblanche ATKV|LitNet-Skrywersalbum 2015-03-03

"Die toekoms van Afrikaans hang af van die manier waarop Afrikaanssprekende mense in die taal met mekaar omgaan, want die taal sal doodgaan as ons dit steeds gebruik as net nog ’n knuppel om mekaar te bly slaan soos ons in die verlede die taal gebruik het." Lees Allan Boesak se skrywersprofiel.

Elisabeth Eybers (1915–2007)

Erika Terblanche ATKV|LitNet-Skrywersalbum 2015-02-25

“Poësie is ’n eensame besigheid, maar dit het die vermoë om mense nader aan mekaar te bring en om hul wesenlike verwantskap te bevestig.” Elisabeth Eybers sou op 26 Februarie vanjaar 100 jaar oud word. Haar skrywersalbum in nou volledig bygewerk.

André P Brink (1935–2015)

Erika Terblanche ATKV|LitNet-Skrywersalbum 2015-02-11

“Ek was van die begin af gedoem om te skryf. Nadat ek opgehou het om poësie te pleeg, het die roman vir my ’n manier geword om dinge vir myself te verduidelik ..."

C Louis Leipoldt (1880–1947)

Erika Terblanche ATKV|LitNet-Skrywersalbum 2015-01-28

 "By my is en was die skryfkuns altyd hoofsaak in my lewe."

Hans Pienaar (1955–)

Erika Terblanche ATKV|LitNet-Skrywersalbum 2015-01-21

 "My lewensfilosofie is dat ’n mens nie te veel aan ’n lewensfilosofie kan vasklou nie. ’n Mens moet dit heeltyd vernuwe en verander, anders gaan jy stagneer, ondergaan.” Lees Hans Pienaar se skrywersprofiel.

Reinet Nagtegaal (1956–2014)

Erika Terblanche ATKV|LitNet-Skrywersalbum 2014-12-17

"Ek dink dis die heel naaste wat ’n mens aan God kom, wanneer hy skep." Lees Reinet Nagtegaal (27 Mei 1956 tot 15 Desember 2014) se ATKV-Skrywersalbum.

Ampie van Straten (1937–1997)

Erika Terblanche ATKV|LitNet-Skrywersalbum 2014-12-16

"Met die Pendorings probeer ek demonstreer dat Afrikaans alles behalwe ’n stywe en omslagtige taal is en dat nuttige woorde en uitdrukkings nie van Afrikaans weerhou moet word nie. Dit verarm ons taal." Lees Ampie van Straten se ATKV-skrywersalbum.

Charles Fryer (1946–2014)

Erika Terblanche ATKV|LitNet-Skrywersalbum 2014-11-26

"Ek is by voorkeur ’n liriese digter en daarvoor het ek meer ledige uurtjies nodig, tyd om stemminge op te vang. ’n Mens moet rustig word sodat jy kan oopgaan van binne. Soos die pottebakker moet jy regstaan om raak te vat, want as ’n vers kom, dan kóm hy. Knip jy sy asem kort, is hy dalk verlore." (Transvaler, 15 Mei 1981)

Jan Lion Cachet (1838–1912)

Erika Terblanche ATKV|LitNet-Skrywersalbum 2014-11-20

Die Heer H Altman, visekonsul van Nederland, sê in sy huldeblyk aan Jan Leon Cachet: “Hij was ’n vriend en raadsman van baie. Hier is heengegaan een groot Nederlander ... ook een groot Afrikaander. Maar hij was ook een groot mens.”

AAJ van Niekerk (1931–1994)

Erika Terblanche ATKV|LitNet-Skrywersalbum 2014-11-04

"My stories handel oor dinge wat ekself beleef het en wat ek uit my kinderdae met my saamdra. Ek gryp uit die lewe uit."

Ela Spence (1909–1997)

Erika Terblanche ATKV|LitNet-Skrywersalbum 2014-10-29

"Ek wil dit egter benadruk dat ek geen letterkundige is nie. My werk bestaan net uit ligte ontspanningsleesstof."

Johnita le Roux (1952–)

Erika Terblanche 2014-10-22 “Vir my is een van die grootste tragedies op aarde dat hopeloos te veel mense tot hul sterwensdag hul daaglikse plig doen sonder dat hul goddelike poten­siaal eens naastenby vervul is.” Johnita le Roux se skrywersprofiel is nou volledig bygewerk.
Top