Die ATKV-boeke-oase by Innibosfees 2024: ’n onderhoud met Sandra Jacobs en Annemarie van der Walt
2024-04-29"Leon van Nierop se Droomjagter is in wording, en omdat hy ’n Laevelder is met noue bande met Innibos, is dit vir ons lekker om sy boek hier bekend te stel. Ons poog ook om die boekeaanbieding toeganglik vir feesgangers te maak. Danie du Toit van Spoegwolf gaan met Danie Marais oor sy nuwe digbundel, Ek en jy bestaan nie, gesels. Dit beloof om lekker nuut en vars te wees."
Suidoosterfees 2024: ’n onderhoud oor ATKV Jeugteater by die fees
2024-04-25"Die ATKV het nog altyd ’n passie gehad vir teater en doen sy belofte gestand om die toekoms van teater en toneel te ontwikkel. Juis daarom vat die ATKV hande met feeste regoor die land, soos nou die Suidoosterfees, om ’n platform te skep om jongmense se talente uit te stal en jongmense bloot te stel aan teater."
Suidoosterfees 2024-persverklaring: ATKV gee jong teatermakers gul geleenthede op Suidoosterfeesverhoog
2024-04-24Jong teatermakers kry elke jaar by die Suidoosterfees geleentheid om hul werk aan die publiek bekend te stel en om waardevolle ervaring in ’n professionele teateromgewing op te doen. Op vanjaar se ATKV Jeugteaterprogram – van 26 April tot 1 Mei aangebied as deel van die 21ste Suidoosterfees – is studente, skoliere en amateurgroepe se werk op die Artscape-verhoog.
Persverklaring: Innibos bied ’n oase vir boeke en kuns
2024-04-24Die ATKV-Kuns-en-boeke-oase by Innibos is vanjaar opnuut die toevlugsoord vir lesers en liefhebbers van die skone kunste ná ’n afwesigheid verlede jaar. Eweneens word die ATKV-Boeke-crawl ook weer op Kaapsehoop gehou, en dit is sommer swaargewigte in die skrywers- en musiekwêreld wat daaraan deelneem.
Persverklaring: “Idi en Ome” ontsluit idiomewêreld
2024-04-23Sit skouer aan die wiel en word deel van die ATKV se nuwe veldtog voor dit neusie verby is, want as jy weer sien, is die kalf in die put ... Die ATKV spog met ’n nuwe idiomeveldtog, Die wonderlike wêreld van Idi en Ome, en neem jou vir die volgende paar weke op ’n humoristiese reis deur die ryk taalskat van Afrikaans.
Persverklaring: Wêreldboekedag – maak van lees ’n fees
2024-04-23“Die VVA (Vriende vir Afrikaans) het verskeie projekte om ’n leeskultuur te skep met die oog daarop om kinders in woordryke omgewings te laat grootword,” vertel Chareldine van der Merwe aan Zerelda Esterhuizen.
CJ Langenhoven (1873–1932)
2024-04-23“Skrywers wat meer as bloot meganiese werk lewer, neem die klein dingetjies waar, waarvoor geen grammatikale of stylreëls geformuleer kan word nie.”
Helene de Kock (1943–)
2024-04-03"Alhoewel die liefde ’n belangrike onderwerp in my verhale is, staan dit nooit apart van ander verhoudings nie. Die liefde self is verweef in die web van die lewe, glo ek."
Zirk van den Berg (1960–)
2024-03-22"Ek skryf omdat dit vir my lekker is. Omdat ek relatief goed is daarmee. Omdat ek beter voel as ek besig is om iets te skep. Om my lewe meer sinvol te laat voel. Omdat dit my kans gee om te speel en baas te speel. Omdat dit my help om vrede te maak met die dinge wat my pla. En omdat dit my help om weer daardie gevoel te kry wat ek as kind gehad het toe ons in die veld gaan piekniek hou het."
Irma Venter (gebore: 1970’s)
2024-03-08"My droom is om eendag die mees elegante Afrikaanse moordstorie te skryf, een waar geen naat wys nie."
Willem Anker (1979–)
2024-03-05"Aangesien lesers deesdae skaarser is as hoendertande, ysbere of katoolse pandas, lê die toekoms van Afrikaanse of watookalse letterkunde miskien in die opvoeding van ’n volgende generasie lesers."
Johan Combrink-gedenklesing 2024: Vriende van Afrikaans vier 30 jaar van stories
2024-02-14"Vriende van Afrikaans (VVA), ’n organisasie wat hom beywer vir Afrikaans, het verlede week hulle 30ste bestaansjaar gevier tydens ’n luisterryke geleentheid in Stellenbosch."
Francois Smith (1964–)
2024-01-29"Ek het van ’n baie jong ouderdom geweet om te skryf is die belangrikste ding wat ’n mens kan doen." Lees oor Francois Smith se lewe en werk in die ATKV|LitNet-Skrywersalbum.
Jaco Fouché (1967–)
2024-01-24"Ek dink as ek ’n boek sit en skryf, neem ek ook ’n rol aan. Ek wórd ’n karakter ..." Jaco Fouché se ATKV|LitNet-Skrywersalbum is nou volledig bygewerk.
Persverklaring: Pretorianer se rillerdebuut maak skoonskip in skryfkompetisie
2024-01-19RSG en die ATKV het verlede jaar altesame 141 inskrywings ontvang. Na die eerste ronde van beoordeling is 22 finalistekste gekies wat mentorskap ontvang het, voordat die laaste ronde van beoordeling plaasgevind het.
Gerda Taljaard (1971–)
2023-12-18"Wanneer ’n mens in jou moedertaal skryf, kom dit wat in die onbewuste onderdruk word, na die oppervlak. Dan skryf jy uit jou binnegoed en uit jou hart, met integriteit en rou eerlikheid."
Shirmoney Rhode (1991–)
2023-12-14"Daar is baie redes hoekom ek skryf. Maar die belangrikste rede is sodat ek my storie, wat baie keer te doen het met mense om my en mense in my gemeenskap, op kan teken. As ek dit nie doen nie, gaan niemand dit vir my doen nie."
Persverklaring: ATKV-Sêr vir tieners gee in 2024 die toon aan
2023-12-12ATKV-Sêr is ’n a capella-kompetisie wat in sy tienerformaat gaan neig na musiekteater deur tema, sang, dans en storievertelling. Dié kompetisie gaan in 2024 sy opwindende lêplek in hoërskole kry.
Antjie Krog (1952–)
2023-12-06"As ek ’n lewe daaruit kon maak, sou ek net wou dig." Lees oor Antjie Krog se lewe en skryfwerk in die ATKV|LitNet-Skrywersalbum.
Wilna Adriaanse (1958–)
2023-11-24"Afrika fassineer my omdat dit so onvoorspelbaar is [op] soveel maniere, veral as ’n mens dit vergelyk met ’n Europese leefstyl wat jou gees kan afstomp."

