Joha van Dyk (1997–2025)
2025-02-12"Ek wou ’n jong skrywer wees; ek wou vroeg begin juis omdat ek nog so baie stories het om te vertel ... " Joha van Dyk is op 2 Februarie 2025 oorlede. Lees meer oor haar lewe en werk in die ATKV|LitNet-Skrywersalbum, saamgestel deur Erika Terblanche.
Persverklaring: Louwhuis en ATKV Digskool 2025
2025-02-05Die Louwhuis en Museum Sutherland bied weer die jaarlikse ATKV Digskool op 28 tot 30 Maart 2025 in die nuut gerestoureerde Louwhuis aan. Soos met die vorige digskole beloof dit om weer ’n besondere Roggeveldse ervaring te wees. Bernard Odendaal en Heilna du Plooy gaan die gespreksleiers wees. Elke kursusganger moet vooraf twee gedigte indien wat deur die aanbieders deurgewerk word vir kommentaar.
ATKV-Crescendo op 50: ’n onderhoud met ’n vorige naaswenner
2025-01-27"Die passie vir ons taal en kultuur klop sterk by Crescendo, en dit is hierdie hartklop wat ons inspireer om ’n nalatenskap vir die nageslag in Afrikaans te bou."
Annelie Botes (1957–2024)
2025-01-23"Ek glo nie aan daardie storie van vreeslike inspirasie nie. Skryf is eenvoudig harde werk. Elmboog-ghries, dis waaroor dit gaan – soveel te meer omdat skryf op selfdissipline berus." Lees meer oor die lewe en werk van Annelie Botes in dié ATKV|LitNet-Skrywersalbum, saamgestel deur Erika Terblanche.
Breyten Breytenbach (1939–2024)
2025-01-14"Om te skryf, is om te kommunikeer, om saam te eet, om geméénskap te hê, ’n nagmaal, ons almal se bloed, ons almal se vleis."
ATKV-Crescendo op 50: ’n onderhoud met die heel eerste wenner
2024-12-18"Wat dit [ATKV-Crescendo] wel vir my beteken het, is dat daar kennis van my geneem is en ek aangemoedig is om aan meer klassieke sangkompetisies deel te neem, wat ek toe gewen het. Dit het my in staat gestel om oorsee te gaan studeer, en dit het die basis gelê van my sukses as nasionale asook internasionale sanger."
Persverklaring en uitnodiging: Skryf in vir die ATKV se Crescendo-mentorskapprogram
2024-12-13Voornemende deelnemers aan die volgende Crescendo-projek het nog tot 31 Desember 2024 kans om in te skryf. Die ATKV-Crescendo nooi uit: "Skryf nou in! Moenie wag nie! Stuur vir ons daai liedjie wat jy self geskryf het."
Persverklaring: ATKV-toneelaanbod in 2025 "magneties"!
2024-12-06Die ATKV se toneelaanbod is elke jaar verfrissend. Die toneelaanbod is nog ’n wyse waarop die ATKV belê in kreatiwiteit en verrykende stories wat gemeenskappe landswyd inspireer en bemagtig. Vanjaar bring die ATKV weer sy vier toneelprojekte na gehore onder ’n nuwe inspirasietema: "Magneties"!
ATKV-Crescendo op 50: ’n onderhoud met die projekorganiseerder, Morné van Staden
2024-12-04"Indien mense van goeie musiek hou, en die nuwe kunstenaars en hul musiek wil ondersteun, en indien mense die skep van nuwe oorspronklike goeie-gehalte- Afrikaanse musiek ondersteun of wil ondersteun, is Crescendo die plek om dit te doen, en natuurlik as jy ook belangstel om te hoor hoe klink Afrikaans in ander variëteite en genres."
Peter Snyders (1939–)
2024-12-03"Vir my, eens wetenskaplike tegnikus van nering, is die hele lewe ’n laboratorium. Elke mens is ’n buisie of ’n chemiese stof wat saamgegooi is. Ek kyk maar net wat borrel uit." Lees meer oor Peter Snyders se lewe en werk in die ATKV|LitNet-Skrywersalbum, saamgestel deur Erika Terblanche.
ATKV-Crescendo-feesviering: foto’s en video’s van dié goue geleentheid
2024-12-03ATKV-Crescendo is reeds vyftig jaar lank ’n talentontwikkelingsprojek vir opkomende liedjieskrywers en het kunstenaars soos Anneli van Rooyen, Karin Hougaard, Jodi Jantjies en Selby Williams se loopbane afgeskop. Om die vyftigste verjaardag van die projek te vier, is twee optofgeleenthede op Vrydagaand die 29ste November en Saterdagaand die 30ste November 2024 by die Daisy Jones Bar in Stellenbosch aangebied. Pierre van Niekerk het Vrydagaand gaan foto’s neem.
Persverklaring: ATKV-Suidoosterfees-koorkompetisie – Wes-Kaapse amateurkore kan nou inskryf
2024-11-27Die ATKV en die Suidoosterfees het weer goeie nuus vir amateurkore wat gemeenskappe in die Wes-Kaap se harte met hul stemme verower. Inskrywings vir die jaarlikse ATKV-Suidoosterfees-koorkompetisie is nou oop.
PJ Philander (1921–2006)
2024-11-26"Afrikaans hoort nie in testamente en brandkaste en op grafstene waar dit in die wind verweer nie. Afrikaans hoort in die son." Lees meer oor PJ Philander se lewe en werk in die ATKV|LitNet-Skrywersalbum, saamgestel deur Erika Terblanche.
Persverklaring | ATKV-Prestigetoekennings: "Op die skouers van reuse"
2024-11-22"Die Afrikaanse gemeenskap is ’n veeleisende minnares wie se waardering jy as ’n media-instelling deurlopend moet verdien." Só het Tim du Plessis Woensdagaand (20 November) in Johannesburg gesê by die ontvangs van die ATKV se Prestigetoekenning – dié organisasie se hoogste eerbewys. Die toekenning is by dieselfde geleentheid ook aan Marida Swanepoel, Coenie de Villiers en Diana Ferrus toegeken.
WA Hickey (1909–1989)
2024-11-18"Ek is op my beste wanneer ek sonder kinkels en lang draaie reguit op die man af skryf. Met tierlantyntjies het ek nog altyd gesukkel." Lees meer oor WA Hickey se lewe en werk in die AKTV|LitNet-Skrywersalbum, saamgestel deur Erika Terblanche.
Hans du Plessis (1945–2024)
2024-11-14"Afrikaans gaan nêrens anders heen as waarheen ons dit vat nie. Ons moet produkte skep wat só goed is dat mense agter ons aanloop." Hans du Plessis se ATKV|LitNet-Skrywersalbum is nou volledig bygewerk.
Topsy Smith (1914–1985)
2024-11-06"Ophou skryf, sal ek nie maklik nie en selfs die hartoperasie sal my nie langer as wat nodig is van my pen en papier weghou nie." Lees meer oor Topsy Smith se lewe en werk in hierdie ATKV|LitNet-Skrywersalbum, opgestel deur Erika Terblanche.
Marlene le Roux (1934–)
2024-10-30"Ek pas ook dissipline toe in die skryfproses. Wanneer dit tyd is om voor die rekenaar te gaan sit, doen ek dit en ek staan nie weer op voordat ek iets uitgerig het nie. Soms is die vrug op die inset gering, want skryf is nie altyd maklik nie." Lees meer oor Marlene le Roux se lewe en werk in dié ATKV|LitNet-Skrywersalbum, saamgestel deur Erika Terblanche.
Persverklaring: Pret met nuwe limeriekeveldtog
2024-10-29Die ATKV stel vandeesweek ’n splinternuwe limeriekeveldtog op sosiale media bekend. Dit volg op die gewilde idioomveldtog wat mense weer gewys het hoe prettig en pittig Afrikaans kan wees. Die nuwe limeriekeveldtog is nes die idioomveldtog die breinkind van die aktrises Cindy Swanepoel en Anél Wood.
Persverklaring: Hans du Plessis is oorlede
2024-10-26Die ATKV neem met groot leedwese kennis van Hans du Plessis – letterkundige, digter, skrywer en ATKV-erelid – se heengaan op 25 Oktober.

