ATKV-Portaal

atkv

Skrywers, boekliefhebbers, navorsers en musikante op pad na die Karoo

LitNet Boeke en skrywers 2025-05-16

LitNet en sy vennote kondig graag aan dat daar ’n suksesvolle aansoeker was vir die 2025-inwoonskrywerskap in Cradock/Nxuba, en dat ’n lang lys skrywers, boekliefhebbers, navorsers en musikante op pad is na die Etienne van Heerden Veldsoirée wat van 25 tot 27 Julie 2025 in Cradock/Nxuba plaasvind.

Persverklaring: Die ATKV Digskool 2025

LitNet Boeke en skrywers 2025-05-16

Die 2025 ATKV Digskool in die Louwhuis en Museum Sutherland is verby. Vir drie dae het 24 digters meegedoen aan besprekings en ontledings, onder leiding van Bernard Odendaal en Heilna du Plooy.

Hendrik Januarie (1941–)

Erika Terblanche ATKV|LitNet-Skrywersalbum 2025-05-15

"Skryf neer, want mens gaan vergeet. Papier bring als terug. Jy sien dit." Lees meer oor Hendrik Januarie se lewe en werk in die ATKV|LitNet-Skrywersalbum, saamgestel deur Erika Terblanche.

Persverklaring: Geleentheid om in te skryf vir die ATKV-Woordveertjies 2025

ATKV ATKV-Portaal 2025-05-13

Kom pluk ’n veertjie vir jou hoed! Die sluitingsdatum vir inskrywings vir die 2025-ATKV-Woordveertjies is Maandag 2 Junie 2025. Hier is nog inligting.

Elza Rademeyer (1944–2024)

Erika Terblanche ATKV|LitNet-Skrywersalbum 2025-05-09

"Skryf is pure plesier. Om baie vriende en vriendinne te hê ook. My ander stokperdjie is tuinmaak. Terwyl ek spit en plant, dink en memoriseer ek dit wat ek op papier wil sit." Lees meer oor Elza Rademeyer se lewe en werk in die ATKV|LitNet-Skrywersalbum.

Wenke vir die ATKV-redenaars 2025 se semifinale rondte: 'n onderhoud met Elbie Adendorff

Naomi Meyer, Elbie Adendorff ATKV-Portaal 2025-05-08

Elbie Adendorff gee in hierdie onderhoud wenke vir deelnemers van die ATKV se redenaarskompetisie wat deurgedring het na die volgende rondte - en ook vir deelnemers wat nie deurgedring het nie.

Persverklaring: Inligting rakende die 2025 ATKV-Woordveertjies

LitNet ATKV-Portaal 2025-05-05

Die sluitingsdatum vir inskrywings is Maandag 2 Junie 2025.

Nicole Jaekel Strauss (1972–)

Erika Terblanche ATKV|LitNet-Skrywersalbum 2025-04-30

"Telkens wanneer ek ’n sin voltooi, is ek ’n ander skrywer, ’n ander mens. Dis die voetspore van die vos in die sneeu, soos die digter geskryf het. Ek kyk terug en sien my merke, maar ek laat daardie teks, daardie woorde agter – die landskap is nie meer dieselfde nie." Lees meer oor die lewe en werk van Nicole Jaekel Strauss in die ATKV|LitNet-Skrywersalbum, saamgestel deur Erika Terblanche.

Trienke Laurie (1946–2023)

Erika Terblanche ATKV|LitNet-Skrywersalbum 2025-04-23

"’n Digter moet al die warm emosies deurgaan, maar om daaroor te skryf verg koele besinning en meestal afstand en tyd." Lees meer oor Trienke Laurie se lewe en werk in die ATKV|LitNet-Skrywersalbum.

Johann de Lange (1959–2025)

Erika Terblanche ATKV|LitNet-Skrywersalbum 2025-04-07

"Die skrywerswêreld is eintlik ’n onnatuurlike een, waar niks taboe is nie. En dan vergeet jy die buitewêreld werk anders." Lees meer oor Johann de Lange se lewe en werk in die ATKV|LitNet-Skrywersalbum, saamgestel deur Erika Terblanche.

Erika Murray-Theron (1941–)

Erika Terblanche ATKV|LitNet-Skrywersalbum 2025-04-03

"Boeke kan vir ons op verskillende maniere vensters op ’n skrefie ewige lig oopmaak." Lees meer oor die lewe en werk van Erika Murray-Theron in die ATKV|LitNet-Skrywersalbum, saamgestel deur Erika Terblanche.

Evelyn Marais (1902–1995)

Erika Terblanche ATKV|LitNet-Skrywersalbum 2025-03-28

"As ’n mens nie droom nie, hoe gaan jy dit verwesenlik?" Lees meer oor Evelyn Marais se lewe en werk in die ATKV|LitNet-Skrywersalbum, saamgestel deur Erika Terblanche.

Johann Lodewyk Marais (1956–)

Erika Terblanche ATKV|LitNet-Skrywersalbum 2025-03-20

"Niemand kan sommer net gaan sit en skryf nie. Jy moet mos weet hoe ’n gedig aanmekaar steek en hoe die verskeie soorte gedigte lyk. Daarom ag ek myself en my tydgenote anders as die Sestigers. Hedendaagse digters het tegniek weer ontdek." Lees meer oor Johann Lodewyk Marais se lewe en werk in die ATKV|LitNet-Skrywersalbum.

Deel in die vreugde van die ATKV-Skryfskool

LitNet LitNetKanaal op YouTube 2025-03-14

Hierdie kort video toon grepe uit 2024 se ATKV-Skryfskool toe Bernard Odendaal en Hans du Plessis die leiers was. Kom, deel in die vreugde! Vir slegs R380 kan jy die kursus bywoon, boonop is alle gespreksessies tydens die Etienne van Heerden Veldsoirée gratis vir deelnemers aan die ATKV-Skryfskool.

Afrikaans se nuwe grense: Ingrid Jones se visie by die 21ste Johan Combrink-gedenklesing

Jean Oosthuizen ATKV-Portaal 2025-03-03

Ingrid Jones het by hierdie jaarlikse VVA-geleentheid opgetree: "Wanneer sy oor Afrikaans en sy toekoms gesels, is dit met haar kenmerkende eerlikheid, passie en ’n tikkie humor. Vir haar is Afrikaans nie net ’n taal nie; dit is ’n storie, ’n identiteit, en ’n lewende, asemrowende entiteit wat aanhou ontwikkel, ongeag die uitdagings wat dit in die gesig staar."

VVA-Leeskonferensie: "Elke kind wil lees"

Marzahn Botha ATKV-Portaal 2025-02-27

Dis weer in die nuus: Die meeste Suid-Afrikaanse kinders kan nie met begrip lees nie. Lees ’n verslag van die belangrike werk ten opsigte van kinders en lees wat onlangs as deel van die Adam Small-fees in die gedaante van ’n leeskonferensie aangebied is.

ATKV-Crescendo op 50: ’n onderhoud met Marsha Bothma

Naomi Meyer, Marsha Bothma ATKV-Portaal 2025-02-21

Marsha Bothma was ’n paar jaar gelede ’n finals van die Crescendo-projek. In hierdie onderhoud praat sy oor haar herinneringe en ook oor wat die projek vir haar loopbaan beteken het.

Persverklaring: Finaliste vir ATKV-Crescendo se 2025-mentorskapprogram bekend

LitNet ATKV-Portaal 2025-02-21

Ná ’n week van wik en weeg is 22 finaliste aangewys uit vanjaar se inskrywings vir die ATKV-mentorskapprogram wat van 30 Maart tot 6 April in die Paarl gaan plaasvind. Deelnemers kon hulle oorspronklike liedjies digitaal inskryf of persoonlike oudisies by ATKV-Crescendo se talentsoekers in die Tuinroete, Klein-Karoo, Weskus, Atlantis of Worcester doen. Vanjaar is daar ook vir die eerste keer oudisies in Namibië gehou, wat twee finaliste opgelewer het.

Dominique Botha (1971–)

Erika Terblanche ATKV|LitNet-Skrywersalbum 2025-02-19

"Afrikaans kom uit die klowe, en na die klowe sal sy terugkeer. Gooi ’n klip. Plant ’n hoeksteen. Dis jou keuse. Ontspan egter. Sy is nie ’n spook nie. Sy is veldasem. Aangeblaas deur groot geeste. Onder die Skylte vannie Jirre." Lees meer oor die lewe en werk van Dominique Botha in die ATKV|LitNet-Skrywersalbum, saamgestel deur Erika Terblanche.

Joha van Dyk (1997–2025)

Erika Terblanche ATKV|LitNet-Skrywersalbum 2025-02-12

"Ek wou ’n jong skrywer wees; ek wou vroeg begin juis omdat ek nog so baie stories het om te vertel ... " Joha van Dyk is op 2 Februarie 2025 oorlede. Lees meer oor haar lewe en werk in die ATKV|LitNet-Skrywersalbum, saamgestel deur Erika Terblanche.

Top