Skole
KlasKamer is ’n ruimte vir almal wat belangstel in die onderrig van Afrikaans op hoërskool. As jy ’n bydrae wil lewer, kontak ons via litnet@litnet.co.za.
SA Akademie: Opwindende bekronings en simposium op Stellenbosch
2013-09-05 Dodelike outonome robotte; 'n blik op die wanaanbieding van owerheidshulpbronne; die hoe en wat van biografie; is van die onderwerpe wat deur kundiges by die Suid-Afrikaanse Akademie vir Wetenskap en Kuns se simposium (12/13 September) op Stellenbosch bespreek sal word.Poort van die SA Akademie vir Wetenskap en Kuns nooi hoërskoolleerders om te skryf
2013-09-03 Poort is 'n projek van die Suid-Afrikaanse akademie vir Wetenskap en Kuns, wat ten doel het om skeppende skryftalent in Afrikaans by hoërskoolleerders aan te moedig. Leerders wat aan hierdie kompetisie deelneem, kan groot pryse wen.Clover Aardklop 2013: Tien skole ding mee om die titel van ATKV-Tienertoneelwenner
2013-09-03 Toneelgroepe van tien hoërskole ding tydens Clover Aardklop in die finaal mee om die gesogte titel van ATKV-Tienertoneelwenner vir 2013, met prysgeld van R45 000. Naomi Bruwer het by Lizané Basson van die ATKV uitgevind wat die gehoor kan verwag.Teoretisering van die selfkonsep van studente wat hakkel
2013-08-26 "Hierdie artikel rapporteer die bevindinge van ’n kwalitatiewe studie wat ten doel gehad het om ondersoek in te stel na die selfkonsep van studente tussen die ouderdom van 18 en 22 jaar wat hakkel."Danda staan soos ’n landmerk uit op die soekpad na skryf
2013-08-19 Só dikwels hoor mens die versoek vanaf jonk en oud vir riglyne om ’n boek te skryf. Só dikwels gee mens algemene riglyne. Maar <em>Danda</em>, ’n jeugboek deur Chris Barnard, staan soos ’n landmerk uit op die soekpad na skryf.Die Swart Kat slaan 'n vos toeganklik vir die moderne jong leser
2013-08-02 Marike van der Watt gee haar indrukke van Die swart kat slaan ‘n vos – en vertel ook hoekom dié boek, naas Saartjie, saam met die Maasdorp-reeks tweede op haar tienjarige dogter se lys van gunstelingboeke is.Kuberklas Kreatief-kortverhaal: La Cumparsita
2013-07-31 "Ek het weer vir oulaas in die spieël gekyk, gevoel hoe my moed my amper begewe. Gelukkig sou ek dit nie alleen hoef aan te pak nie, want daarvoor het ek ’n dansmaat gehad. Wel, ek bedoel ons almal het dansmaats gehad, maar myne was spesiaal."Experi-Maatjies: Wie is hulle?
2013-07-30 "Dis Nasionale Wetenskapweek. Op Facebook verskyn daar 'n uitnodiging vir skoolkinders om foto's van hul tuiseksperimente te plak - en pryse te wen. Naomi Meyer het gaan ondersoek instel."Kingswood College: Afrikaans-vraestelle (Julie 2013)
2013-07-22Afrikaans-vraestelle wat veral vir skole wat die IEB-eksamen skryf nuttig sal wees.

