Onderhoud oor Wolkland deur Aden van Niekerk

  • 0

Aden van Niekerk het in 2011, toe hy drie jaar oud was, vir sy ma gesê: “Mamma, ek skryf ’n storie van toe God lief was vir alles op die aarde. Ek skryf dit met my asem.” In 2012 het Cordis Trust die Orde van die Goue Pen aan sy ma, Carina Stander, toegeken. Dié prys behels onder meer ’n publikasieopsie. Carina het voorgestel dat sy die opskrywer van haar kind se stories sal wees.

Hier onder vra Johannes Meyer (6) vir Aden van Niekerk (6) oor die stories wat hy vir sy ma vertel het wat nou die boek Wolkland gaan word.

Aden, van wat het jy die idee gekry om die boek te maak?

Die eerste storie in Wolkland kom van toe my pappa en mamma vir my gevra het wat gaan my vroutjie en my kinders se name eendag wees, toe het ek daardie storie begin. Ek het nog en nog idees vir Wolkland gekry, hoekom dit vir my lekker was om Wolkland te maak. Ek het daardie idees gekry, omdat ek dit interessant wou maak. Dit was sommer net verbeeldingstories in my kop gewees. Ek het die boek gemaak hoekom dit vir my lekker was.

Hoe het jy die prente en die diere gemaak? En met wat?

Ek het koki’s en kryte gebruik om die prente te teken. Ek het nie alles op een slag gemaak nie. Soos die dae oorgegaan het, het ek net nog en nog prente begin teken. Die kleibeeldjies het ek sommer net met my hande gemaak. Die naam van die klei is in Afrikaans "kinderklei" en in Engels "crazy clay". Voordat jy kleure meng, het jy net pers, geel, rooi, swart, wit en blou. En dan meng ek die klei om byvoorbeeld groen, bruin, ligte blou en oranje en pienk en party soorte pers en grys te maak. Party van die goedjies wat ek maak, kom uit boeke soos my mamma se vreeslike groot voëlboek en uit flieks soos Rio en rekenaarspeletjies soos Angry Birds. Ander is net doodgewone beeldjies uit my kop uit, soos party van die drake en dinosourusse en party van die voëls en baie van die karre en masjiene. As ons die dag na Monkeyland toe gegaan het, het ek na die tyd die gibbons en lemurs en die brulaap en die eekhoringapie gemaak. Of as ons by Birds of Eden was, het ek die arapapegaai en Amasone-papegaai, die toekan, loerie, flamink en lorrekiet probeer maak.

Aden van Niekerk

Waar is Wolkland?

Wolkand is oor die hele aarde.

Wat was jou gunsteling-karakter in die storie?

Nana en my kinders.

Lees nog inligting oor die ontstaan van Wolkland hier.

Vir bestellings:

Titel: Wolkland
Skrywer: Aden van Niekerk (soos vertel aan sy ma, Carina Stander)
Grootte: A4
Aantal bladsye: 32
Volkleur.
Gelamineerde omslag.
Prys: R100 (plus R10 vir gewone pos of R25 vir geregistreerde pos - lesers kan self 'n opsie kies.) 
Bestellings: carinastander@gmail.com


Sign up for LitNet’s free weekly newsletter. | Teken in op LitNet se gratis weeklikse nuusbrief.


  • 0

Reageer

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Kommentaar is onderhewig aan moderering.


 

Top