Nuwe toepassing vir Afrikaanse kinderboeke by NB-Uitgewers bekendgestel

  • 1

Twintig Afrikaanse kinderboeke is nou beskikbaar op die App Store, op één rak. Storierak is ‘n toepassingwinkel wat deur NB-Uitgewers vrygestel is. Dit is beskikbaar op die iPad en iPad-mini en is gemik op kinders van 2 tot 8 jaar.

Storierak bied ‘n opwindede multimedialeeservaring vir jonk en oud.

  • Elke storie bevat ‘n voorlesing deur ‘n bekende stemkunstenaar soos Joanie Combrink of Johann Nel. Kinders kan dit self lees, of kies om deur die stem begelei te word.
  • Elke boek bevat twee soorte speletjies buite die raamwerk van die verhaal, flitskaarte en legkaarte, met verskillende moeilikheidsgrade.
  • Jy kan elke boek verpersoonlik: dra die storie op aan jou kind of kleinkind, en plaas sy/haar foto op die eerste bladsy.

Storierak bevat gunstelingstories uit Storieman Omnibus 1, en ‘n verskeidenheid ander Afrikaanse stories soos Die lelikste dier in die hele wêreld, Prinses Talia en die draak, Dikkekat en kollepiet en In ‘n huis in ‘n huis. Twee klassiek ge?llustreerde Bybelstorieboeke gerig op kleuters is ook vrygestel, My goue Bybelverhale uit die Ou Testament en My goue Bybelverhale uit die Nuwe Testament.

Nuwe boeke sal gereeld bygewerk word. Besoekers aan die App Store kan die toepassing gratis aflaai, en die eerste boek word gratis aangebied. Pryse van die boeke wissel tussen R15.00 en R100.00.

"Daar is niks wat die plesier van ’n pragtig ge?llustreerde prenteboek kan vervang nie. Nou kan ons lesers wêreldwyd dieselfde leesplesier op hul iPad- en iPad-mini-toestelle ervaar – en boonop met klank daarby! Storierak bevat iets vir jonk en oud, ’n ware e-biblioteek van die beste kinderboeke in Afrikaans."
Eloise Wessels (Uitvoerende hoof van NB-Uitgewers)

"Storierak bied ’n multimedialeeservaring. Die stories sal nie net kinders se leeslus aanwakker nie, maar die speletjies help ook om hulle voor te berei vir skool. Legkaarte en geheuespeletjies bou fundamentele vaardighede. Kinders word al vroe?r aan tegnologie blootgestel en Storierak bied dus ’n plesierige én opvoedkundige ervaring – als in Afrikaans.
Nèlleke de Jager (Digitale Uitgewer by NB-Uitgewers)

"Dis baie opwindend dat ons boeke deur topskrywers en -illustreerders nou ook op ’n multimediaplatform beskikbaar is, verryk met skitterende voorlesings deur bekende stemkunstenaars."
Aldré Lategan (Uitgewer by NB: Kinder en Jeug)

"Storierak is ontwerp en ontwikkel met die doel om die grasie en substansie van ’n boek te kombineer met die interaktiwiteit en verryking van ’n app. Dit stel jong lesers in staat om dieselfde plesier te put uit die oorspronklike leeservaring, en ook om blootgestel te word aan die prettige én opvoedkundige aard van die ingeboude speletjies en klankbane. Kruran is ongelooflik trots op Storierak as ’n produk en die nuwe, unieke storie-ervaring wat dit bied."
Juan Kruger (Besturende direkteur: Kruran Development)

Die skakel na die App Store is https://itunes.apple.com/US/app/id745085920?mt=8.

Besoek http://www.nb.co.za/storierak vir meer inligting.

Om in te teken op Storierak se nuusbrief kan ‘n e-pos gestuur word aan storierak@nb.co.za.

Lees 'n onderhoud oor dié nuwe toepassing.

 


 

Teken in op LitNet se gratis weeklikse nuusbrief. | Sign up for LitNet’s free weekly newsletter.

  • 1

Kommentaar

  • SEWE DAE IN BOTSWANA vir kinders tussen 7-9 Twee kinders het by die TULI-NATUURRESERVAAT in BOTSWANA deurgebring. Elke dag was 'n nuwe bosavontuur. Hulle het baie geleer oor diere en hulle gewoontes soos: 'n olifant se slurp het 40,000 spiertjies. Hulle het ook geleer oor die oue volkere met hulle legendes. Vanaf Steentydperk tot Ystertydperk. Sal graag hoor van julle.
    ina bergh

  • Reageer

    Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Kommentaar is onderhewig aan moderering.


     

    Top