Vraestel en memorandum: Afrikaans Eerste Addisionele Taal, graad 12, Mei 2015

Dewald Koen Notas, toetse en vraestelle 2016-02-16

Hier is ’n gratis vraestel en memorandum vir graad 12 Afrikaans Eerste Addisionele Taal.

USAN 2016: Die skep van 'n nuwe geslag akademiese leiers

Frederick Botha Akademies en skole 2016-02-09

"Die referate was gekenmerk deur uiteenlopende temas, wat ’n bevestiging van die diverse en dinamiese aard van die kongres was."

Wiskundehulp: Faktorisering vir graad 10-leerders

Marise Oberholzer Notas, toetse en vraestelle 2016-02-08

Graad 10-wiskundeleerders: hier is ’n gratis werkkaart en memorandum waarmee jy faktorisering kan bemeester.

Opgeroepte betekenis in literêre vertaling: Die vertaling van dialek en register in Die swerfjare van Poppie Nongena deur Elsa Joubert

Maricel Botha LitNet Akademies (Geesteswetenskappe) 2016-02-05

"In literêre tekste is die wyse waarop inligting oorgedra word dikwels ewe belangrik as die inhoud, aangesien dit onder andere inligting verskaf oor die taalgebruikers en taalgebruikskontekste." Maricel Botha kyk krities na die vertaling van dialek en register in The long journey of Poppie Nongena (Elsa Joubert 1980), die Engelse vertaling van Die swerfjare van Poppie Nongena (1978).

Geregtelike en wetgewende reaksies op seksuele misdade deur en teen kinders in Suid-Afrika en die potensiële gebruik van herstellendegeregtigheidspraktyke

Rushiella Songca, Michelle Gail Karels LitNet Akademies (Regte) 2016-02-02

"In hierdie voorlegging word regsprekende en wetgewende reaksies op seksuele misdrywe wat deur en teen kinders gepleeg is, ondersoek. Daar word aangevoer dat tradisionele bestraffende reaksies op verskillende vorme van seksuele misdaad ondoeltreffend is."

Depolarisering van onderrig en navorsing: Besinning deur aksienavorsing by ’n tradisionele universiteit

Linda du Plessis LitNet Akademies (Opvoedkunde) 2016-01-29

"Erkenning van die akademieskap van onderrig en leer as ’n navorsingsnis het die potensiaal om die gehalte van opleiding by universiteite, skole en ander opleidingsgeriewe te verbeter."

Onderhoud: Marise Oberholzer vertel hoe jou kind wiskunde onder die knie kan kry

Marise Oberholzer, Naomi Meyer Skole 2016-01-29

"Daar is mense wat begrippe in wiskunde maklik onder die knie kry en ander wat langer neem om dieselfde begrippe te bemeester. Ek sien egter gereeld met my klasse hoe kinders skielik lief raak vir wiskunde en dan begin presteer. Die kinders vir wie wiskunde nie so natuurlik kom nie, kan met baie herhaling en baie oefen ook goed presteer."

US-konvokasie 2016: Afskeidstoespraak deur Christo Viljoen, uittredende president

Christo Viljoen Universiteitseminaar | University Seminar 2016-01-28

"Stellenbosch dien Suid-Afrika al vir 150 jaar. Hy wil voortgaan om dit deur sy gehalte en deur ’n inklusiewe kultuur en taalgebruik te doen. Daarvoor het hy selfstandigheid en ruimte en ons almal se samewerking nodig. Dan kan Stellenbosch wéér sê hy staan vir ’n idee."

Briewe aan ’n diva: die verswyging van gay-identiteit in Gordon Jephtas se briewe aan May Abrahamse

Hilde Roos LitNet Akademies (Geesteswetenskappe) 2016-01-28

In die 1980’s was Gordon Jephtas een van New York se mees gesogte répétiteurs, waar hy met operasterre soos Luciano Pavarotti, Joan Sutherland, Leontyne Price en Marilyn Horne gewerk het. Hilde Roos ondersoek die konsepte van die geheimhouding van gay-identiteit, divaverering en die operaqueen in Jephtas se briewe aan May Abrahamse gestalte gekry het.

Graad 5-getalbegrip: werkkaart en memorandum

Marise Oberholzer Notas, toetse en vraestelle 2016-01-27

Leerders in graad 5: hier is gratis werkkaarte. Laai dit nou af en oefen.

US-konvokasie 2016: Universiteit Stellenbosch: Vorentoe!

Wim de Villiers Universiteitseminaar | University Seminar 2016-01-27

"Deur Engels as onderrigtaal te gebruik, sorg ons dat ons toeganklik is vir meer mense. Maar daar is steeds ’n groot behoefte aan en vraag na Afrikaans, daarom duur ons aanbod daarin voort." Rektor en visekanselier Wim de Villiers se mededelings aan die US-konvokasie.

Haal af die Bosch se maskers, vra Maties

Jean Oosthuizen Universiteitseminaar | University Seminar 2016-01-27

Byna  2 000 stemgeregtigde oud-Maties het Dinsdagaand hulle opwagting gemaak by die US-konvokasievergadering. Jean Oosthuizen lewer verslag.

US-konvokasietoespraak: Die koei in die bos

Breyten Breytenbach Universiteitseminaar | University Seminar 2016-01-26

"Indien Afrikaans as omgangstaal, administratiewe taal, onderrigtaal hier sou verketter word en krimp, gaan dit uiteindelik tot ’n onvermydelike tot niet maak van ’n kosbare en geskakeerde instrument van bewuswording lei."

Kuberklas Kreatief: Die toekoms

Dorette Bester Kuberklas Kreatief 2016-01-25

"My oë ontmoet die horison waar die sonsopkoms ‘n nuwe dag verklaar."

LitNet Akademies: Kitsgids

LitNet LitNet Akademies 2016-01-20

LitNet Akademies se kitsgids tot al die belangrikste inligting.

Quo vadis Maties?

Jean Oosthuizen Menings 2016-01-20

"Hopelik is volgende week se konvokasievergadering die voortsetting van ’n reis na ’n beter bestemming vir Matieland ..."

Paul Kruger en die pers in die ZAR, 1890–1895

Heinie Heydenrych LitNet Akademies (Geesteswetenskappe) 2016-01-19

"In Mei 1893 is Eugène N. Marais, die redakteur en eienaar van die koerant Land en Volk, egter daarvan aangekla dat hy die President belaster het, en die verloop en uitslag van daardie saak het beslis ’n groot rol gespeel in die regering se besluit om ’n perswet te aanvaar."

Vraestel en memorandum: Afrikaans Eerste Addisionele Taal, Graad 8, November 2015

Dewald Koen Notas, toetse en vraestelle 2016-01-19

"Kyk of jy vir my die son kan vang." In hierdie vraestel van Kingswood College kan jy lees van aktuele sake soos besoedeling en aardverwaring, maar ook oor populêre liedjies soos dié een van Valiant Swart. Laai die vraestel af en begin vandag al oefen vir beter eksamenpunte.

Wiskundewenke vir ouers aan die begin van die jaar

Marise Oberholzer Skole 2016-01-18

"Wiskunde hoef natuurlik nie net beperk te wees tot huiswerktyd nie. Die kombuis is byvoorbeeld ‘n plek waar kinders die mates aanleer van die meetinstrumente wat ons vir bak en brou gebruik. Op pad na die skool kan kinders verskillende vorme in die omgewing opnoem of die getalle op motors se registrasienommers bymekaar tel."

USAN-kongres 2016: Volledige program

LitNet Akademies en skole 2016-01-15

Die Departement Afrikaans en Nederlands van die Universiteit Stellenbosch bied van 19 tot 21 Januarie vir die tweede keer ’n samekoms aan van uitgelese jong intellektuele wat gereed staan om gedagtes oor die taal- en letterkunde uit te ruil.

Top