Akademies en skole
Welkom by LitNet se opvoedingswerf
Welcome to LitNet's educational site
Geakkrediteerde aanlyn joernaal
Die tante uit Nederland as liminale karakter in Etienne van Heerden se Kikoejoe (1996) en 30 nagte in Amsterdam (2008)
2016-04-25In hierdie artikel onderneem Joan-Mari Barendse ’n ondersoek na die rol en funksie van die karakters tant Geertruida in Kikoejoe en Tante Zan in 30 nagte in Amsterdam van Etienne van Heerden.
ALV-kongres 2016: Tweede oproep
2016-04-21Hiermee 'n uitnodiging om referaatvoorstelle voor die 29ste April 2016 voor te lê.
Die hadeda as liminale dier in Kaar van Marlene van Niekerk
2016-04-19"Hierdie ondersoek geskied vanuit die invalshoek van dierestudies, ’n onderafdeling van die ekokritiek, en dui aan in watter mate Van Niekerk in hierdie bundel die mens desentraliseer."
Die eis om onregmatige lewe: bestaanbaar in die deliktereg of word die gemenereg buite sy perke gestrek?
2016-04-15"Soms, as gevolg van onder andere nalatige mediese advies, word gesinne gekonfronteer met die realiteite van ’n lewe met gestremdheid. Die eis om onregmatige lewe is ’n eis wat deur ’n kind, verteenwoordig deur sy ouers, teen ’n mediese praktisyn ingestel word."
Graad 3: Toetse, vraestelle en memoranda (beskikbaar in Afrikaans, Engels, Xhosa en Sotho)
2016-04-06Is daar ’n graad 3-leerder in jou huis? Hier is gratis toetse, eksamenvraestelle en memoranda vir Afrikaans, Engels, Xhosa, Sotho en wiskunde.
Die inslag van die Gotiese in die Afrikaanse literatuur: ’n ondersoek na ’n eiesoortige Afrikaanse Gotiek aan die hand van die Faust-motief
2016-04-05Hoe vind die Gotiese inslag in die Afrikaanse letterkunde, en kan daar van ’n eiesoortige Afrikaanse Gotiek gepraat word?
Einstein-kompetisie: R17 000 op die spel in Afrikaanse slimkop-kompetisie
2016-04-05Die Einstein-kompetisie is ’n nuwe kompetisie – die eerste in sy soort in Suid-Afrika – wat jong navorsers by universiteite uitdaag om hulle eie navorsing in 130 karakters op te som.
Vonnisbespreking: Deliktuele aanspreeklikheid weens 'n late: onregmatigheid en nalatigheid
2016-03-29Hierdie bespreking neem die kernkwessies onregmatigheid en nalatigheid onder die loep om moontlike verwarring uit die weg te ruim en duidelikheid oor die toekomstige toepassing van die twee delikselemente te probeer bring.
Uitverkiesing en evangeliese spiritualiteit
2016-03-29"Ten spyte van sporadiese protes was die neiging in die Kerk oor die algemeen om die evangeliese spiritualiteit uit te leef en terselfdertyd die uitverkiesingsleer as ortodoks Gereformeerd formeel te onderskryf sonder om die konsekwensies daarvan te aanvaar. Dat hier ’n teenstrydigheid bestaan het, is gewoon aanvaar sonder om dit te probeer oplos."
(On-)Verantwoordelike rolprentvervaardiging: Die voorstelling van plaasmoorde in Darrell Roodt se Treurgrond (2015)
2016-03-22"Die teenwoordigheid van AfriForum, TLU en Steve Hofmeyr, tesame met die aanwending van die spanningsrillergenre, die skouspelagtigheid, die klassieke Hollywoodstruktuur en die voorsiening van 'n slotsom in die finale tonele, manipuleer die gehoor tot 'n oorvereenvoudigde persepsie van plaasmoorde."
Groeperings in nominale relatiewe konstruksies in die Griekse Nuwe Testament
2016-03-17"Die anaforiese verbande tussen sodanige opgestapelde relatiewe bysinne en hul antesedent(e) stem ooreen met dié in verskeie moderne tale, asook die volgorde van beperkende en bystellende relatiewe bysinne, in gevalle waar hulle saam opstapel."
Vonnisbespreking: Die magtiging wat vereis word vir strukturele verandering aan ’n deel en die aangrensende gemeenskaplike eiendom in ’n deeltitelskema
2016-03-08"Die nuutheid van die regsvraag in hierdie saak was dat die Wet op Deeltitels en die voorgeskrewe bestuurs- en gedragsreëls nie die veranderinge binne woonstelle en aan die gemeenskaplike mure wat die woonstel omring, behoorlik reguleer nie."
Van opera tot “politopera”? Nuwe strominge in Suid-Afrikaanse operakomposisie en -resepsie
2016-03-07Operakomposisie in Suid-Afrika het veral sedert 2010 opvallend toegeneem en dit is opmerklik dat die temas van nuutskeppings in die operagenre toenemend resoneer met onderwerpe en inhoud wat vir Suid-Afrika ter sake is. Hierdie artikel het ten doel om bondige oorsigte van agt operas wat sedert 2010 gekomponeer is, aan te bied, tesame met ’n kritiese beskouing van sekere aspekte van die werke.
Vakature: Lektoraat: Departement Afrikaans: Oos-Londenkampus
2016-03-02Aansoeke van geskikte kandidate word ingewag. Sluitingsdatum: 4 Maart 2016.
Die sekurokratisering van die Suid-Afrikaanse staatkundige bestel – ’n tendensbepaling
2016-03-01"Die plaaslike verkiesing van 2016 en hoe veiligheidsinstellings aangewend word, kan ’n belangrike rigtingwyser wees vir die manier waarop die staat in die toekoms veiligheidsinstellings gaan plaas en aanwend."
Nuwe Geskiedenis-blokraai: Hoofstuk 1 – wenner aangekondig
2016-02-25Knap jou geskiedenis op saam met blokman Gerrit Rautenbach, en wen lekker boeke op die koop toe.
Volwasse studente in hoëronderwysinstellings: Die portefeulje-ontwikkelingskursus as ’n voorbereidingsmeganisme vir akademiese sukses
2016-02-23"Hoëronderwysinstellings moet toenemend aanpas by uiteenlopende, nietradisionele studentegemeenskappe, insluitend ouer volwasse studente. Die ondersoek waarop hierdie artikel gebaseer is, het bepaal hoe die erkenning-van-voorafleer- (EVL-) proses by een so ’n instelling die volwasse student voorberei om suksesvol te wees."
Nagraadse toekennings vir studie in enige vakdissipline in Afrikaans
2016-02-19Die SAAWK stel vir 2017 'n beperkte getal beurse/toekennings beskikbaar, bedoel vir nagraadse studie deur die medium van Afrikaans in enige studierigting.
Literêre prestige: Die geval Eleanor Baker
2016-02-18Het die vroulike perspektief en tematiek in Eleanor Baker se werk haar plek in die kanon negatief geraak? Marian Human-Nel en Hennie van Coller ondersoek Baker se literêre prestige.
