Akademies en skole
Welkom by LitNet se opvoedingswerf
Welcome to LitNet's educational site
Geakkrediteerde aanlyn joernaal
Vernuwing in die bestudering van religie en religieë
2016-12-07"Die artikel bespreek nie net die kwessie van die betekenis van vernuwing nie, maar stel veral maniere voor wat vernuwende insigte moontlik kan maak in ’n akademiese veld wat mense en religie as ’n invloedryke krag in ons wêreld bestudeer."
Die praktyk van vernedering: slawerny en Christelike asketisme in laat-antieke Sirië
2016-12-06"’n Individu se selfverstaan het met die erkenning van sy of haar status as verslaaf, vrygelaat, of vrygebore begin. Daar is verwag dat ’n persoon se gedrag sy of haar status sou weerspieël."
Roland Barthes en die belang van outonomie vir die moderne skrywer
2016-11-30"Hoewel die letterkunde as moderne aktiwiteit nie kan bestaan sonder die allerbelangrike eienskap van die outonomie (soewereiniteit) van skrywer en teks nie, is die moderne skrywer in postmoderne verband, ironies, ’n maaksel wat baie onseker geword het."
S v Pistorius: Ope geregtigheidspleging, mediadekking van hofverrigtinge en die olifant in die kamer
2016-11-30"Wat die kyker sien, is nie noodwendig dieselfde wat hy of sy sou waarneem in die hofsaal nie, aangesien die uiteindelike produksie wat uitgesaai word deur die voorkeure, vooroordele en ideologiese of politieke oortuiging van die regisseur beïnvloed kan word."
Ontleding van sosiogramme as metode om die doeltreffendheid van genetwerkte leer in ’n skoolgebaseerde wiskundevakgroep te ondersoek
2016-11-28"Die staat vereis dat onderwysers saamwerk, maar bied geen metode om die doeltreffendheid van genetwerkte leer te ondersoek nie."
Wysheid
2016-11-24"Ek sien raak hoe die wolke soms prente vir die verbeeldingrykes skets en hoe die karre wat verbyry gesigte trek."
Grootouers se rolle en belewenisse as hoofversorgers van hulle kleinkinders
2016-11-23"In die Suid-Afrikaanse konteks word die sosiale konteks waarin grootouers hulle bevind, onderlê deur sosiale norme wat teenstrydig is met die opneem van primêre ouerskaprolle wat eintlik in ’n jonger lewensfase hoort."
Voldoen eietydse Suid-Afrika aan die vereistes vir die inwerkingstelling van ’n ontwikkelingstaatstrategie?
2016-11-17"Alhoewel politici en akademici oor ’n breë spektrum die inwerkingstelling van ’n ontwikkelingstaatstrategie as ’n moedige en selfs noodsaaklike stap beskou ten einde ekonomiese groei te stimuleer, is daar egter geen eenstemmigheid oor die vraag of eietydse Suid-Afrika aan die vereistes vir die inwerkingstelling van sodanige strategie voldoen nie."
Graad 4-wiskundevraestel en -memorandum (November)
2016-11-11Dis eksamentyd! Hier is ’n gratis graad 4-vraestel en -memo wat jou met hersiening kan help.
Bruin gesinne se belewenisse van die negatiewe uitwerking van ouerlike alkoholmisbruik
2016-11-09"Met inagneming van die geskiedkundige agtergrond en huidige vlakke van alkoholmisbruik onder die bruin bevolkingsgroep in die Wes-Kaap ... is daar besluit om ’n verkennende, kwalitatiewe-ondersoek-ontwerp te gebruik om ’n beter begrip te kry van hoe hierdie gesinne deur die krisis van ouerlike alkoholmisbruik geraak word. Hierdie insig is belangrik, aangesien dit nuttige inligting vir voorkomingsprogramme kan bied."
Aantekening: Opmerkings oor die eienskappe van die maatskappy met persoonlike aanspreeklikheid
2016-11-07"Die blywende indruk in die identifisering van die eienskappe van die maatskappy met persoonlike aanspreeklikheid is dat, nes met die privaatmaatskappy en die beslote maatskappy, die betrokke bepalings wyd oor die Maatskappywet en regulasies versprei is en as’t ware uit die omvattende en ingewikkelde wetgewing 'gekam' moet word."
Graad 9-wiskundevraestelle en memorandums (November)
2016-11-04Eksamentyd! Hier is gratis graad 9-vraestelle en memo's wat sal help om die hele jaar se werk te hersien.
Skoleseminaar: Aanspreeklikheid in die onderwys
2016-11-03"Inderdaad het alle kinders toegang tot skole, maar onderwyskenners is dit eens dat alle leerders nie toegang tot gehalte- en goeie onderwys het nie."
Digitaal en speel-speel leer met Xander: 'n onderhoud
2016-11-01"Ons wil graag dmv hoëkwaliteit-, digitale toepassings ons eie kinders ’n geleentheid gee om digitaal te kan meeding met hul eweknieë wêreldwyd. Hulle kan nou nuwe konsepte in hul eie taal bemeester ..."
Nienakoming van die voorgeskrewe prosedures na indiening van ’n direksiebesluit om met ondernemingsredding te begin: Is Panamo Properties (Pty) Ltd v Nel die (regte) antwoord?
2016-10-28"Die feit is egter dat die moontlikheid nou geskep is vir veel groter misbruik deurdat direkteure met die proses kan begin om voordeel trek uit die gevolge wat outomaties intree, maar vir ’n onbepaalde tydperk geen kennis aan geaffekteerde persone gee nie, en ook nie ’n ondernemingsreddingspraktisyn aanstel wat hul magte en bevoegdheid sal beperk nie."
Boland se leerders skryf skerp Afrikaans
2016-10-27"Hoërskoolleerders van die Drakenstein-omgewing in die Boland het hulle sterk uitgelaat oor Afrikaans as onderrigtaal tydens die jaarlikse Skerpskryfkompetisie."
Weerstand teen huisvesting van swart studente deur die Potchefstroomse Universiteit vir CHO, 1987 tot 1990
2016-10-27"Die wyse waarop die universiteit uit pas was met sosiopolitieke ontwikkelings in die land kan veral gesien word in die onvermoë om geleenthede te benut wat deur al die ander universiteite gebruik is om veranderings in hulle bestuur van inwoning op kampusse aan te bring."
Vonnisbespreking: Die aksie van afhanklikes weens die dood van hul broodwinner: Veel lawaai en weinig wol?
2016-10-25"Die afleiding dat die ontwikkelde Tswanareg gelykstaande is aan die inheemse Afrika-gewoontereg in die algemeen kom daarop neer dat ’n besondere stamregstelsel algemeen op swart landgenote toepassing vind. Sal ’n mens werklik hierdie as ’n presedent kan voorhou waar die litigante byvoorbeeld Xhosas of Vendas is? Na my mening sal dit nie geregverdig wees nie."
Uitverkiesing en evangelikaalse spiritualiteit: die “Bekommerd”-debat
2016-10-24"In die dertigerjare van die vorige eeu was daar in Suid-Afrika ’n sterk oplewing van Kuyperiaanse neocalvinisme. Die neocalviniste het hulle begin organiseer in ’n beweging met die doel om die neocalvinistiese ideologie van Abraham Kuyper op alle terreine van die Suid-Afrikaanse samelewing te versprei."
