Akademies en skole
Welkom by LitNet se opvoedingswerf
Welcome to LitNet's educational site
Geakkrediteerde aanlyn joernaal
Wonder jy of jy vanjaar moet gaan skoolhou in Korea?
2016-01-14"As jy lus is vir ‘n nuwe blaadjie omslaan en ‘n baie groot uitdaging, klim op die volgende vliegtuig."
Uitnodiging vir nominasies vir die R500 000 Jan H Maraisprys
2016-01-12Doen nou aansoek vir die SA Akademie vir Wetenskap en Kuns se nuut ingestelde Jan H Maraisprys. Nominasies word ingewag tot 25 Januarie 2016.
Wiskunde is nie "a bag of tricks" nie
2016-01-11"Watter getal is tussen 6 en 8? Daar is 'n oneindige aantal getalle tussen 6 en 8."
Wiskundebegrip is soms belangriker as wiskundepunte.
2015-matriekuitslae: 'n blink toekoms wink
2016-01-08"Die toename in die 2015-slaagsyfer onder leerders van skole wat armer areas bedien, is verblydend – sowel as die feit dat die gaping in die slaagsyfers van skole in bevoorregte areas en skole in armer areas, vernou het."
Die nugtere mistiek van Andrew Murray
2015-12-28"Hierdie revisionêre herbesinning oor Murray se mistiek onderstreep dat die mistiek, soos Murray geskryf het, ’n wesenlike, selfs natuurlike, kenmerk van godsdienstige ervaring is en daarom ’n noodsaaklike plek in die godsdienstige diskoers het."
Die Belharbelydenis, die Bybel en Jesus van Nasaret
2015-12-23"Hoekom het die bevrydingsteoloë eers in die 20ste eeu ontdek dat die Drie-eenheid aan die kant van armes en onderdruktes staan? [...] Kry ons nie hier met twee weersprekende godsbeskouings te doen nie: (i) die God van die staat en die magtiges, en (ii) die God van die onderdruktes en armes?"
'n Prosesevaluering van 'n verkeersoortrederswerkopdrag
2015-12-21"Dit het dalk tyd geword dat daar in Suid-Afrika se regstelsel meer voorsiening gemaak word vir doeltreffende rehabilitasieprogramme eerder as blote boetes of tronkstraf."
“Moenie my ‘jy’ en ‘jou’ nie” – die gebruik van u in die 21ste eeu. Resultate van ’n loodsondersoek
2015-12-17In hierdie artikel lewer Nerina Bosman en Annél Otto verslag van ’n kwantitatiewe loodsstudie na die gebruik van u.
Ontslag van ’n beskuldigde na die sluiting van die vervolgingsaak: openbare mening en die reg op ’n billike verhoor ingevolge die akkusatoriese strafprosesregstelsel
2015-12-15"Adjunkregterpresident Traverso het op 8 Desember 2014 die aansoek om ontslag, na sluiting van die vervolgingsaak teen Shrien Dewani, wat aangekla was van sameswering tot ontvoering, roof en moord van sy vrou, Anni, toegestaan. Hierdie beslissing was vir die oorledene se familie en lede van die publiek in die algemeen ’n skok ..."
Sin van plek, ingeplaastheid en bioregionaliteit in ’n kunstenaarsboek-installasie, Mooirivier: weerspieëling en weerklank
2015-12-14"Hierdie artikel bespreek ʼn praktykgebaseerde navorsingsprojek: ʼn kunstenaarsboek-installasie met die Mooirivier in die Potchefstroom-omgewing as tema."
Protreptiek en paranese: perspektiewe op die wending in boek 10 van Augustinus se Confessiones
2015-12-14"Die openingsparagrawe van boek 10 van die Confessiones word ontleed om aan te toon hoe dit ’n kontras vorm met die voorafgaande nege boeke, waar protreptiese kommunikatiewe doelstellings sterk op die voorgrond is."
Gesprek: "Meneer, ek wil net iets word ..."
2015-12-10Hoe styg 'n werkersklaskind uit bo sy omstandighede? Hier gesels drie opvoedkundiges oor hoe jou denke jou keuses beïnvloed.
Nuusberig 2: Studentesimposium in die Natuurwetenskappe by die Universiteit van die Vrystaat
2015-12-09"Terminologie-ontwikkeling op elke denkbare studieveld in 'n verskeidenheid tale in ons multitalige landsopset bemagtig alle taalgroepe ..."
Nuusberig 1: Studentesimposium 2015, Universiteit van die Vrystaat, Bloemfontein
2015-12-09Op 29 en 30 Oktober 2015 het die departemente chemie en fisika van die Universiteit van die Vrystaat die vyftiende jaarlikse Studentesimposium in die Natuurwetenskappe aangebied, in samewerking met die Suid-Afrikaanse Akademie vir Wetenskap en Kuns (SAAWK).
’n Kritiese vergelyking tussen Basilius van Sesarea, Johannes Chrysostomus en Ambrosiaster se sienswyses aangaande die behandeling van slawe
2015-12-09"Al drie die skrywers op wie hierdie artikel fokus, het slawerny aanbeveel solank as wat slawe regverdig behandel is en lyfstraf slegs met gematigde geweld toegepas is."
Menseregte, die omgewing en omgewingskonstitusionalisme
2015-12-08"Deurdat omgewingsbewaring toenemend verskans word in grondwette, vernaamlik by wyse van omgewingsmenseregte, word die moontlikheid geskep om omgewingsbelange in ’n juridiese sin te verhef en om geleidelik aan die omgewing groter status te verleen binne die grondwetlik-beskermende domein van regstelsels oor die wêreld heen."
“Akkedisdis eet die visvis”: Orale narratief en persoonlike transformasie in die Karoo – ’n gevallestudie
2015-12-07"De Wee se narratief verwoord haar pogings om haarself en haar sosiale omgewing te transformeer deur die beklemtoning van sekere persoonlike en sosiale kwessies, veral haar stryd met epilepsie en ongeletterdheid, asook die dinamika van politiek, klas, gender en ouderdom."
Aanspreeklikheid weens ’n late: Versoening tussen die tradisionele en nuwe toets vir deliktuele onregmatigheid, of nie?
2015-12-03"Aangesien ons howe ’n konserwatiewe benadering tot die uitbreiding van Aquiliese aanspreeklikheid volg en daar nie voldoende positiewe beleidsoorwegings was wat aanspreeklikheid rugsteun nie, verdien die slotsom dat die late nie onregmatig was nie, instemming. Dan geld die basiese uitgangspunt in ons reg dat skade rus waar dit val (res perit domino)."
Doksa en verwerkliking van leeridentiteitspraktyke van hoërskoolleerders in ’n landelike werkersklasdorp
2015-12-03Henry Fillies en Aslam Fataar fokus in hierdie artikel op die aanpassings wat werkersklasleerders moet maak om hul leerpraktyke te bou. Hulle bied insig in wat dit verg om ’n leerder in ’n landelike werkersklasdorp te wees. Die artikel bied veral begrip van hul produktiewe leeridentiteitspraktyke te midde van diepgewortelde armoede.
Jeugresensie: Jasper op hoërskool deur CF Beyers-Boshoff
2015-12-02"Jasper-hulle vang baie kattekwaad aan, maar hulle is eintlik ouens met goeie harte."
