Blou Maandag

  • 0

Blou Maandag
(White privilege)

my blou Maandag 
dra 'n wit pak
sit en kyk ou re-runs
van die 1995 rugbyeindstryd
eet biltong terwyl ek wakkerword
woeker rond en kla
oor die parlement se kak besluite

my blou Maandag 
dra 'n paar kinders op haar heup
ruil doeke om in Durbanville 
terwyl Morningstar se gunshots 
deur ABBA uitgedoof word
sy is 'n dancing queen
wat galop oor al die geld wat sy nie eintlik 
"mag" uitgee nie

my blou Maandag
is 'n gewone Maandag
nie gewond soos Kamfer 
of Trantaal
of Adam Small s'n nie

hy lyk goed en opgevoed
terwyl ek in my skoolbank sit
en skryf oor die man
wat (gillend by die straat af)
oor Jesus se pa 
vrae gevra het

  • 0

Reageer

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Kommentaar is onderhewig aan moderering.


 

Top