LitNet Akademies
|
Telefoon: 021 886 5169 |
![]() |
![]() |
|
|
||
LitNet Akademies, as onderafdeling of node van LitNet waar portuurbeoordeelde artikels gepubliseer word, vorm ’n geakkrediteerde akademiese aanlyn joernaal wat Afrikaanse navorsingsartikels publiseer. ’n Kern-doelstelling van LitNet Akademies is om Afrikaans as akademiese en vaktaal te bevorder, en derhalwe word slegs artikels wat oorspronklik in Afrikaans gekonseptualiseer en geskryf is, gepubliseer.
Om navigasie te vergemaklik, is dit verdeel in die volgende onderafdelings:
- LitNet Akademies (Ekonomiese en Bestuurswetenskappe)
- LitNet Akademies (Geesteswetenskappe)
- LitNet Akademies (Godsdienswetenskappe)
- LitNet Akademies (Natuurwetenskappe)
- LitNet Akademies (Opvoedkunde)
- LitNet Akademies (Regte)
Al hierdie afdelings vorm deel van die aanlyn joernaal LitNet Akademies. Hierdie geakkrediteerde gedeelte van LitNet is volkome geïntegreer met die LitNet-hiperteksomgewing: Die akademiese artikels wat hier geskakel word, word aangevul deur LitNet-onderhoude, videogrepe op LitNet se YouTube-kanaal, aanlyndebatte op LitNet se Seminare & Essays en resensie-essays in ons node Boeke en skrywers. Elke artikel wat hier gepubliseer word, is dus deel van ’n multidissiplinêre en dinamiese benadering binne ’n hiperteksomgewing.
Lees meer oor LitNet, die node vir akademiese skryfwerk en www.voertaal.nu.
• Navrae en voorleggings kan gerig word aan akademies@litnet.co.za
• LitNet Akademies vra geen bladgelde van bydraers nie.
• Die skrywers van artikels of ander materiaal behou kopiereg.
’n Ondersoek na Dennis Boks se veerkragtigheidshoedanighede in die konteks van ’n histories benadeelde gemeenskap
2019-03-14"Boks se meesleurende storie is ’n lewende getuienis van wat gedoen kan word as ’n mens bereid is om verby die pyn van swaarkry te kyk en vorentoe te beur na ’n lewe van uitnemendheid en hoër standaarde. Daarom kan hy met reg beskou word as ’n ware en buitengewone rolmodel vir inwoners in histories benadeelde gemeenskappe."
Opvoederwees te midde van die realiteite van landelike geenskoolfondslaerskole
2019-03-07"Opvoeders in landelike geenskoolfondsskole se veerkragtigheid is tekenend van die persoonlike agentskap wat hulle toepas in reaksie op omgewingstressors. Dit stel uiteindelik hierdie individue in staat om psigologies volhoubaar te funksioneer ten spyte van hulle werkstoestande."
Humor in kinderliteratuur: ’n Beskouende ondersoek na enkele soorte humor en die waarde van humor in fiksietekste vir kinders
2019-02-28"Humor kan op ’n individueel-psigologiese vlak sowel as op ’n literêr-sosiologiese vlak ’n heilsame en positiewe invloed hê. Dit is noodsaaklik dat ’n jong leser plesier put uit wat hy lees sodat dit hom of haar motiveer om steeds meer te wil lees."
’n Behoefte aan die integrering van tegnologie in die Afrikaans Huistaal-klaskamer om die ontwikkeling van 21ste-eeuse vaardighede te ondersteun: ’n gevallestudie
2019-02-21"Hierdie artikel ondersoek en evalueer krities die redes waarom ons tegnologie in die onderrig van Afrikaans Huistaal wil integreer. Die bevinding is dat die Afrikaans Huistaal-onderwyser leerders vir die 21ste eeu gereed behoort te maak en daarom behoort tegnologie-integrasie in die klaskamer plaas te vind."
Taalkommunikasiedosente se persepsies en verwagtinge van e-leerondersteuning om dienslewering te verbeter
2019-02-14"Taalkommunikasiedosente in die universiteit het ’n besondere taak om studente in die taal van onderrig voor te berei vir akademiese kommunikasie oor alle vakgebiede heen. Met LBS-gebruik en effektiewe ondersteuning is dit ’n bereikbare mikpunt."
''Ons skryf soos ons praat'': Informalisering van geskrewe Afrikaans onder Afrikaanse tieners
2019-02-07"Taal is voortdurend aan die verander, en een van die kragte wat op taalverandering inwerk, is informalisering, dit is die integrasie van spreektaalvorme in die skryftaal."
Omgewingsregeerkunde, die menslike persoon en die sosiale orde: ’n hervertolking
2019-01-15"Sonder ’n staat wat sterk genoeg is om openbare goedere te voorsien, misluk die geliberaliseerde moderne markorde in vele opsigte om die wêreld se grootste ekologiese en sosiale probleme die hoof te bied. Die populistiese reaksie is ’n gevaarlike pad wat na ander vorme van totalitarisme lei."
Die vertaling van eiename by Deon Meyer: ’n ondersoek na konsekwentheid
2018-12-18"Vertaalbesluite moenie lukraak geneem word nie, aangesien dit die oordrag van die intrinsiek Suid-Afrikaanse elemente, ’n kernelement in Meyer se werk wat onder andere in die eiename tot uitvoering gebring word tot nadeel strek."
Mens-dier-verhoudings in Thomas Mofolo se historiese roman Chaka (1925, 2017)
2018-12-18"Mofolo se roman blyk voorts ’n goeie voorbeeld te wees van De Mello se siening dat aandag aan die rol van diere insigte bied oor die teks self: in hierdie geval die roman se negatiewe oordeel oor Chaka se bewind as strydig met die gees van Afrikahumanisme."
Die Arabiese trajek in die post-Karolingiese periode van Middeleeuse filosofie
2018-12-13"Mag die artikulering van die Arabiese trajekte in die Karolingiese en post-Karolingiese periodes van Middeleeuse filosofie in hierdie artikel en die voorafgaande hiervan, ’n 21ste-eeuse resepsie van Middeleeuse filosofie verruim en verryk."
Die Arabiese trajek in die Karolingiese periode van Middeleeuse filosofie
2018-12-13"Middeleeuse filosofie word daarom sowel ensiklopedies as in terme van ’n 21ste-eeuse kulturele verantwoording verryk indien die Arabiese trajek chronologies by die Westerse register ingesluit word – en dus nie tot individuele nisnavorsing en ’n eenkant-rubriek soos "filosofie van Islam" beperk en daarmee effektief uitgesluit word nie."
Selfgerigte leer: Die ervarings en menings van lewenswetenskappe-onderwysstudente tydens die gebruik van werkkaarte in ’n koöperatiewe onderrig-leer-omgewing
2018-12-12"Navorsing toon dat baie onderwysinstellings, soos skole en universiteite, nie studente lewer wat oor voldoende selfgerigte-leer-vaardighede beskik om nasionale sowel as globale probleme op te los nie."
Hibriditeit en outentisiteit as kulturele merkers in Nico Carstens se musiek
2018-12-11"Die vraag waarop daar gefokus word, belig die wyses waarop Carstens as komponis en trekklavierspeler daarin geslaag het om tradisionele boeremusiekidiome deur middel van ’n versmelting van verskillende musikale invloede en style te verryk tot ’n gestileerde, dog hoogs toeganklike en bemarkbare Suid-Afrikaanse populêre-musiek-identiteit."
Die vleesgeworde Woord by Martinus Nijhoff en D.J. Opperman
2018-12-11"Vir sowel Nijhoff as Opperman moet die gedig los kom van sy maker en outonoom wees. Die digter bereik die sterkste mate van outonomie in die gedig deur hom te identifiseer met ’n personasie buite homself wat voortkom uit die magnetiese aangetrokkenheid van vlees tot vlees."
Morele leierskap: Die skoolhoof as agent vir die vestiging van morele waardes ter bevordering van skoolklimaat
2018-12-10"Die skoolhoof is die hoofrolspeler in ’n skool; vanaf die skoolhoof kom die klimaat van die skool en die klimaat is die morele gevoel wat afgelei is van die waardes wat die skoolhoof verkondig en tot aksie bring. Die rituele en tradisies in skole gee lewe aan die waardes wat die leier voorstaan en word die grondslag waarop die klimaat, kultuur en gemeenskap gegrond is."
Leesbegripprobleme van niemoedertaalsprekers in Afrikaanshuistaalklasse: moontlike oplossingstrategieë
2018-12-07"Alhoewel talle navorsingstudies daarop dui dat onderwysers oorweldig en gefrustreerd voel omdat hulle nie bevoeg voel om die unieke behoeftes van niemoedertaalsprekers in hulle klasse aan te spreek nie, word weinig deur die Departement van Basiese Onderwys gedoen om onderwysers in dié verband professioneel te ontwikkel. Dus het ons ’n professioneleontwikkelingsprogram ontwerp en toegepas gebaseer op die behoeftes van 62 Afrikaanse-huistaalonderwysers in die Kaapse Wynland Onderwysdistrik."
Die leierskapstyle van akademies presterende skole se skoolhoofde en die trefkrag daarvan op skoolklimaat
2018-12-04"’n Positiewe skoolklimaat lei daartoe dat opvoeders meer doeltreffende onderrig en leer toepas tot voordeel van die leerders."
Multimodale idiolektiese taalgebruik en skrywerskapverifikasie: ’n korpusontleding van Joan Hambidge se idiolek oor die grense van genres
2018-12-04"'Hoe herkenbaar is die idiolek van ’n enkele skrywer wanneer die ondersoek na hierdie individu se idiolek oor die grense van genres uitgevoer word?' Om dié vraag te beantwoord, is ’n korpusondersoek onderneem om te bepaal wat die verskillende kenmerkende eienskappe van Joan Hambidge se idiolek is en om te bepaal of dit oor die grense van die multimodaliteite en genres sigbaar is."
Die Slag van die Chambinga, 9 en 11 November 1987: ’n taktiese en operasionele ontleding
2018-11-28"In dié artikel word nuwe getuienis aangevoer vir die gevolgtrekking dat alhoewel die Brigade weggekom het, dit te swaar beskadig was om verder te veg. Só is die basiese doelstelling waarmee die Suid-Afrikaners die vyand aangeval het, tog bereik. Ten slotte word sowel Fapla as die SAW se optrede gemeet aan die hand van die beginsels van oorlogvoering wat die SAW destyds verkondig het."
Vonnisbespreking: Nog ’n vriendskaplike-sekwestrasie-aansoek sneuwel
2018-11-27"Onnodige struikelblokke vir toegang tot skuldverligting, soos beperkings op die skuldlas van die skuldenaar, moet uitgeskakel word. Dit is verder noodsaaklik dat die stelsel gelyke beskerming en skuldverligting bied aan alle skuldenaars wat met skuld oorbelas is."




