LitNet Akademies

tao200

Telefoon: 021 886 5169
E-pos: akademies@litnet.co.za
https://doi.org/10.56273/1995-5928/LA
Alle gepubliseerde artikels is ooptoegang ingevolge lisensie CC BY-NC-ND.

LitNet Akademies, as onderafdeling of node van LitNet waar portuurbeoordeelde artikels gepubliseer word, vorm ’n geakkrediteerde akademiese aanlyn joernaal wat Afrikaanse navorsingsartikels publiseer. ’n Kern-doelstelling van LitNet Akademies is om Afrikaans as akademiese en vaktaal te bevorder, en derhalwe word slegs artikels wat oorspronklik in Afrikaans gekonseptualiseer en geskryf is, gepubliseer.

Om navigasie te vergemaklik, is dit verdeel in die volgende onderafdelings:

Al hierdie afdelings vorm deel van die aanlyn joernaal LitNet Akademies. Hierdie geakkrediteerde gedeelte van LitNet is volkome geïntegreer met die LitNet-hiperteksomgewing: Die akademiese artikels wat hier geskakel word, word aangevul deur LitNet-onderhoude, videogrepe op LitNet se YouTube-kanaal, aanlyndebatte op LitNet se Seminare & Essays en resensie-essays in ons node Boeke en skrywers. Elke artikel wat hier gepubliseer word, is dus deel van ’n multidissiplinêre en dinamiese benadering binne ’n hiperteksomgewing.

Lees meer oor LitNet, die node vir akademiese skryfwerk en www.voertaal.nu.

• Navrae en voorleggings kan gerig word aan akademies@litnet.co.za
LitNet Akademies vra geen bladgelde van bydraers nie.
• Die skrywers van artikels of ander materiaal behou kopiereg.

Grondhervorming: Is onteiening sonder vergoeding die magiese “silwer koeël” of is dit ’n (berekende) skoot in die donker?

Juanita Pienaar LitNet Akademies (Regte) 2019-10-09

“Hierdie bydrae ondersoek die moontlikheid of die onlangse ontwikkelings, spesifiek onteiening sonder vergoeding, inderdaad grondhervorming gaan bevorder.”

Perseptuele vaardigheid, konsepvorming en die uitvoerende funksie van die brein in die preprimêre-onderwyspraktyk – ’n ondersoekende studie 

Ansie Lessing, Marike W de Witt LitNet Akademies (Opvoedkunde) 2019-10-09

“Die swak leesprestasie van Suid-Afrikaanse kinders bly ’n bekommernis vir opvoeders.”

Holistiese Christelike Afrika-spiritualiteit tydens siekte en krisis: ’n Pastoraal-hermeneutiese perspektief

Martin Khoaseb, Christo Thesnaar LitNet Akademies (Godsdienswetenskappe) 2019-10-09

“Die veronderstelling is dat holistiese Christelike spiritualiteit ’n sterk basis van hoop aan Afrika-mense tydens siekte en krisis bied.”

’n Hervoorstelling van die begrip Grond tydens ’n ondersoek na die rol van Grondgebaseerde onderwys in Suid-Afrika

Krystle Ontong LitNet Akademies (Opvoedkunde) 2019-10-07

“’n Groter bewustheid kan moontlik tot ’n afname in protesaksies lei.”

Die ontwikkeling van die Suid-Afrikaanse militêre doktrine

Leopold Scholtz LitNet Akademies (Geesteswetenskappe) 2019-10-02

“Die punt is dat die Afrikaners op taktiese gebied – in sowel die Anglo-Boereoorlog as die Grensoorlog – ’n natuurlike instink gehad het wat hulle baie goed te staan gekom het. Op operasionele en strategiese vlak was dit egter ’n ietwat ander storie.”

’n Ondersoek na die hindernisse om presisieboerdery in die Oos-Vrystaat te implementeer

Christo Bisschoff, Bertie Michau LitNet Akademies (Ekonomiese en Bestuurswetenskappe) 2019-10-02

“Die vooruitskouings [is] dat dié land teen 2040 moontlik twee derdes van sy basiese voedselvoorrade gaan invoer.”

Die konseptualisering van volhoubare landelikelewensbron-ontwikkeling in Suid-Afrika met verwysing na volhoubare ontwikkeling as grondslag: ’n navorsings- en oorsigartikel

Menini Gibbens, Carel Schoeman, Juaneé Cilliers LitNet Akademies (Geesteswetenskappe) 2019-09-30

“In Afrika, en ook in Suid-Afrika, is dit noodsaaklik om daarop te let dat volhoubare ontwikkeling haalbaar sal wees slegs indien arm en rantstandige gemeenskappe spesifiek ingesluit word in die proses.”

Visuele uitbeeldings van ’n miskraam in die kunswerk Loss: ’n Kritiese toepassing van Freud se teorieë van verlies en trauma

Nathani Lüneburg LitNet Akademies (Geesteswetenskappe) 2019-09-27

“Ek ondersoek traumateorieë oor verlies en argumenteer in die lig hiervan dat rou ’n natuurlike, terapeutiese manier is om op verlies te reageer.”

China se eerste oorsese militêre basis in Djiboeti: ’n kontekstualisering van die oogmerke, politieke belange en toekomsmoontlikhede

Theo Neethling LitNet Akademies (Geesteswetenskappe) 2019-09-25

“Diplomatieke bande tussen China en Djiboeti bestaan reeds sedert 1997, maar dit was eers meer onlangs dat China sy voetspoor in dié klein Afrikastaat verdiep het.”

Herbesoek aan Afrikaanse klemtoon: Is dit (nog) ’n inisiëleklemtoontaal?

Daan Wissing LitNet Akademies (Geesteswetenskappe) 2019-09-19

“In hierdie bydrae word vanuit ’n verskeidenheid hoeke geargumenteer, en bewyse daarvoor verskaf, dat Afrikaans sterk wegbeweeg (het) van ’n kenmerkend inisiëleklemtoontaal.”

’n Ondersoek na die tegnologiese-pedagogiese-en-inhoudkennis (TPEIK) waartoe die Arend-toep toegang verleen

Christina Johanna (Christa) van Staden LitNet Akademies (Opvoedkunde) 2019-08-27

"Die Arend-toep is in 2018 ontwerp en ontwikkel om toegang tot die webgebaseerde Arend, ’n aanlynleeromgewing vir onderwysers, te verbeter."

Vonnisbespreking: Belastering van openbare figuur

Johann Neethling LitNet Akademies (Regte) 2019-08-22

"Hulle het geensins redelike stappe gedoen om van die lasterlike bewerings te verifieer nie en ook nie die applikant ’n kans gegun om op die bewerings te reageer nie."

Vonnisbespreking: Die grootte-klassifikasie van kredietfasiliteite ingevolge die Nasionale Kredietwet 34 van 2005

Stéfan Renke LitNet Akademies (Regte) 2019-08-14

"Die doel van hierdie bespreking is om in die lig van die Collotype-beslissing die kategorisering van kredietfasiliteite in verskillende groottes ingevolge die Nasionale Kredietwet 34 van 2005 (die Kredietwet) in oënskou te neem."

Die gradering en ordening van drie teikentake binne ’n taakgebaseerde leer-en-onderrig-program vir nie-Afrikaanssprekende internasionale universiteitstudente

Vernita Beukes, Elbie Adendorff LitNet Akademies (Opvoedkunde) 2019-08-08

"Die gradering en ordening van take binne die taakgebaseerde benadering speel ’n baie belangrik rol in sillabusontwerp."

Die integrasie van tegnologie in die Afrikaans Huistaal-klaskamer van skole in die Wes-Kaap: ’n gevallestudie

Ria Taylor, Michele van der Merwe LitNet Akademies (Opvoedkunde) 2019-08-02

"Hoe word tegnologie in die Afrikaans Huistaal-klaskamer van skole in die Wes-Kaap gebruik?"

Die kragtige oplewing van populistiese mobilisering in die eietydse internasionale stelsel – Deel 2: Oorsake en gevolge

Chris Nelson LitNet Akademies (Geesteswetenskappe) 2019-07-25

"Die getal politieke leiers wat deur die toepassing van hierdie besondere strategie tot regeerposisies regoor die wêreld verkies is, het tussen 1990 en 2018 vyfvoudig toegeneem, van vier tot 20."

Die kragtige oplewing van populistiese mobilisering in die eietydse internasionale stelsel – Deel 1: Literatuuroorsig, teoretiese benadering en voorkoms

Chris Nelson LitNet Akademies (Geesteswetenskappe) 2019-07-24

"Anders as sy voorganger se sosialistiese en anti-elitistiese retoriek (die plasing van blaam op witmonopoliekapitaal vir die werkloosheid, armoede en ongelykheid in die samelewing en die regstelling daarvan deur “radikale ekonomiese transformasie”) het Ramaphosa, soos president Bolsonaro van Brasilië, ’n nuwe liberale koers ingeslaan en sy retoriek daarby aangepas."

Rassisme, nasionalisme en die Gereformeerde tradisie: ’n narratiewe benadering

J.A. Schlebusch LitNet Akademies (Godsdienswetenskappe) 2019-07-14

"Die hoop is dat daar binne die Gereformeerde tradisie toenemend herbesinning sal plaasvind ten opsigte van die narratiewe bekragtiging van gangbare standpunte aangaande rassisme en nasionalisme."

De potestate regia et papali: ’n “uurglas”-bywerking van die mees onlangse Quidort-navorsing

Johann Beukes LitNet Akademies (Geesteswetenskappe) 2019-07-10

"Bogenoemde Quidort-uitsette toon dat navorsing in Middeleeuse filosofie sinteties steeds bo die gestandaardiseerde bronne kan uitstyg en die kanon van Middeleeuse filosofie altyd nog ’n keer kan verruim en verryk – maar daardie toenemend-problematiese kanon ook dialekties kan begin ondermyn."

Leierskapspraktyke van skoolhoofde en megaboere: ’n vergelyking en evaluering in twee verskillende kontekste

Leentjie van Jaarsveld LitNet Akademies (Opvoedkunde) 2019-06-30

"In ’n omgewing waar daar ’n gesonde verhouding tussen die leier en volgelinge is, sal vooruitgang aan die orde van die dag wees."

Top