LitNet Akademies
|
Telefoon: 021 886 5169 |
![]() |
![]() |
|
|
||
LitNet Akademies, as onderafdeling of node van LitNet waar portuurbeoordeelde artikels gepubliseer word, vorm ’n geakkrediteerde akademiese aanlyn joernaal wat Afrikaanse navorsingsartikels publiseer. ’n Kern-doelstelling van LitNet Akademies is om Afrikaans as akademiese en vaktaal te bevorder, en derhalwe word slegs artikels wat oorspronklik in Afrikaans gekonseptualiseer en geskryf is, gepubliseer.
Om navigasie te vergemaklik, is dit verdeel in die volgende onderafdelings:
- LitNet Akademies (Ekonomiese en Bestuurswetenskappe)
- LitNet Akademies (Geesteswetenskappe)
- LitNet Akademies (Godsdienswetenskappe)
- LitNet Akademies (Natuurwetenskappe)
- LitNet Akademies (Opvoedkunde)
- LitNet Akademies (Regte)
Al hierdie afdelings vorm deel van die aanlyn joernaal LitNet Akademies. Hierdie geakkrediteerde gedeelte van LitNet is volkome geïntegreer met die LitNet-hiperteksomgewing: Die akademiese artikels wat hier geskakel word, word aangevul deur LitNet-onderhoude, videogrepe op LitNet se YouTube-kanaal, aanlyndebatte op LitNet se Seminare & Essays en resensie-essays in ons node Boeke en skrywers. Elke artikel wat hier gepubliseer word, is dus deel van ’n multidissiplinêre en dinamiese benadering binne ’n hiperteksomgewing.
Lees meer oor LitNet, die node vir akademiese skryfwerk en www.voertaal.nu.
• Navrae en voorleggings kan gerig word aan akademies@litnet.co.za
• LitNet Akademies vra geen bladgelde van bydraers nie.
• Die skrywers van artikels of ander materiaal behou kopiereg.
Liggaamlike en morele onreinheid in Levitikus: ’n geïntegreerde reinigingsisteem
2019-12-04“Die artikel lewer ’n bydrae tot die debat oor twee soorte onreinheid in Levitikus.”
Voorkomende geskilbeslegting by voogdyskap-, sorg- en kontakaangeleenthede in Suid-Afrika
2019-12-02“Daar word bevind dat voorkomende reg moet pas by sowel die regstelsel in die geheel as by die unieke omstandighede van die betrokke gesin.”
Die Klub van Rome (“Club of Rome”) se soeke na planetariese welsyn beskou deur die oë van ’n Gereformeerde teoloog
2019-11-29“Hierdie artikel ondersoek die raakvlakke tussen teologie en wetenskap in die lig van die dreigende ekologiese krisis.”
Filmverwerking as interpretasie: Die verwerkingsproses van roman na film met verwysing na Marlene van Niekerk se Triomf en Michael Raeburn se Triomf
2019-11-27“Tot watter mate interpreteer Michael Raeburn se filmverwerking van Marlene van Niekerk se Triomf die romanverhaal ten einde ’n oorspronklike verhaal daar te stel?”
’n Liturgiese praxisteorie vir ’n teologie van versoening en geregtigheid
2019-11-20“Hoe kan die liturgie soos gevier binne die NG Kerk formatief meewerk om versoening by gelowiges te bevorder sodat dit sal impakteer op die huidige en toekomstige Suid-Afrikaanse samelewing?”
Vonnisbespreking: Boelie kry op sy baadjie: Moes die skool gered het?
2019-11-20“Anders as in vervloë dae, wil dit egter voorkom of die gevolge van ’n fisieke aanranding deesdae ernstiger gevolge het.”
Ekstrinsieke bevorderingshindernisse: Die ervarings van onderwyseresse in leiersposisies by sekondêre skole in die postapartheid era
2019-11-15“Onderwysbestuursposisies word tans deur manlike onderwysers oorheers.”
Institute vir gevorderde navorsing: Elitistiese luuksheid of bakermat van die wetenskap?
2019-11-14“Is IGN’s hulle sout werd? Regverdig hulle die tyd en die middele wat blykbaar so mildelik aan hulle toegedeel word?”
Taal en praktyk: ’n gevallestudie oor Afrikaans Eerste Addisionele Taal by graad 4-leerders in ’n meertalige skool
2019-11-13“Dit is noodsaaklik dat diverse klaskamers nooit leerders van die gebruik van hul huistale sal ontneem nie.”
Seksuele teistering in die Suid-Afrikaanse werkplek vanuit ’n menseregtelike perspektief
2019-11-01“Seksuele teistering is een van die ernstigste vorme van wangedrag wat ’n werknemer kan pleeg.”
Die strategiese rol van die sakesektor in die bekamping van korrupsie
2019-10-31"In weerwil van Suid-Afrika se bekragtiging van internasionale teenkorrupsiepogings word Suid-Afrika deurlopend met negatiewe persepsies oor die hoë vlakke van korrupsie gekonfronteer."
“Jy moet die aarde liefhê soos jouself”
2019-10-30“Die mens het die aarde nodig, maar die aarde het nie die mens nodig nie.”
“In die mees intense oomblikke word alle afstande nul”: Relasionaliteit in Die derde spoel van S.J. Naudé
2019-10-30“Wat hierdie ondersoek binne die raamwerk van relasionaliteit toon, is dat Naudé se roman gestruktureer is rondom verlies.”
Die politieke eskatologie van Groen van Prinsterer en die impak daarvan op Christelike Konserwatisme in die VSA
2019-10-30“Groen van Prinsterer was ’n baanbreker in terme van die ontwikkeling van ’n optimistiese Christelike politieke eskatologie in die 19de eeu.”
Louter handeling vir alle Christene: dans, plavei en Van Gogh se Die sterrenag
2019-10-30“Die sterrenag is ’n manifestasie, ’n polsende prentjie, van God se Gees wat fladder oor die donker aarde onmiddellik voordat Hy sou sê: ‘Laat daar lig wees.’”
Die transformerende effek van ’n mistieke lees van die Skrif
2019-10-30“Deel van die ongekende belangstelling in spiritualiteit in onlangse dekades [...] sluit ’n opwelling in navorsing oor spiritualiteit en die Bybel in.”
Wildernis van menslike belewenis in Die troebel tyd van Ingrid Winterbach
2019-10-21“Die troebel tyd skep ’n genuanseerde uitbeelding van depressie, ’n steeds gestigmatiseerde verskynsel in ons samelewing.”
’n Sisteemteoretiese ontleding van gebruikersinteraksies rondom Deon Meyer se Twitter-profiel: ’n resepsiestudie in die digitale era
2019-10-15“Omdat sosiale media gebruikers toelaat om self met skrywers en werke in gesprek te tree, skep dit nuwe geleenthede om spesifiek op die leser te fokus.”
’n Netwerkontleding van die instellingsnetwerk op Orania
2019-10-15“Aangesien Orania so ’n hegte en klein gemeenskap is, bied dit besondere geleenthede vir die bestudering van sosiale netwerke.”
Louis Althusser en Jacques Derrida. Raakpunte van sin en die sintuiglike in twee tydgenootlike tekste
2019-10-15“En die sintuiglike – woorde van die ervaringswêreld en ondervindelike – het juis weens Althusser en Derrida se tydgenootlikheid na vore getree as onderwerp.”




