LitNet Akademies
|
Telefoon: 021 886 5169 |
![]() |
![]() |
|
|
||
LitNet Akademies, as onderafdeling of node van LitNet waar portuurbeoordeelde artikels gepubliseer word, vorm ’n geakkrediteerde akademiese aanlyn joernaal wat Afrikaanse navorsingsartikels publiseer. ’n Kern-doelstelling van LitNet Akademies is om Afrikaans as akademiese en vaktaal te bevorder, en derhalwe word slegs artikels wat oorspronklik in Afrikaans gekonseptualiseer en geskryf is, gepubliseer.
Om navigasie te vergemaklik, is dit verdeel in die volgende onderafdelings:
- LitNet Akademies (Ekonomiese en Bestuurswetenskappe)
- LitNet Akademies (Geesteswetenskappe)
- LitNet Akademies (Godsdienswetenskappe)
- LitNet Akademies (Natuurwetenskappe)
- LitNet Akademies (Opvoedkunde)
- LitNet Akademies (Regte)
Al hierdie afdelings vorm deel van die aanlyn joernaal LitNet Akademies. Hierdie geakkrediteerde gedeelte van LitNet is volkome geïntegreer met die LitNet-hiperteksomgewing: Die akademiese artikels wat hier geskakel word, word aangevul deur LitNet-onderhoude, videogrepe op LitNet se YouTube-kanaal, aanlyndebatte op LitNet se Seminare & Essays en resensie-essays in ons node Boeke en skrywers. Elke artikel wat hier gepubliseer word, is dus deel van ’n multidissiplinêre en dinamiese benadering binne ’n hiperteksomgewing.
Lees meer oor LitNet, die node vir akademiese skryfwerk en www.voertaal.nu.
• Navrae en voorleggings kan gerig word aan akademies@litnet.co.za
• LitNet Akademies vra geen bladgelde van bydraers nie.
• Die skrywers van artikels of ander materiaal behou kopiereg.
Vergestaltings van trauma in Suspiria (1977) deur Dario Argento
2020-08-26"Beide die resepsie van die film deur die regisseur se aanhangers en akademiese publikasies oor Suspiria het geruime tyd reeds lank kanonieke status binne die grufilmtradisie aan die film verleen, en daarom is die vrystelling van Guadagnino se weergawe met groot belangstelling afgewag."
Die ontleding van sosiogramme om die impak van koöperatiewe basisgroepe op positiewe interafhanklikheid in klasverband te ondersoek
2020-08-20"Die COVID-19-pandemie, wat sedert Maart 2020 veroorsaak het dat kontakonderwys wêreldwyd na aanlyn onderwys moes oorskakel, plaas die fokus op die doeltreffendheid waarop leer en koöperatiewe leer in aanlyn omgewings gefasiliteer en geëvalueer word."
BEd Grondslagfase-afstandsleerstudente se ervaring van administratiewe ondersteuning aan die Noordwes-Universiteit
2020-08-19"Die NWU ondersteun afstandsleerstudente met die suksesvolle voltooiing van afstandsleerstudie en beskou administratiewe ondersteuning as ’n prioriteit, aangesien afstandsleerstudente oor die algemeen vele uitdagings ervaar."
Vonnisbespreking: Quo vadis ondernemingredding?
2020-08-12"South African Airways (AH) word teen die agtergrond van tersaaklike beginsels van die insolvensie- en ondernemingreddingsreg bespreek soos dit tans in die Suid-Afrikaanse reg toepassing vind."
Vonnisbespreking: Grondwetlike skadevergoeding as "nominale" en "verswaarde" skadevergoeding in dringende aansoeke
2020-08-12"Op ’n dag het die Johannesburgse Metropolisie by die middelmannetjie opgedaag, die besittings van die hawelose mense op ’n trok gelaai en toe verdwyn."
Vroulike karaktersubjektiwiteit: die strategiese gebruik van nomadiese skryf deur Eleanor Baker
2020-08-06"Die onderliggende hipotese is dat Baker hardnekkig haar eie weg ingeslaan en bly skryf het oor vroue se strewe na ’n ander identiteit as dié van die onderdanige vrou, en die gestereotipeerde voorstelling daarvan."
Riglyne vir die mediëring van omstrede kwessies in Nederlandse en Afrikaanse jeugverhale
2020-07-31"Die belangrike rol van die taalonderwyser as medieerder kan ’n dieper omvang aan die onderwys verleen, aangesien jeugdige lesers voorberei word om beter en meer meelewende burgers in ’n diverse samelewing te wees."
Benedikt Dreyer (1480–1555): Kunstenaar in konteks van die Kerkhervorming
2020-07-21"Formeel weerspieël Dreyer se kunswerke die denke en teologie van sy tyd, maar terselfdertyd ook ’n diep, persoonlike spiritualiteit."
Die eliminering van die siel in die filosofiese mistiek en negatiewe teologie van die begyn Marguerite Porete (1250–1310)
2020-07-20"Wanneer die diskursiewe aweregsheid van haar teks met genuanseerde lesings in beskerming geneem word, tree Marguerite na vore as een van die mees provokatiewe denkers uit die Westerse ideëgeskiedenis."
Entrepreneurskapspotensiaal: ’n Ontleding van die Suid-Afrikaanse Verbruikerstudiekurrikulum en -onderwyspraktyke
2020-07-16"Die hoë jeugwerkloosheidkoers in Suid-Afrika is kommerwekkend. Dié probleem kan aangeroer word deur leerders reeds op skoolvlak met entrepreneurskapskennis en -vaardighede toe te rus wat hulle kan aanwend om selfgerigte werkskepping te bevorder."
Ouers se motivering om gestruktureerde spel bo ongestruktureerde spel te verkies tydens die voorskoolse ontwikkelingstadium
2020-07-14"Hoewel erkenning gegee moet word aan die waardevolle bydrae van gestruktureerde spel tot voorskoolse kinders se ontwikkeling, is dit die balans tussen ongestruktureerde en gestruktureerde spel wat die grootste impak op voorskoolse kinders se ontwikkeling kan hê."
Wat hou dit in dat die Bybel ’n kanon is?
2020-07-13"Sake uit die onlangse verlede is vraagstukke oor apartheid, of vrouelidmate hoede moet dra tydens die erediens, die toelating van vrouens tot die ampte in die kerk, en die vrae rondom homoseksualiteit en die sogenaamde LGBTQI+-vraagstuk. Die Bybel is die basisdokument in die Christelike kerk en antwoorde op hierdie vraagstukke word uit beginsel daarin gesoek."
Waarnemings van langdurige struktuur in tydreekse van finansiële markte
2020-07-13"Die bestaan van akkurate struktuur in markpryse wat oor vele dekades strek en wat moontlik die ontluiking in komplekse selfaanpasbare stelsels verteenwoordig, skep nuwe vrae wat wyd strek oor die werking van die brein en die aard van menslike besluitneming."
Taal-in-onderwys-beplanning in die Noord-Kaap en Vrystaat. ’n Beoordeling van twee taalverwerwingsprogramme in skole
2020-07-09"Een van die belangrikste uitdagings is die feit dat Nama nog nie as TAT geïnstitusionaliseer is nie en dat die implementering van die IIAL nie heeltemal vlot verloop nie. Die studie van die implementering van Sotho as TAT in Philippolis wys dit uit."
Kunstenaar en skepping: Sheila Cussons en die problematiek van die kunstenaar
2020-07-06"Die poësie van Cussons gee meermale uiting aan haar intense begeerte om die wonder van die skepping, die Goddelike, die mistieke ervaring vas te vang."
Die herkoms van ’n aantal Afrikaanse uitdrukkings wat verband hou met die see
2020-07-02"Die doel van hierdie artikel is om aan te toon watter rol 17de-eeuse Nederlandse seemanstaal (en daarmee saam handelstaal) gespeel het in die totstandkoming van die Afrikaanse leksikon, meer spesifiek betreffende vaste uitdrukkings wat met die seetema verband hou."
"Eish – this lockdown!" Navorsing oor tieners se belewenisse tydens die grendelstaat
2020-06-25"Angs, spanning en depressie is algemene gevolge van ’n ramp, met navorsing wat aandui dat kinders meer as volwassenes daardeur geraak word."
Die koop en verkoop van kinders in Suid-Afrika – behoorlik gestraf, of ’n ware winskoop?
2020-06-24"Veral kinders word as ’n maklik verhandelbare, sukkelvrye kommoditeit beskou. Hul kwesbaarheid, in die besonder wanneer handelaars hulle van hul gesinne en ander hulpbronne skei, maak hulle makliker om te manipuleer en te beheer."
Aantekening: Die deliktuele klas- of groepaksie in Suid-Afrika
2020-06-22"Die oogmerk of doel van hierdie bydrae is om perspektief te gee op die sogenaamde klasaksie (wat in ons reg nog grootliks in sy kinderskoene is) om aan te dui wat die funksie en vereistes daarvoor spesifiek op die gebied van die deliktereg is, en om terselfdertyd die enigste en daarom belangrikste beslissing op hierdie gebied onder die loep te neem."
Vertaling en taalverwerwing – ’n literatuuroorsig oor die vertaling van intertalige onderskrifte
2020-06-19"Daar is ’n plek vir vertaling binne die taalverwerwingsklaskamer, maar dit is nie die enigste benadering, metodologie of hulpmiddel wat gebruik moet word nie."




