LitNet Akademies

tao200

Telefoon: 021 886 5169
E-pos: akademies@litnet.co.za
https://doi.org/10.56273/1995-5928/LA
Alle gepubliseerde artikels is ooptoegang ingevolge lisensie CC BY-NC-ND.

LitNet Akademies, as onderafdeling of node van LitNet waar portuurbeoordeelde artikels gepubliseer word, vorm ’n geakkrediteerde akademiese aanlyn joernaal wat Afrikaanse navorsingsartikels publiseer. ’n Kern-doelstelling van LitNet Akademies is om Afrikaans as akademiese en vaktaal te bevorder, en derhalwe word slegs artikels wat oorspronklik in Afrikaans gekonseptualiseer en geskryf is, gepubliseer.

Om navigasie te vergemaklik, is dit verdeel in die volgende onderafdelings:

Al hierdie afdelings vorm deel van die aanlyn joernaal LitNet Akademies. Hierdie geakkrediteerde gedeelte van LitNet is volkome geïntegreer met die LitNet-hiperteksomgewing: Die akademiese artikels wat hier geskakel word, word aangevul deur LitNet-onderhoude, videogrepe op LitNet se YouTube-kanaal, aanlyndebatte op LitNet se Seminare & Essays en resensie-essays in ons node Boeke en skrywers. Elke artikel wat hier gepubliseer word, is dus deel van ’n multidissiplinêre en dinamiese benadering binne ’n hiperteksomgewing.

Lees meer oor LitNet, die node vir akademiese skryfwerk en www.voertaal.nu.

• Navrae en voorleggings kan gerig word aan akademies@litnet.co.za
LitNet Akademies vra geen bladgelde van bydraers nie.
• Die skrywers van artikels of ander materiaal behou kopiereg.

"Darling, ek is onrondneukbaar": Intertalige en intersemiotiese vertaling in TRUK se 1983-produksie van Nerina Ferreira se Afrikaanse vertaling van William Shakespeare se The taming of the shrew as Die vasvat van ’n feeks

Danie Stander LitNet Akademies (Geesteswetenskappe) 2021-09-14

"Ferreira verwoord haar ervaring van die bevrydende potensiaal van humor, selfspot en performance, veral in verband met haar aanvanklike lae selfbeeld wat haar genderidentiteit betref – kernelemente van die tematiese gemoeidheid van The shrew."

Nadenke oor plattelandse leerders se belewenis van ’n positiewe onderwysbenadering

Emma Groenewald, Emma Barnett, Edwin Darrell de Klerk LitNet Akademies (Opvoedkunde) 2021-09-06

"’n Positiewe onderwysbenadering erken leerders vir wie hulle is sodat hulle waardeer voel en ’n samehorigheidsgevoel in die klaskamer ontwikkel. Hierdie samehorigheidsgevoel moedig leerders aan om aan klasaktiwiteite deel te neem."

Die debat om primitivisme: ’n wyer perspektief

Deon Liebenberg LitNet Akademies (Geesteswetenskappe) 2021-08-25

"Belangrik in hierdie verband is die feit dat primitivisme nie uitsluitlik ’n Westerse verskynsel is nie. Heelwat van die inheemse mense van die Amerikas en elders wat in die rol van die edele barbaar geplaas is deur Europese ontdekkingsreisigers en geleerdes [...], het self een of ander vorm van ’n primitivistiese mite oor ’n goue tydperk gehad."

Spore van dinamiese intertekstualiteit in Psalm 89

Pieter M. Venter LitNet Akademies (Godsdienswetenskappe) 2021-08-23

"Al drie stansas van Psalm 89 hoort bymekaar en is sedertdien as selfstandige eenheid gesien en deel gemaak van die koningspsalms in Psalms 73–89. Dit staan ook bekend as die versameling van Asaf- en Koragpsalms ..."

Moeders van ’n hoërisikogemeenskap se fotostemverkenning aangaande gemeenskapsbronne en behoefte aan verandering

Izanette van Schalkwyk, Anthony V. Naidoo LitNet Akademies (Geesteswetenskappe) 2021-08-20

"Die implikasie van hierdie navorsingsbevindings beklemtoon die gebruik van teoretiese perspektiewe soos ekologiese raamwerke en ’n makrogemeenskapslens sodat deelnemende-aksie-navorsing en gepaste metodes soos fotostemtegnieke die aktiewe rol van gemeenskapslede kan beklemtoon."

“The good, the bad and the ugly”: ’n Regsletterkundige besinning van Von Meck se Die heelal op my tong

Melodie Labuschaigne LitNet Akademies (Regte) 2021-08-17

"Die waarde van postapartheid literêre werk is daarin geleë dat dit geleenthede skep om die geskiedenis aan die hand van karakters se ervarings te kan belig, sodat die leser saam met die karakters hul reis na katarsis kan beleef."

Oor skuld en vryheid

Hercules Boshoff LitNet Akademies (Godsdienswetenskappe) 2021-08-05

"Binne die kontemporêre konteks vind die verwringing van vryheid neerslag in ’n veredeling van adolessensie, wat verwys na ’n toestand wat verantwoordelikheid binne die verband van instellings systap en instellings as sodanig verdag maak."

Literêre kartering van plek: ’n geokritiese ondersoek na materiële verbeelding en ingeplaaste skryf in twee “Tuinverse”

Susan Smith LitNet Akademies (Geesteswetenskappe) 2021-07-30

"Die nuwe verwantskappe en interaksies tussen menslike liggaam (digter, leser) en niemenslike liggaam (boom, bankie, klip, tuin) word tot stand gebring deur ’n veelvuldige en gedifferensieerde wordingsproses waardeur werklikheid voortdurend geskep word, nie net deur die digter nie, maar ook deur die leesprosesse."

Kernafskrikking in ’n tydperk van ingrypende tegnologiese ontwikkeling: Hoe kwesbaar is kernaangedrewe ballistiesemissielduikbote werklik?

Eben Coetzee LitNet Akademies (Geesteswetenskappe) 2021-07-26

"Waar die tweedeslaanaanvalsmagte van kernstate onkwesbaar is, sal ’n kernafskrikkingstrategie uiters doeltreffend bly en strategiese stabiliteit voortduur."

’n Normatiewe en prosesregtelike raamwerk vir die afneem van getuieverklarings en die beoordeling van teenstrydige getuienis

Inez Bezuidenhout LitNet Akademies (Regte) 2021-07-26

"Die billikheid van die proses voordat die getuie onder kruisverhoor getuig, raak die staatsgetuie se belange direk. Deel van die staat se plig behoort te wees om as roetine die afnemer van die getuieverklaring op te roep om die prosessuele grondslag vir die afneem van die verklaring te verduidelik."

’n Verkenning van plaaslike musici se reaksies op die nasionale inperking as strategiese handelinge binne veldteoretiese denke

Joanita Erasmus-Alt LitNet Akademies (Geesteswetenskappe) 2021-07-21

"Deurdat musici tydens die grootste gedeelte van die inperking self verantwoordelik was vir die produksie van hul musiekaanbiedings, is hul trajekte verder uitgebrei. Wanneer ’n kunstenaar self sy/haar musiek op die internet geplaas het, moes hy/sy tegelykertyd uitvoerder, beligtingstegnikus, klanktegnikus en regisseur wees."

’n Voorlopige eties-moreel-pedagogiese besinning oor die behartiging van die COVID-19-pandemie deur onderwysrolspelers in Suid-Afrika

Hannes van der Walt LitNet Akademies (Opvoedkunde) 2021-07-12

"Die foute wat in die onderwys op eties-moreel-pedagogiese terrein gemaak is, is algaande reggestel. Dit bied hoop dat die pandemie verder aan met welslae die hoof gebied sal kan word."

Dekolonialiserende kunsaktivisme op die interseksie van die stryd teen wit bevoorregting en gendermarginalisering

Matthias Pauwels LitNet Akademies (Geesteswetenskappe) 2021-07-09

"Ek betoog dat kritiek teen wit bevoorregting binne die kunste partykeer die verskeidenheid en kompleksiteit van kwessies in spesifieke kunswerke nie gestand doen nie."

Liggaamsfragmentering in sentraal-Middeleeuse vroulike mistiek

Johann Beukes LitNet Akademies (Geesteswetenskappe) 2021-07-06

"Dit is dus moontlik om aan te dui dat die fragmentering van die vroulike liggaam, ingevolge waarvan eerder op die verbrokkelde dele en betreklikheid van daardie liggaam as op die eenheid en heelheid daarvan gefokus word, ’n onderbeklemtoonde maar aantoonbare tendens in die werke van etlike prominente vroulike mistici in die sentrale Middeleeue verteenwoordig."

Identiteitspolitiek: Sukses, paradoks en onvoorsiene gevolge

Bernard Lategan LitNet Akademies (Godsdienswetenskappe) 2021-06-29

"Naas die interne en die eksterne verbreding van die self moet die rol van identiteit sélf verruim word. In plaas daarvan om ’n beperkende, passiewe, verdedigende en beskermende funksie te vervul, het identiteit ’n aktiewe, skeppende, konstruktiewe, vernuwende bydrae om te lewer."

Amerikaans-Chinese wedywering: ’n Sistemiese en teoretiese ontleding

Fanie Herman LitNet Akademies (Geesteswetenskappe) 2021-06-28

"Die Trump-administrasie verdien krediet vir die erkenning van die belangrikheid van tegnologiese wedywering met China en die wyse waarop dit hanteer is, byvoorbeeld die Huawei-kwessie. Die Biden-administrasie sal vinnig moet begin om oplossings vir die uitdagings wat Trump gestel het, te vind."

Ou wyn in nuwe sakke: Die onlangse herlewing van die Germaanse kultuur op Instagram

Burgert A Senekal LitNet Akademies (Geesteswetenskappe) 2021-06-23

"Hierdie ondersoek het op vorige kwalitatiewe verkennings van die uitbeelding van die Germane se leefwêreld op Instagram gevolg en ’n kwantitatiewe oorsig oor dié verskynsel op hierdie platform gebied."

Aantekening: Deliktuele aanspreeklikheid vir skade veroorsaak deur outonome (selfbesturende) voertuie

Johann Neethling LitNet Akademies (Regte) 2021-06-21

"Maksimum bedrae geld vir voertuigongelukke wat in die geval van outonome voertuie verdubbel is omdat die risiko van skade baie groter as in die geval van tradisionele voertuie kan wees indien eersgenoemde buite beheer raak en nie maklik tot stilstand gebring kan word nie."

Die gebruik van spelifiëring (“gamification”) as hulpmiddel vir woordeskatuitbreiding in ’n taakgebaseerde onderrigprogram vir taalverwerwingstudente

Petronella Genis, Elbie Adendorff LitNet Akademies (Opvoedkunde) 2021-06-14

"Op grond van die teoretiese begronding en die opvoedkundige waarde van speletjies is ons van mening dat taalspeletjies in ’n taalverwerwingsklas gebruik kan word om die affektiewe filter te verlaag en dat dit moontlik kan bydra om positief-aktiverende emosies in die vreemdetaalklas aan te wakker en negatief-deaktiverende emosies […] te verminder wanneer die studente die taalspeletjies geniet."

Burgerskap onder konstruksie: Aida en Rigoletto by die Suid-Afrikaanse Republiekfeesvieringe, 1971

Juliana M Pistorius, Hilde Roos LitNet Akademies (Geesteswetenskappe) 2021-06-04

"Albei operas het egter ook die wankelrigheid van die selfverwesenlikingsprojek verteenwoordig: net soos die Nico Malan se onvervulde Aida die oortuiging van godgegewe uitsonderlikheid ondermyn het, het Eoan se mislukte Republiekfeesplanne die groep se illusie van sy eie status binne die nasie verbrokkel."

Top